Plaasaanvalle: Politieke partye woedend oor Cele-uitsprake

(Foto: Anja van der Merwe)

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die minister van polisie, Bheki Cele, se uitlatings dat boere nie moet kla as hulle seerkry nie, is niks anders nie as subtiele aanhitsing tot geweld teen boere.

“Dit is duidelik dat die minister kant kies en hy blaas op hierdie wyse geweld aan tussen boere en grondbesetters,” het Groenewald gesê ná Cele se besoek Maandag aan die Normandien-streek in KwaZulu-Natal.

“Wat gister se vergadering op Normandien by Newcastle in KwaZulu-Natal betref, is dit hoogs onaanvaarbaar dat die minister ná klagtes van die gemeenskap sê hy sal ʼn saak teen ʼn boer laat heropen nadat die saak reeds in ʼn hof gedien het en die boer onskuldig bevind is aan die bewerings teen hom. Dit beteken die minister toon nie respek vir die reg nie en dat hy die regspraak ondermyn.”

Die gemeenskapsvergadering waar landelike veiligheid bespreek sou word, het ook groot rassespanning blootgelê. Boere is onder meer van rassisme beskuldig, terwyl landbouers onder meer gesê het dat hulle vee gesteel word.

EWN berig talle boere was ongelukkig nadat Cele boonop uitgevaar het teen die voorsitter van die Normandien-boerevereniging, Ronald Collier, wat die bewerings betwis het.

Groenewald sê Cele moenie die indruk probeer wek dat hy ernstig is oor plaasaanvalle en -moorde en dit wil oplos, maar terselfdertyd vergaderings met die gemeenskap hou wat ʼn platform bied om boere aan te val en vals te beskuldig nie.

“ʼn Vergadering soos dié op Normandien waar Glen Rafferty (63) en sy vrou Vida (60) drie weke gelede vermoor is, dra bloot daartoe by om spanning en polarisasie in die gemeenskap te veroorsaak.”

Groenewald sê die minister moet altyd onpartydig optree en nie uitsprake maak wat die indruk skep dat hy kant kies nie. Dit is die polisie se plig om alle grondeienaars se regte te beskerm, ook teen onwettige besetters wat wel vir grondeienaars ʼn bedreiging inhou.

Bheki Cele, minister van polisie, tydens sy vorige besoek aan die Normandien-gemeenskap in KwaZulu-Natal. (Foto: Twitter)

Hy sê ook Cele moet daarop konsentreer om te verseker die polisie se landelike veiligheidsplan word uitgevoer en bykomende reserviste aangestel om landelike gemeenskappe te beskerm.

“Dit wil voorkom of die minister politieke munt uit die vergadering probeer slaan en hy moet weet die boere sal nie deel daarvan wees nie.”

Dianne Kohler Barnard, die DA se woordvoerder oor staatsveiligheid, sê op 18 Augustus het Cele tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie in die parlement in antwoord op ʼn vraag van die DA wat verband gehou met die party se oproep op die regering om plaasmoorde en -aanvalle as prioriteitsmisdade te verklaar, gesê “die moord- en roofeenheid en die Valke sal op alle aanvalle op plase en kleinhoewes reageer.” Kohler Barnard sê toe hy verder gepols is, het Cele bevestig dat die aanvalle reeds op die lys van prioriteitsmisdade is.

Sy sê Cele het hom gister egter weerspreek en dit duidelik gemaak dat plaasmoorde en -aanvalle nie prioriteitsmisdade is nie.

“Dit is duidelik dat die minister nie dink dat boere se lewens saak maak nie, en ook nie die lewens van plaaswerkers nie. Die lewens van hulle families – ouers, kinders, gades – maak eenvoudig nie saak nie.

“Dis opvallend dat hy nie geskroom het om byvoorbeeld transitorooftogte as ’n prioriteitsmisdaad te verklaar nie. Hy het leiding geneem en skielik is baie hulpbronne opsy gesit sodat trokke wat geld vervoer, die beste moontlike beskerming kry. ’n Bosberaad is gehou, transitorooftogte is deur alle sleutelrolspelers bespreek en oplossings is gevind.

“Sy ommekeer oor landelike moorde en aanvalle, laat die DA wonder: Is ’n trok vol geld vir Cele meer werd as die lewens van die mans en vroue wat ons van kos voorsien? Moet die DA hom herinner dat ons nie geld kan eet nie?”

Kohler Barnard sê die landboubedryf verskaf sowat ʼn miljoen werksgeleenthede en dat boere en plaaswerkers kwalik slaap terwyl hulle “in angs wag vir die volgende stroom koeëls wat rondvlieg, of om met ’n pik of graaf en stukke metaal aangeval te word”.

Sy sê die ANC gee voor dat hy omgee oor die lewens van landelike inwoners, maar dat dit ʼn blatante leuen is.

“Tydens sy KZN-toespraak het [Cele] boere se vrese arrogant verwerp en die gemeenskap oor en oor verneder. Sy houding en die ommekeer van plaasmoorde en -aanvalle as prioriteitsmisdade, laat landelike gemeenskap in wanhoop.

“Ons weet nou wat die waarheid is. Die daaglikse aanvalle en moorde op boere en plaaswerkers is nie vir die ANC ’n prioriteit nie. Die slagting is nie vir hulle belangrik nie. Altans, baie minder belangrik as ’n trok vol geld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eiervrug ·

Boere moet ophou kla as hulle seerkry, maar hy het nou net gesê geslagsgebaseerde geweld is ‘n euwel wat hokgeslaan moet word???. Is plaasmoorde nie ook ‘n euwel wat al reeds hokgeslaan moes gewees het nie??. Sjoe, bietjie deursigtig van hom sou ek sê…

Werner ·

Dan moet our people ook nie begin kla saam met die regering as hulle begin seerkry nie

gatgogga ·

Die doel is om voedselproduksie in swart hande alleen te kry.

Pieter ·

Wanneer gaan ons boere wakker skrik dalk as dit te laat is

Dirk Mostert ·

Ek is seker hulle is wakker, maar is magteloos omdat die ANC-regering kommando’s afgeskaf het en blankes ontwapen met lisensie-wetgewing.

Jr ·

Weereens VF praat maar net en ons vertel wat ons almal ken toe ons dinasaur nog 2 jr oud was. ( Hulle is lankal dood. Julle VF praat maar net. Doen absoluut niks. Vat hom hof toe. Afriforum en Solidariteit doen baie meer as julle

Hoekom ·

Hierdie is blatante aanhitsing tot geweld teen boere en wit mense in geheel. Ons sal moet opstaan vir onsself en die ANC regime wys dat ons nie hulle rassistiese arrogansie enigsins verder gaan duld nie. As hulle geweld steun is geweld wat hulle gaan kry…”HURAAA!”

Jo-Anne ·

Weet daai “cele” ooit waar kom sy kos vandaan of koop hy dit ook net by die winkel.

Dirk Mostert ·

Gee die man krediet vir 300,000 inhegtenisnemings van mense wat nie maskers dra nie! Die polisie het nie spaar kapasiteit om plaas-aanvalle en rowery ook te keer nie.

Genis ·

Dis te lekker om te plunder, en te kyk hoe wit mense vermoor word… Twee vliee met een klap..

Jakes ·

Cele moet ordentlik ondersoek word en CR moet pa staan vir hierdie ou se mannewales want hy het hom aangestel. VOETSEK Cele.

Persheks Adri ·

Is dit huh groot hoed? Jy gee NIKS om vir ons boere nie net our people. Los ons in vrede en los ons wapens uit! Loop tsek man saam jou patetiese mag tsek

Bertie ·

Klink soos n oorlogsverklaring? Dan moet die boere maar toepaslik reageer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.