Plaasaanvalle: Wanneer gaan u ophou swyg, mnr. die president?

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Die DA het opnuut ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om sy stilswye rakende die toenemende aantal plaasaanvalle en ‑moorde in die land te verbreek.

Dianne Kohler Barnard, LP en voorsitter van die DA se werkstroom oor landelike veiligheid, het Dinsdag in ’n verklaring gesê die opposisieparty het verlede week ’n debat van nasionale belang in die Nasionale Vergadering versoek wat plaasaanvalle en ‑moorde betref. Die regering het sedertdien nog geen aanduiding gegee of die probleem aandag gaan geniet nie.

“Ongelukkig is dit nie vreemd vir ’n regering wat graag boere prys as hulle dit nodig het nie, maar nooit die boeregemeenskap help wanneer dit in ’n krisis is nie,” het Kohler Barnard gesê.

Dié harde woorde kom te midde van nog ’n aanval vroeër vandag op ’n kleinhoewe in die Sinoville-omgewing, noord van Pretoria.

Maroela Media het vroeër berig ’n bejaarde paar en ’n 45-jarige man is deur drie aanvallers oorval en aangerand. Die aanvallers het in die vroeë oggendure die huis binnegekom. Hulle het die kombuisdeur se staalhek gebreek.

(Argieffoto: Maroela Media)

Dit volg kort op twee plaasaanvalle oor die naweek in onderskeidelik  Limpopo en die Vrystaat.

Kohler Barnard wys in die verklaring daarop dat die Afrika-sentrum vir voedselsekerheid van mening is dat die onderliggende kwessie van voedselonsekerheid tot die styging in misdade op plase bydra.

“Een ding wat mense van alle sosio-ekonomiese omstandighede in Suid-Afrika in gemeen het, is die feit dat byna niemand veilig voel in hul eie huise nie. Gewelddadige misdaad is wydverspreid, maar min misdade blyk so ’n swak reaksie van die regering te kry soos plaasaanvalle.

“Die slagoffers van hierdie aanvalle word dikwels op die wreedste maniere gemartel en die meeste word as gelukkig beskou as hulle nie sterf nie. Tog bly die regering stil,” het Kohler Barnard gesê.

Volgens die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) het sedert 1 April reeds 59 plaasaanvalle en 12 plaasmoorde in die land plaasgevind.

“Geen moontlike oplossings is voorgelê nie en geen veldtogte is van stapel gestuur om die veiligheid van diegene in landelike gebiede te verseker of om daarby betrokke te raak nie,” het Kohler Barnard bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Ja Stefan, die President van SA weet mos nie waarvan ons praat nie. Hy het self gesê hy weet nie waar die mense aan dit kom dat boere vermoor word nie. M.a.w jy is 100% korrek. Hulle weet van GEEN plaasaanvalle nie. Maar die toekoms wink…

marius ·

Waarom word dit gevra? Die antwoord is mos al jare voor die hand liggend .

Corne123 ·

Dit raak duidelik hulle wil niks aan die probleem doen nie

Oujongvrou ·

Moenie asem ophou dat hy iets gaan se of doen nie. As die plase erlaat word is dit mos easy pickings vir die ANC en EFF. Sodra daar onteiening plaasvind sal dit eers stop.

Kobus ·

Lyk my die regering keur die plaasaanvalle goed as hulle niks daarvan sê nie… stilswye is ook ‘n antwoord. Maar as dit nou blankes is wat iets aan ‘n swart persoon gedoen het, dan sal jy nooit die einde daarvan hoor nie. Wys jou net.

Pierreli ·

Dis nie net van nou af nie, hulle ontken dit vanaf dit begin plaasvind het. Selfs die Slag van Bloed Rivier word gesien as ‘n misdaad, nie as self-vedediging nie. Daar is geen redenasie of logika vermoê met hulle nie.

Willem ·

As onsalmal dood is en hulle nie meer kos het nie sal hy dalk iets sê

Abel ·

Die president swyg want as hy iets moet sê moet hy die dapper BLM’s wat weerlose mense aanval, veroordeel.

JohanR ·

President Cyril Ramaphosa address to the nation Wednesday 8th July 2020. ” My fellow South Africans. In the last month I have noticed with some distress the brutal attacks on South Africa’s farming communities. This violence cannot be allowed to continue, since farmers are the heart of our nation producing often under enormous sacrifices, the food and drink on our tables. I have therefore instructed the security apparatus of the state, working closely with such parties as the DA and VFPlus, and labour unions such as Solidariteit and AfriForum to immediately and urgently begin to address this crisis, and to put mechanisms in place in all nine provinces, cities, towns and farming communities to urgently put a stop to the murder and violence perpetrated on, and against South African farmers. This can simply not be allowed to continue. I have asked all to report back to me on all and any progress by the 11th August, and will again address the nation on 12th August 2020. I thank you.

Patch ·

Dink nie ons sal ooit so gelukkig wees om so toespraak van Mnr Ramaphosa te hoor nie.

Johannes Andries ·

Het jy vir hom die toespraak gestuur, ek hoop so dalk kan hy dit aflees

Werner ·

Wel as dit jou jou plan is om van die boere ontslae te raak dan Sal jy swyg oor die aanvalle

Termiet ·

Hy sal niks se daaroor nie want dit is deel van hulle meester plan.

Pieter ·

Wanneer gaan die blankes op hou praat en standpunt in neem. So lank as wat ons boere en blankes gaan sit en niks doen om trent die saak nie so lank gaan die ANC koministe stil bly.

JJ ·

Afrikaner Boer, ongeag jou kleur, weet dit vandag. Jy staan in Suid-Afrika alleen. Sonder julle kan ons nie die mas opkom nie. Moenie wag vir die Regering nie. Die regering spartel soos ‘n lam van die een krisis na die ander krisis en is heeltemaal planloos, en soos ‘n futlose bokser magteloos teen die toue.

Afrikaner Boer, ongeag jou kleur, besef vandag dat jou toekoms in jou hande is. Jy moet jouself en jou familie beskerm en jy moet self daardie besluite neem. As jy nie weet hoe nie, reik uit na opgeleide mense in jou gemeenskap ( Ja, hulle is daar en sal help) en beveilig jou plaas en verhard jou plaasopdstal en ook die van jou werkers.

Afrikaner Boer, ongeag jou kleur, leer om te veg en jouself te beskerm. Moenie vrees om jou, jou gesin en werkers te beskerm nie. Berei almal geestelik en fisies voor en wees gereed. Beplan en oefen die plan in en wanneer in nood, volg die plan. Genadeloos.

Pieter ·

Bring die trekkers ons maak pta toe tot dat cyril met ons blankes kom praat.

Piet parys ·

Dit help nie om cyril te vra nie 4 van die top anc kanerade is in beheer. Hys die puppet

Fedup ·

There is nothing more frightful in this world right now than this ignorant and dangerous circus in action, without a care in the world.

Michael 1 ·

Dan het dit tyd geword om ramaposa te minag en die wêreld te wys wie en wat hy is.

Michael ·

Onthou asb sedert Januarie is daar net een ding op die ganse aarde wat mense kan doodmaak en dit is Covid-19. Al was daar en is daar talle ander dinge wat mense se dood kan veroorsaak het die kommuniste (hier en elders op aarde)besluit dat hierdie die een en een ding alleen is waarteen hulle alle mense glo teen wil “beskerm”. Plaasmoorde sal nooit deur die kommuniste gepriortiseer word nie-DIS DEEL VAN DIE NDR.

Jacobus ·

Dr Zol het nog nie toestemming gegee nie. Mr Ramaposa maak jou mond oop en praat – die Yanks weet lankal jy lieg. Jy sal ook aan jou vriende geken word. Skunk Nations.

PH ·

Hoekom sal hy reageer?
Hy kry dan persente soos ‘n peperduur stoetbul by die wit boer. Asof hy dit nie kan bekostig nie.

Johann ·

OF dit pla hom nie…of dis deel van ‘n plan waarvan hy meer as net weet…of hy gee nie om as dit nie sy “people” affekteer nie. Een maal ‘n terroris perspektief….altyd een.

Hys n MILJARDER wat nie ‘n benul het wat dit beteken om in die werklike RSA te moet oorleef nie. Dink nie hy weet wat kos n nrood, of liter melk, of petrol vir sy konfooi van luukse karre?

En die ergste is: hy en sy ANC ANARGISTE kom weg met moord en verwoesting van eie aksies,maar het skielik n virus om vir als te blameer.

Isabella ·

CR gan mos NOOIT enige iets se van plaas aanvalle …hy ht dan aan die buite wereld gese hier is geen plaas aanvalle…dan gan hy moet erken hy het gelieg

Erik ·

Ek vermoed hy voel vere, net soos meeste mense hier vere voel vir moorde in die townships en in die Kaapse vlakte.

Leon ·

Cyril sal praat die dag as al die wit mense uit Suid Afrika vertrek het.
Die plaasaanvalle herhinder my aan die Mau-Mau se aanvalle in Kenia. Ek dink die ANC het dieselfde idee en doel. Hulle wil seker maak alle blankes is uitgemoor sodat hulle die land kan terugneem na voor 1838.

Nic ·

Dit help nie om te praat nie want MNR CR is doof vir plaas aanvalle

Pierreli ·

Ek sien selfs Maroela skryf nou sy amp in klein letters, (mnr. die president) sy naam moet ook verklein word want vir hom het ek geen respek nie.
mnr. die useless president – cyril ramaphosa.

Genis ·

Vuilspel, hulle sit ongelukkig hier agter… wonder of die tafels sou draai as hulle kinders, vrouens, oupa’s, ouma’s dieselfde ervaar…

Piet ·

“White lifes first” moet nou die leuse van alle Blanke Suid Afrikaners wees, en vir ons self veg. Van die president en sy regering sal ons geen ondersteuning kry nie.

Juls ·

Hoor wat ek se, almal het gedink Ramnaphosa gaan die belange van die Afrikaners ter harte neem, baie van onse tannies het hom toegejuig. Gaan kyk mooi na van sy uitsprake, twee gesig. Hy bewerk stil stil ons ondergang. Ons het finansieel gely in die Zuma jare maar hier is ‘n ander agenda….

Douw ·

Die antwoord is eenvoudig! Die aanblaas van plaasmoorde deur die EFF word gevuur deur rassehaat! Die ANC se stilswye is bevestiging hiervan!!

Ansie ·

Ek dink nie hy sal sommer die kwessie van plaasaanvalle en -moorde aanspreek nie, want dan sal hy moet erken dat hy vir die buiteland gelieg het oor plaasmoorde.

Jack ·

Die wiel gaan draai en swart boere gaan vermoor word soos ek dit sien. Die wit boere gaan soos in die ander afrika lande eendag gevra word om te kom help om kos te produseer. S A is nog op pad soontoe en sal nie leer uit hul broers in afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.