Plaasaanvalle: Regering se optrede ‘onaanvaarbaar, onverantwoordelik’ – IVP

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die IVP het ook sy stem gevoeg by die lys politieke partye wat eis dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word. Die land het die afgelope paar weke onder ʼn vlaag plaasaanvalle en -moorde deurgeloop.

Die party het ook gevra dat ʼn onafhanklike hof op die been gebring word spesifiek om dié misdade te hanteer.

Volgens die IVP lyk dit egter of die ANC-beheerde regering “huiwerig is om op te tree met die dringendheid wat die kwessie verdien”.

In een van die jongste voorvalle is Zakiyyah Ahmedjan Ismaili, ʼn 26-jarige swanger ma van twee voor haar kinders op ʼn plaas in die Weenen-omgewing in KwaZulu-Natal vermoor. Volgens die polisie is sy keelaf gesny. Ismaili se man is ernstig aangerand nadat die aanvallers glo kontant geëis het.

“Ons is van mening dat plaasmoorde tot prioriteitsmisdaad verklaar moet word. Die regering weier egter om veral plaasmoorde só te verklaar omdat hierdie voorvalle van geweld, volgens die regering, bloot deel vorm van die breër moordkategorie. Dit is onaanvaarbaar en onverantwoordelik,” het Blessed Gwala, die IVP se woordvoerder oor veiligheid, gesê.

Gwala het gesê dit is “duidelik” dat plaasmoorde nie vir die regering ʼn prioriteit is nie.

“Die regering moet sy retoriek oor die uitwissing van plaasaanvalle en -moorde staak, want niks het verander nie. Dit is hoog tyd dat die regering daadwerklik aan die kwessie aandag gee en die beskerming van boere en plaasbewoners verseker.”

Gwala het gesê die regering moet dieselfde ywer waarmee hy Covid-19 beveg, inspan om dié soort misdaad hok te slaan. Volgens hom is daadwerklike optrede en nie praatjies nie nodig.

Gwala het ook gesê die regering moet die leiding neem om bewustheid rakende plaasaanvalle te verhoog.

“Ons wil hê die regering moet ʼn onafhanklike hof op die been bring wat spesifiek plaasaanvalle en -moorde hanteer. Ons vra ook vir ʼn hersiening van die strafregstelsel, veral wat betref wetgewing oor ernstige misdaad sodat enigiemand wat betrokke is by sulke aanvalle swaar gestraf kan word.

“Ons wette moet skerp tande hê. Ons moet ʼn duidelike boodskap uitstuur dat misdaad nie geduld word nie.”

Die DA het vroeër ʼn beroep op die parlement gedoen vir ʼn dringende debat oor plaasmoorde en -aanvalle, gegewe wat hy noem die regerende party se “ontkenning” van die situasie.

Volgens die burgerregtegroep AfriForum se jongste beskikbare syfers is 19 mense vanjaar al in plaasaanvalle dood. Verlede maand is minstens 40 aanvalle aangemeld wat die lewe van vyf mense geëis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Althes ·

1+1 is =2. Ek glo baie van die aanvalle is politiek gotiveerd.

Jacobus ·

Die magsbehepde narre het beheer oor omtrent alles verloor. Uitsondering is miskien die misbruik van geld. Business as usual.

Termiet ·

Hulle het nie beheer verloor nie. Die dinge waar a jy verwys word haarfyn deur hulle beplan.

Jacobus ·

Gaan onder die hoofde van GDD. GENERAL DUMBING DOWN. Hou die skape dom. Hou die skape afhanklik. Belas die blou waks uit hulle. Drie van die tien grondbeginsels van uiterste sosialisme. Hande stewig in die geldlaai. Haat die vergelyking maar klassieke Animal Farm.

Willie ·

Die moorde en aanvalle op plase word georganiseer net soos wat in Zimbabwe gebeur het. Daardie leiers sal eendag verduidelik. Die stilswye wat gehandhaaf word dui daarop wie die opdrag gee.

Fedup ·

People are exaggerating. There is no such thing as farm attacks or murders in this country. We are a peaceful people, a safe and clean country.
And we have absolutely no crime of any kind, whatsoever.

I think there is something wrong with my little moon bubble.

Douw ·

En dan lieg die president blatant hieroor op internasionale podiums!!!

Douw ·

Daar is n goeie rede waarom die regering “huiwerig is om op te tree”!!

Die regering kondoneer plaasaanvalle en -moorde ter ondersteuning van die EFF wat dit luidkeels op podiums propageer!!!

Beter tekens van rassehaat sal jy nie kry nie!!!!

Althes ·

Die wreedheid waarmee plaasaanvalle uitgevoer word, moet aan die groot klok gehang word.
Om ñ swanger vrou keelaf te sny, ñ vrou wat weghardloop in die rug te skiet, kookwater in bejaardes se kele af te gooi, hul met ysterstawe aanrand – dis ñ bewys dat hier ñ politieke agenda is want grondonteiening sonder vergoeding en grondhervorming is lankal op die ANC se agenda. Rassehaat en uitsprake van haat teenoor minderheidsgroepe.
Hierdie klink vir my georkestreer en hoë profiel persone keur dit goed.

Isabella ·

PLAASBOERE BEWAPEN JULSELF … VERDEDIG JULSELF… BESKERM JUL FAMILIES…BEVIELIG JUL PLASE… KRY MENSE WAT OP JUL PLASE KAN KOM BLY DAAR IS GENOEG VAN JUL MENSE IN PLAKKERS KAMPE …HIERDI MOES AL 26 JR TERUG GEDOEN GEWEES HT…BEGIN VANDAG!!!!!

Kiewiet ·

Ja asseblief, daar is baie blankes wat sal tender vir n werkie met byvoordele, jy hoef my nie te betaal nie, gee my en my gesin net n huis en kos om te eet.

JohanR ·

EFF bedryf plaasmoorde met ANC geld, of is dit belastingbetalers se geld? Die moordenaars word van provinsie tot provinsie aangery met minibus taxis. Bewys my verkeerd, dan sal ek hierdie stelling terugtrek.

Jakes ·

Die plaasmoord statistiek moet weekliks in soveel lande moontlik bekendgemaak word. Daarin moet beleggers ook ontmoedig word om in SA te bele wat deur n onbekwame regering tot in die afgrond in bestuur is en deur misdadigers bedreig word.

Alet ·

FLM – Farmers lives matters
BLMS – BOERE LEWENS MAAK SAAK

Petrus Johannes ·

Die regering gee niks om en die meeste media ondersteun hul deur stil te bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.