Plaasaanvalle: Ses gevonnis jaar ná Bothaville-boere hulle vastrek

Van die boere wat deel was van die optrede in 2015. Foto: Facebook

Van die boere wat deel was van die optrede in 2015. Foto: Facebook

Ses buitelanders is skuldig bevind en gevonnis nadat hulle Gert (66) en Lulu (61) Malan in Januarie 2015 op hul plaas naby Bothaville in die Vrystaat aangeval het.

Lt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Woensdag gesê al ses buitelanders, drie van Zimbabwe en drie van Mosambiek, is skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede.

Die Mosambiekers is Zaka Lubisi (35), Ronzai Mhlanga(32) en Sam Ndlovu (32). Die Zimbabwiërs is David Kapia (43), Joel Mutema (27) en Farai Sithole (23).

Maroela Media het ná die aanval berig die ses gewapende rowers is op Sondag, 18 Januarie 2015, aangekeer, kort nadat hulle die Malan-egpaar van die plaas Kromvlei omtrent 13:00, ná kerk, by hul plaashuis oorval, met draad vasgebind en beroof het.

Die aanvallers het vuurwapens, geld en juwele uit die kluis gesteel, voordat hulle met die egpaar se Ford Bantam-bakkie probeer vlug het.

Lulu kon daarin slaag om los te kom en het hulp ontbied, waarna die plaaswag se beheerkamer die veiligheidsplan geaktiveer het. Deel van dié plan is om noodgevalle oor die gebied se radiostelsel uit te saai en waarskuwings op die gemeenskap se Whatsapp-groep te deel.

Die rowers het kort daarna hul rieme styfgeloop toe meer as 100 boere van die omgewing en die polisie tot die egpaar se redding gekom het.

“Dié suksesverhaal kan grootliks toegeskryf word aan ʼn goeie kommunikasiestelsel en vinnige optrede en samewerking tussen die gemeenskap en owerhede,” het Johan du Plessis, Bothaville se landelike veiligheidskoördineerder, destyds aan Maroela Media gesê.

“Die gemeenskap het dadelik opgetree kort nadat die aanval plaasgevind het. ʼn Boer, wat vermoedelik die Whatsapp-boodskap gesien het, was nog op pad na die toneel toe hulle die egpaar se bakkie gesien en voorgekeer het. Die verdagtes het uit die bakkie gespring en in die sonneblomlande ingehardloop.”

Die omgewing is afgesper terwyl die net al nouer om die verdagtes gespan het. Boere en verskeie polisie-eenhede, waaronder die taktiese reaksie-eenheid, honde-eenheid, spoorsnyers en ʼn polisie-helikopter, het hul kragte saamgesnoer.

Die eerste drie verdagtes is binne ʼn uur ná die aanval aangekeer. “Twee verdagtes het hul klere uitgetrek om onder die grond weg te kruip. Net hul gesigte het uitgesteek. Hulle is vasgetrek met die hulp van drie lugspuite waarop boere gestaan het om die landery te fynkam.” Die laaste verdagte is teen 16:00 vasgetrek. Al ses verdagtes is aangekeer sonder dat ʼn enkele skoot afgevuur is.

Die Malan-egpaar het gelukkig nie ernstige beserings tydens die aanval opgedoen nie, maar was erg getraumatiseer.

Die groep rowers is ná hul inhegtenisneming borgtog in die Bothaville-landdroshof geweier, waarna die saak na die Virginia-hooggeregshof oorgeplaas is.

Al ses is Vrydag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede. Lubisi is skuldig bevind op aanklag van die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie en is ʼn bykomende 11 jaar tronkstraf opgelê.

Genl.maj. Liziwe Ntshinga, die Vrystaatse hoof van die direktoraat vir prioriteitsondersoeke, het die Bothaville-boere geloof omdat hulle destyds nie die reg in eie hande geneem het nie. “Hulle was eerder instrumenteel en het met die polisie saamgewerk en deur hande te vat, kon die rolspelers verseker dat die rowers in hegtenis geneem word,” het Ntshinga gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Loeis ·

Een van die rowers het ‘n onwettige vuurwapen gehad. As hy hom gebruik het, was dit ‘n ander storie, en sou mens hoop dat die boere ook bewapen was (en meer vaardig met hul wapens was).

As Gun Free South Africa hul sin kry, trek die owerhede wettige wapens in, maar dis nie asof kriminele hul onwettige wapens sal inhandig nie (jy moet werklik onnosel wees om dit te dink). Dit sou wetsgehoorsame burgers kaalhande teen misdadigers met vuurwapens laat.

Hierdie artikel is ‘n goeie voorbeeld van waarom verantwoordelike vuurwapenbesit baie belangrik is: jy gebruik jou goeie oordeel om nie geweld te gebruik nie, tensy natuurlik dit werklik nodig is.

Tiger ·

Die spul van Gun Free South Africa is ‘n klomp gekke en leef in feetjieland!As ek en my man ons handwapens verloor agv hulle toedoen gaan hulle met ONS te doene kry dis gewaarborg!

Michael ·

Die boere van Bothaville lyk my het die regte resep om misdaad vas te vat en te beheer deel julle kennis en ervaring asb met die res van die land se boere want hulp van die bendes in blou gaan nie gebeur

DPJ ·

Aan al die rolsoelers knap gedaan. Wys jou wat gebeur as mense saam staan!

Michael ·

Korreksie….. DPJ as Afrikaners saamstaan ‘n rare verskynsel maar ja.

Flippie ·

Baie goed gedoen!! Goed gestraf ook. Net baie lank gevat.

Weereens Zimbabweërs en Mosambiekers. Goed opgelei ook. Strategie om jouself nakend in die grond in te grawe om nie opgespoor te word nie, is nie algemene gedrag of kennis nie maar spes ops tegniek. Hierdie ouens is opgelei.

Ek gaan nou nie sê deur wie en waarom nie. Laas keer toe ek dit gesê het was ek gesensor.

snuffels ·

Die probleem is hulle hoef net n sesde van die straf uit te dien, so hulle is vry in minder as 3 jaar. Ek dink nie dit is goed genoeg nie.

jaco ·

strange dat hierdie boere nie van aanranding en allerhande ander goed aangekla is nie. Ek het al gedink die plaasaanvalle is reg en as die boere die plaasaanvallers vastrek, is dit verkeerd en ‘n strafbare misdaad

Neels ·

Wat van die vraag of hulle wettig in die land is? En al is hulle “wettig” hier moet hulle na die straf uitgedien is dadelik gedeporteer. Dit is tog die volgende logiese stap.

jaco ·

die valke het buitelanders probeer deporteer en toe verloor hulle baas sy werk. Moral of the story is: as jy vir die Staat werk, maak DOODSEKER wat jy doen is reg en binne regeringsbeleid EN vra die Guptas sommer ook of dit OK is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.