‘Plaasaanvaller’ ontsnap ʼn tweede keer

Petros Moyo. Foto: Verskaf

Petrus Moyo, die man wat aangekla is van die moord op dr. Werner Emslie (55) van die Lephalale-omgewing in Limpopo, het na bewering Vrydag ʼn tweede keer uit die polisie se aanhouding ontsnap – dié keer saam met nog ʼn vermeende plaasaanvaller.

Die Heritage Protection Group (HPG) het Vrydag op hul amptelike Facebook-blad gesê Moyo (27) het saam met Witness Shimango uit ʼn polisievoertuig buite Marken ontsnap.

Shimango was glo betrokke by plaasaanvalle in die Leadwood-tafelkoppe-gebied.

Maroela Media het vroeër berig Moyo het op 13 November 2017 deur die nag uit die Lephalale-polisieselle ontsnap nadat hy die versperring van die sel afgesaag het. Die polisie het destyds gesê hulle ondersoek waar Moyo die toerusting gekry het om dit te doen en of hy enige hulp gehad het.

Moyo het vroeër daardie dag in die Lephalale-landdroshof verskyn waar hy teregstaan op aanklagte van moord, huisbraak en diefstal. Die saak is tot 14 Desember uitgestel vir verdere ondersoek en hy is nie borgtog toegestaan nie.

Daar is vasgestel Moyo, ʼn Zimbabwiër, is onwettig in die land, en ná sy ontsnapping is daar gevrees dat hy terug na sy tuisland kan vlug. Hy is op 15 November weer in hegtenis geneem.

Witness Shimango. Foto: Verskaf.

Moyo is aanvanklik op 18 Oktober in Frankfort in die Vrystaat in hegtenis geneem ná volgehoue pogings deur die Lephalale-polisie se taakspan, speurders, misdaadintelligensie-eenheid en Heritage Protection Group (HPG). Buiten die aanval op Emslie, en sy vrou, dr. Mariette Emslie (55), word Moyo glo ook verbind met huisroof- en inbraaksake in Lephalale en Frankfort.

Die Emslie-egpaar en hul dogter, Barbara (19), ʼn eerstejaar- mediese student aan Tukkies in Pretoria, is op 20 September 2017 omstreeks 20:00 deur vier gewapende mans op hul plaas in die Afguns-omgewing aangeval. Mariëtte is ʼn algemene praktisyn op die dorp en Werner was ʼn geliefde boer en doktor in bedryfsgesondheid.

Werner is koelbloedig doodgeskiet terwyl hy buite sy huis op die stoep gesit het. Mariëtte is in die lewer geskiet en moes met ʼn helikopter na die Muelmed-hospitaal in Pretoria gebring word waar sy gestabiliseer is. Sy kan ná die skietery nie loop nie. Barbara is nie tydens die aanval ernstig beseer nie.

Die verdagtes het met twee vuurwapens en die egpaar se bakkie van die toneel gevlug. Die bakkie is later verlate buite die plaas gekry.

Maroela Media wag op terugvoer van kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale woordvoerder van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Afrikaner ·

Die tyd het ryp geword dat die polisie wat verantwoordelik is vir dit toegesluit moet word.

Neels ·

Ek stem Willie, vir my baie toevallig hoe baie en maklik die plaasaanvallers “ontsnap”.

leser ·

hoe kry hulle dit reg om uit ‘n polisie voertuig (vangwa) te ontsnap, anders om gehelp te wees, nie van jan rap en sy maat nie, maar van die polisielede
ek glo die meeste mense weet hoe die vangwa se deur se sluitstelsels werk

Staak ·

As jy na die gesig kyk dan straal die onskuld uit, haal die boeie af dan is dit die tiepe foto wat in die weste gebruik word om miljoene in skenkengs in te samel.
As daar grens beheer was en nie die beleid van oop grense nie dan sou hy nie hier gewees het nie en ook nie belasting geld gemors het nie, nou moet hy vir die derde keer gesoek word.

PJC ·

Dit wil voorkom of dit makliker is vir plaasaanvallers as ander misdadigers om uit polisieaanhouding te ontsnap. Maak nogal sin vir my in die huidige politieke klimaat.

GM ·

Kyk net daai ‘smirk’. Dis van iemand wat WEET hy gaan niks oorkom nie.

EBG ·

Plaas asseblief meer fotos van die aanvallers ons sal hulle opspoor en oorlewer aan die owerhede
Jy ontsnap nie sonder hulp of hulp middels nie
Het in n gevangenis gewerk en by polisie selle

Johann cb ·

Hoe op aarde saag jy versperrings (tralies!) af sonder dat iemand hoor wat aangaan? Eish!

KG ·

Moet eintlik lees : Plaasaanvaller “ontsnap” n tweede keer. Polisie en ANC help mos graag dié wat teenoor blankes optree

KJ ·

Hoor my lied, teen Sondag is daar nog n plaasmoord in die omgewing.

Cherokee ·

Ek hoop jy gaan nie teleurgesteld wees as jy verkeerd is, nie. Hou op om die bose te voorspel.

Hester de Bruin ·

Hoe kan altwee ontsnap uit een stasie seke weer geld ontvang teen lae prys is nie opgevoed daai uniform is verniet uit gedeel kry die slagoffers jammer ons gereg het n groot loop hole

Ellisras ·

Die eerste keer het hy hulp van binne gehad. Tot die teendeel bewys is glo ek dat hy weer hulp gekry het.

Ellisras ·

Petrus Moyo wat vanoggend wat gearresteer was vir die moord op dr Werner Emslie en vanoggend in Marken ontsnap het vanuit ‘n polisievoertuig is weer vanmiddag om ongeveer 16:15 gearrresteer. Dankie aan die manne van HPG, Marken veiligheid, Lephalale Polisie en die gemeenskap wat die hele dag spore gevolg het. Hy is in omgewing Marken/Steilloop gearresteer. Die tweede verdagte, Witness Shimango is nog op vrye voet. Sy spore word steeds gevolg.

Siek en sat ·

Ek glo nie n woord hiervan dat hulle ontsnap het nie. Iemand het n handvol geld ontvang en die vangwa se slot oop gelos. Hoop die boere in daai omgewing se gewere is gelaai.

Her ·

Vang hom sodat hy weer kan ontsnap. Wonder hoeveel plaas moordenaars die afgelope paar jaar is nog in aanhouding.

Erich ·

Hulle het nie ontsnap nie maar is vrygelaat daarvan is ek seker. Die eintlike vraag is in opdrag van wie? Kan net die party wees wat graag die grond wil vat – elke plaasboer wat vermoor word maak dit net vir hulle makliker

Dirk ·

Wel gedaan SAPS jy kan ons as burgers nie eens beskerm nie. Laat toevallig die man ontsnap. Wat n teleurstelling. Kan nke eens 1 man in aamhouding hou. Imagine

Agnes ·

Bring asb die doodstraf terug. Ons is siek en sat om geweldmoordenaars te versorg

Jannie ·

NEE, hy het nie ontsnap nie…in elk geval nie tweekeer nie! Hy/hulle is doelbewus “agtelosig” vrygelaat!!!

Eugene ·

Dis nou toevallig. Lyk my die regering help so bietjie daar! Seker dat hy verder kan gaan moor en verwoes. Dalk moet regerings amptenare ook begin vervolg word vir sulke tipe roekelose nalatigheid. Almal in Afrika trek mos net skouertjies op en niemand staan pa vir hul dade nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.