‘Plaasaanvaller’ in bosse vasgetrek

Petrus Moyo. Foto: Facebook.

Petrus Moyo (28), die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, wat Vrydagoggend uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer vasgetrek.

Die Heritage Protection Group (HPG) het dié nuus op hul amptelike Facebook-blad bevestig.

Volgens die verklaring is hy omstreeks 16:15 weer in hegtenis geneem in ʼn bos, nadat sy spore heeldag lank etlike kilometers ver gevolg is.

Volgens HPG word Witness Shimango (33) , wat glo saam met hom uit ʼn polisievoertuig ontsnap het, se spoor word nog agternagesit.

Albei verdagtes is volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, Zimbabwiërs. Ngoepe wou nie onmiddellik bevestig dat Moyo weer vas is nie.

Foto: Facebook.

Maroela Media het vroeër berig Moyo het op 13 November 2017 ook uit die Lephalale-polisieselle ontsnap nadat hy die versperring van die sel afgesaag het. Hy is op 15 November weer in hegtenis geneem.

Moyo is aanvanklik op 18 Oktober in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem ná volgehoue pogings deur die Lephalale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en HPG. Buiten die aanval op Emslie, en sy vrou, dr. Mariette Emslie (55), word Moyo glo ook verbind met huisroof- en inbraaksake in Lephalale en Frankfort.

Die Emslie-egpaar en hul dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar- mediese student aan Tukkies in Pretoria, is op 20 September 2017 omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op hul plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
EBG

Goeie werk
Hoop hy bly nou daar

Realis

So jammer dat ons SAPD deesdae so geinfiltreer is deur boewe. Daar is nog betroubare Polisiemanne (en vroue) maar hulle is ongelukkig in die minderheid. Hierdie moordenaar gaan weer ontsnap. Die lus om die werk waarvoor hulle aan gestel is te doen, ontbreek ongelukkig by die meerderheid van ons regsdienaars. Vir hulle gaan dit net om n salaris te verdien. En so ou ietsie onder die tafel deur. Ons is totaal uitgelewer in n wettelose land met n regstelsel wat die oortreders bevoordeel. Hoe los ons hierdie probleem op? Het ons n leier wat sal opstaan? Dit lyk of ons… Lees meer »

Niklaas

Daai gesig is die ene boosheid. Mag hy nou lank in gevangenisskap verkeer. Goeie werk van SAP !

hotti

meeste plaasmoorde word deur zimbabweiers gepleeg en dan mosambiekers maar die liberale media wil dit dit nie erken nie……soos trump sou se ‘fake news’

Moeg vir SA

Pleks stuur hulle al die Zimbawiers terug,hulle is betrokke by omtrent al die plaasaanvalle.Wonder wie huur hulle????