Plaasaanvalle: ‘Skokkende toename in 2018’

Die toneel op die plaas in Vanstadensrus in die Vrystaat waar Gabriel en Marian Bruwer vermoor is. Foto: Verskaf

Die eerste helfte van 2018 is nog nie heeltemal verby nie en reeds het daar in dié tydperk 34% meer plaasaanvalle plaasgevind as in die eerste ses maande van 2017.

Só sê Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.

Die aankondiging van dié kommerwekkende statistieke kom ʼn dag nadat ʼn bejaarde egpaar se liggame op hul plaas in Vanstadensrus in die Vrystaat gevind is. Gabriel (78) en Marian Bruwer (67) se huishulp het op hul liggame afgekom en hulp ontbied. Volgens Roets was albei aan stoele vasgebind. “’n Kussing is as knaldemper gebruik alvorens Gabriel én Marian in die kop geskiet is.”

Intussen het nog drie mense enkele dae vantevore in plaasaanvalle gesterf. Kallie Schoonraad (47) is Saterdag op sy wildplaas naby Rustenburg in Noordwes doodgeskiet.

Jeffrey Zetler, eienaar van die bekende Mooiberg-padstal net buite Stellenbosch, is Saterdag laatmiddag dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is in sy kantoor op die Brakelsdal-plaas. Die 64-jarige Peter Dawson is Sondag in die vroeë oggendure op sy kleinhoewe op Broederstroom in Noordwes doodgeskiet.

Die toneel op die plaas in Vanstadensrus in die Vrystaat waar Gabriel en Marian Bruwer vermoor is. Foto: Verskaf

“Hoewel daar nog drie dae voor die einde van Juniemaand oor is, was daar – vergeleke met die eerste ses maande van 2017 – reeds ’n 34%-styging in plaasaanvalle gedurende die eerste ses maande van 2018. Volgens AfriForum se rekords kon 33 plaasmoorde sedert begin vanjaar geverifieer word,” sê Roets.

“Gedurende die eerste ses maande van 2017 het 157 plaasaanvalle plaasgevind en is 40 plaasmoorde gepleeg. Sedert die begin van Januarie 2018 het 210 plaasaanvalle plaasgevind en is 33 plaasmoorde gepleeg.”

Volgens Roets vind plaasmoorde teen ʼn buitengewone koers plaas en is ook buitengewoon wreed. “Die bewering wat wyd versprei word, naamlik dat plaasmoorde tans op die laagste syfer ooit is, is doodeenvoudig vals.

“Om die waarheid te sê, ons geverifieerde data dui daarop dat plaasmoorde sedert 2011 toeneem. Hoewel daar in die eerste ses maande van 2018 minder plaasmoorde as in die eerste ses maande van 2017 gepleeg is, is ons erg bekommerd oor die skerp styging in plaasaanvalle,” sê Roets.

Hy voeg by dat AfriForum sy veldtog teen plaasmoorde in die komende maande sal verskerp. “Intussen doen AfriForum ’n beroep op die boeregemeenskap om meer paraat te wees ten opsigte van hul eie veiligheid en by gemeenskapsveiligheidsnetwerke in te skakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

humor ·

Dit is n werklikheid en ons sal eenvoudig daarmee moet saamleef. Dit beteken egter nie dat daaraan niks gedoen kan word nie. Soos al meermale deur Afri Forum gese is die boeregemeenskap moet self ook verantwoordelikheid neem. Dit is onbetwisbaar baie van hierdie moorde sou nie plaasvind indien daar meer aandag aan paraatheid gegee was nie.

Well Well ·

Ek sit vandag in die Sassa ry en wag om gehelp te word, n wit man van 75 Jaar sit langs my en ons praat oor plaas moorde,
Die ou lag dit af en se dis normaal. Dis die empatie wat ek by baie blankes sien. Moorde is niks solank dit MY nie raak nie.

Callie ·

Sal iemand in parlement vra dat CR en Malema absoltuut moet ontken dat hulle deel van die beplanning van plaasmoorde is. Indien hulle dit ontken moet hulle asb verduidelik hoekom hulle nooit n woord rep oor plaasaanvalle nie.

Frikkie Geld en huis ·

Hoeveel boere het tot dusver die Australië aanbod aanvaar ?? Weet MM dalk ?

Nico ·

Jy sit duidelik in ‘n stad en weet nie wat op ‘n plaas aangaan nie.

D V ·

Nico ons weet nie wat op plase aangaan nie. Hier in die stede is die aanvalle net so troumaties as op plase. Een voordeel buurman is nie kilomeeters weg van mekaar nie maar tog vind dit plaas.
Neem as voorbeeld Dawie Roodt wat in ‘n veiligheids kompleks aangeval is.
Krimenele slaan ooral toe.

Vryheid ·

Ons boere sal moet saam staan, elkeen sal moet beurt he om jou omgewing te patrolleer. Bly altyd gewapen, skep n whatsapp groep sodat daar onmiddelik reaksie bystand kan gegee word. Wees versigtig, sluit hekke en paraat ten alle tye. Ons kan net op onsself staat maak moet nie dink die regering gaan iets doen nie want hulle GEE NIE OM NIE.

Callie ·

Vryheid, almal is reg in n mate. Onthou, dis onmoontlik om 24 uur n dag reg rondom jou te sien. Jy moet werk ook. Ek is 3 keer gevang. Elke keer belowe jy jouself dit sal nie weer gebeur. Erens konsentreer jy en kyk iets mis. Asb, die is n totale aanslag teen wittes, veral die wat effe afgesonder is. Erens gaan ons moet opstaan en bymekaar kom met n magsvertoon om te wys ons gaan fisies terugveg as die regering nie iets doen nie. Mense, gee terugvoer oor hoe ons dit kan doen. Daar moet n plan wees

Danie ·

Ek dink ons almal moet die skerms afsit en die drank los in ons vrye tyd en dink en mediteer hoe kan ons onsself en ander beveilig en weerbaar maak, en die kriminele uitoorlê. Ons moet noukeurig beplan en uitvoer. Doen navorsing. Bid intiem tot die Here en vra wysheid en nugterheid.

Nika ·

Al wat gaan werk is as ons saam staan in gebed en die Here vra om ons te beskerm. Ons aanbid n lewende God, hoekom moet ons vrees?

Francois ·

Soos 6 miljoen vermoorde Joodse mans vrouens en kinders gebid het elke dag…het dit hulle gehelp…

rafel ·

Dag- en nagpatrollies deur die boeregemeenskappe self; betrek die wat wil help in die omgewing. Laat die samelewing bewus wees dat daar swaargewapende patrollies is. Dt is dalk al oplossing?
Alle empatie en simpatie vir ons boere.

Wie is hierdie moordenaars? ·

In hoeveel van hierdie moorde was die tuinier of ander werkers betrokke? Hoeveel van die werkgewers het ‘n leêr van elke werknemer met sy/haar id en agtergrondinligting/ name van hule naasbestaandes en verwysings? Meesal as mens lees is dit die tuinier en/or werker(s) wat die moorde pleeg! Die antwoorde om hierdie moorde moontlik te help om te verminder is dalk in die detail.

honourable member ·

Soos dit nou lyk gaan daar geen boere in 2019 oor wees nie want hierdie mense is daarop uit om de laaste boer uit te moor. Dis omdat al hierdie goed gratis grond belowe word dat dit nou so gaan. Niemand wil meer vir enige iets in hierdie land werk nie want hulle kry alles op n skinkbord.

Schoeman ·

Hoekom as daar iets oorsee gebeur soos in Frankryk ,sal almal in SA hulle aandag gee daaraan en mense bewus daarvan maak op sosiale media ! Maar wanneer dit in ons eie land is ,is die geval anders?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.