‘Plaasaanvaller’ in bosse vasgetrek

Petrus Moyo. Foto: Facebook.

Petrus Moyo (28), die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, wat Vrydagoggend uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer vasgetrek.

Die Heritage Protection Group (HPG) het dié nuus op hul amptelike Facebook-blad bevestig.

Volgens die verklaring is hy omstreeks 16:15 weer in hegtenis geneem in ʼn bos, nadat sy spore heeldag lank etlike kilometers ver gevolg is.

Volgens HPG word Witness Shimango (33) , wat glo saam met hom uit ʼn polisievoertuig ontsnap het, se spoor word nog agternagesit.

Albei verdagtes is volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, Zimbabwiërs. Ngoepe wou nie onmiddellik bevestig dat Moyo weer vas is nie.

Foto: Facebook.

Maroela Media het vroeër berig Moyo het op 13 November 2017 ook uit die Lephalale-polisieselle ontsnap nadat hy die versperring van die sel afgesaag het. Hy is op 15 November weer in hegtenis geneem.

Moyo is aanvanklik op 18 Oktober in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem ná volgehoue pogings deur die Lephalale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en HPG. Buiten die aanval op Emslie, en sy vrou, dr. Mariette Emslie (55), word Moyo glo ook verbind met huisroof- en inbraaksake in Lephalale en Frankfort.

Die Emslie-egpaar en hul dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar- mediese student aan Tukkies in Pretoria, is op 20 September 2017 omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op hul plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Realis ·

So jammer dat ons SAPD deesdae so geinfiltreer is deur boewe. Daar is nog betroubare Polisiemanne (en vroue) maar hulle is ongelukkig in die minderheid. Hierdie moordenaar gaan weer ontsnap. Die lus om die werk waarvoor hulle aan gestel is te doen, ontbreek ongelukkig by die meerderheid van ons regsdienaars. Vir hulle gaan dit net om n salaris te verdien. En so ou ietsie onder die tafel deur. Ons is totaal uitgelewer in n wettelose land met n regstelsel wat die oortreders bevoordeel. Hoe los ons hierdie probleem op? Het ons n leier wat sal opstaan? Dit lyk of ons so verlore is met geen visie nie.

Niklaas ·

Daai gesig is die ene boosheid. Mag hy nou lank in gevangenisskap verkeer. Goeie werk van SAP !

Engela de Klerk ·

Ek kry ‘n yskoue rilling af in my lyf wanneer ek na sy gesig kyk. Die gesig wat duidelik wys dat hy ‘n wreedaard is.

hotti ·

meeste plaasmoorde word deur zimbabweiers gepleeg en dan mosambiekers maar die liberale media wil dit dit nie erken nie……soos trump sou se ‘fake news’

lerato ·

Hallo Hottie

Mag ek vra wat jou bron is wat beweer dat die meeste moorde deur Zimbabwiers en Mosambiekers gepleeg word?

Ellisras ·

My bron dat baie Zimbabwiërs by misdaad betrokke is, is nuusberigte. Lees gerus die koerante. Noem maar op. Al die koerante kan sekerlik nie verkeerd wees nie.

Piet ·

Jy is wel so dat daar baie Zimbabwers in jou area is want jy bly naby die gens. Dit is so dat baie betokke is by misdaad. Boere neem hulle wel in diens, maar nie vir goedkoop aarbeid soos beweer word nie. Dis omdat hulle werk.

Moeg vir SA ·

Pleks stuur hulle al die Zimbawiers terug,hulle is betrokke by omtrent al die plaasaanvalle.Wonder wie huur hulle????

ferdi ·

Di boere self huur hulle om as goedkoop arbeid op hul plase te werk

Vryheid ·

Ferdi jy veralgemeen, trouens Baie min buitelanders word gebruik as arbeid op plase hier. Almal kry dieselfde loon. Ek stem nie saam met die stelling dat dit Zimbawiers is wat verantwoordelik is vir die plaasmoorde nie, dit is seker in die minderheid die geval.

Piet ·

Dis as mense sulke onbevestigde twak verkondig dat boere in n swak lig gestel word. Hulle word wel aangestel maar omdat lokale mense vir working on fire en baie ander epwp programme “werk”.
Kyk hoe le hulle langs die pad en slaap, maar hulle word daarvoor betaal. Ander kry allerlei toelaes. Waarom sal jy werk as jy kan sit en niks doen en daarvoor betaal word?

willie ·

HPG julle is kampioene, julle funksioneer 100% en dit sonder belastinggeld! Doen so voort manne van staal!

Daan Erasmus ·

Knersus. Wat jy sê is twak. En lasterlik. Ek ken baie lede van SAPD. Goeie eerbare mense. Die bietjie wat jy sê laat my twyfel aan jou inbors.

Voorkomend ·

Ai kan sulke oortreders nie getag /gemerk word sodat hul gemonitor word dmv onafhanklike stelsel ??? Selfde met polisiestasies moet ALLES op CCTV materiaal wees totaal ontoeganklik vir stasies.

Afrikaanse Knaap ·

Ek wonder wie van SAPS vir die man ‘n saag gegee het.
SAPS maak my bang.

lerato ·

Saag gegee? Verkoop. Niks is verniet nie. Nie eers ‘n ystersaag lem nie.

Vaalknapie ·

Wel selfs die ANC maak nou al gebruik van goedkoop arbeid om hulle vuilwerk te doen. Dink nle hulle wil ‘n staking he vir hoër lone halfad deur ‘n plaasaanval nie.

Mot ·

Dit is tyd dat die blik wurms oopgemaak word! Wie sit agter al hierdie plaasmoorde? Hy moet deeglik ondervra word, die waarheid moet uitkom!!!!

CFS ·

Ek wil net by Ferdi en Karolis verneem hoe lank boer julle en wat maak julle sulke kenners om te weet wie word in diens geneem en watter lone word betaal.

ferdi ·

CFS my mede boer en vriend ek boer al 25 jaar kennis het ek baie ek dien op landelikeveiligheids vergadering en het baie van di plaasaanval en moord ondersoeke gedoen ek doen nog baie meer. Sterkte wees altyd gereed

Andre ·

hello ferdi. Hoeveel sukses het jy gehad in jou ondersoeke ?

Asmain ·

Hoop daar word nou vir hom voetboeie aangesit dat hy nie weer kan hardloop nie

Anita ·

Kan iemand my vertel HOEDAT hy tralies in die selle kan deursaag , sonder dat ‘n bewaarder daarvan bewus is ? was hy deursoek? Ek vind moordenaars/diewe/verkragters het meer regte as die DOOD in ons land, die pyn wat die families moet ondergaan is nie ter sprake, waar is Geregtigheid? die pyn bly van die verontregte.

IK ·

Ek wonder waar kry hy sy kamoefleerdrag wat hy aanhet? Kom ons raai of hy in die Oosterse lande sou kon ontsnap?

Sarel ·

Jammer Ferdi,
Ek het probeer om jou uitlating te staaf maar was skynbaar te reguit en is daar besluit dat dit nie geplaas kon word nie.
Laat ek liewer net se, indien almal by veiligheid inisiatiewe betrokke was sou hulle die inligting tot hulle beskiking gehad het.

Pieter ·

Ja nee baie min beamptes wat nog trots op hulle werk is in SAPD.Twee met klapmusse op wou gisteraand nou 12 by my vriende se erf in kom.Hulle het die klokkie gelui.Toe hulle op die kamera kyk toe staan die 2 da voor die hek. Nutteloos om te se hulle WAG nou nog vir PRETORIA-NOORD se polisie om uit te kom na hulle toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.