Plaasaanvalle: Polisiehoë gevra om op ondersoek te fokus

Megan en Peter-Maurray Cross is in hul plaashuis oorval. Foto: Facebook

Die mees onlangse plaasaanval in die Matjiesfontein-omgewing in Limpopo, ʼn gebied waar daar lanklaas sulke voorvalle plaasgevind het, is skokkend en onaanvaarbaar, sê Marcelle Maritz, provinsiale leier van die VF Plus.

“Plaasaanvalle is duidelik nie aan die afneem nie en word nie met genoegsame erns deur die owerhede benader nie. Dit is ʼn reuseprobleem wat dringend aandag verg,” het hy gesê.

“Boere en plaaswerkers is kwesbare teikens omdat hulle in afsondering woon en die polisie gaan gebuk onder ʼn groot vaardigheids- en hulpbrontekort. Dit is ʼn bose kringloop waaruit aanvallers en booswigte voordeel put.”

Maritz het gesê die Cross-egpaar wat gedurende die aanval Dinsdagaand beseer is, sterk aan in die Mediclinic Thabazimbi en hul uiterlike letsels sal genees, maar die skok en trauma wat met so ʼn aanval gepaard gaan, sal nie so maklik genees nie.

Maroela Media het vroeër berig Peter-Murray (48) en Megan Cross (31) het op 25 September omstreeks 20:00 op die plaas Koedoespan sit en TV kyk toe vier mans met balaklawas ʼn groot ruit gebreek en hulle aangeval het. Die aanvallers het eers omstreeks 22:00 op die vlug geslaan met onder meer vuurwapens, selfone, kontant, bankkaarte, juweliersware en ʼn silwerkleurige Toyota Hilux-bakkie. Volgens inligting wat onder plaaslike veiligheidsgroepe versprei is, wil dit voorkom asof die aanvallers gery het in die rigting van Thabazimbi, sowat 70 km suid van die plaas.

Die VF Plus het in ʼn dringende skrywe die provinsiale polisiekommissaris versoek om toe te sien dat alle moontlike hulpbronne ingespan word om die aanvallers vas te trek. “ʼn Sterk boodskap moet gestuur word dat sulke misdade onder geen omstandighede geduld sal word nie,” het Maritz bygevoeg. “Samewerking tussen die gemeenskap en polisie is uiters belangrik en moet ook bevorder word.”

Hy het gesê die VF Plus beywer hom vir die veiligheid van die land se landbouers en doen ʼn beroep op hulle om te alle tye paraat te wees en alle moontlike veiligheidsmaatreëls te tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Ellisras ·

Vra gerus ons President. Plaasmoorde bestaan nie. Dit is vals nuus. Het nog nooit gebeur nie. Of ons of hy rook iets.

Vryheid ·

CR rook papagaaislaai. Die regering sal bly lieg oor plaasmoorde want dit raak hulle nie.

James ·

Maar die President het gese daar is geen wit boere wat vermoor word nie?

Koos de Meyer. ·

Natuurlik sal hy lieg oor die plaasmoorde. Ongelukkig is die bewyse daar swart op wit.

Yster ·

Onse prez. Hy weet wat hy nie weet nie en dit is dat hy niks weet nie. Dalk weet hy iets wat ons nie weet nie en dit is dat daar nie meer wit boere oor is nie

RM ·

Ja nee, hy praat asof ons klaar almal weg is. Defnitief deel van CR se groter plan. Moenie dink sy mense lees nie Maroela Media nie hulle vier on ellende. My hart gaan uit na hierdie mense. Ons gemeenskappe verdien beter.

Helene Heyns ·

Hoe kan n mens enige respek hê vir n persoon wat so blatant lieg. Het hy geeeeen gewete nie of skaamte nie. Wat n teleurstelling is hy net nie.

Helene Heyns ·

Hoe kan n mens enige respek hê vir n persoon wat so blatant lieg. Het hy geeeeen gewete of skaamte nie. Wat n teleurstelling is hy net nie.

possie ·

hy is duidelik onder die indruk amerikaners weet nie wat in SA aangaan nie. maar so tipies Afrika.

Callie ·

Het n paar keer gevra dat CR plaasmoorde veroordeel andersins is dit n erkenning dat hy dit ondersteun en hom glad nie pla nie. Nou het hy dit baie duidelik gemaak deur te ontken dat daar enige plaasmoorde is dat hy niks, maar niks voel of omgee vir wittes nie. Wat hy doen is hy maak my en alle familielede en kenisse van vermoorde boere uit as leunaars. Cr, jy is die leunaar. Enige persoon met Christelike waardes en integriteit wat jou ondersteun moet n selfondersoek gaan doen. Vir jou CR, het ek geen respek nie.

Jerry ·

Wat maak oom Kallie se plaasbeveiligingstrukture dan dat plaasaanvalle steeds plaasvind? Besoek julle nie al die plase om te Virseker dat alle moontlike veiligheidsmaatreels deur boere getref word? Plaasbeveiligingstrukture moet Virseker juis n voorkomende funksie he en nie net n reageer agterna funksie nie. As julle nie bevoegd is om die boere te beveilig nie dan is dit tyd dat julle met die hoed in die hand na CR toe gaan en vra vir staatshulp!

N Brugman ·

Word wakker CR met jou houding sal dit nie beter word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.