Plaasaanvaller se koeël slaan in Bybel vas

Noeline Ferreira en Thys Pienaar nadat hul wonde met steke geheg is. Foto: Verskaf

Die 82-jarige Bettie Nel is gelukkig om te leef nadat ʼn plaasaanvaller Saterdagaand ʼn skoot op haar afgevuur en die koeël haar gemis en in haar Bybel op die kassie in haar kamer vasgeslaan het.

Nel was saam met haar dogter, Noeline Ferreira (61), en Ferreira se lewensmaat, Thys Pienaar (63), in die huis op die plaas in die Buhrmansdrif-omgewing buite Mahikeng in Noordwes toe die aanvallers toegeslaan het.

Pienaar se dogter, Isabell Niemand, het Sondagoggend aan Maroela Media gesê sy is dankbaar haar pa, Ferreira en Nel is nie ernstig beseer nie, hoewel al drie steeds erg getraumatiseer is.

Niemand vertel Pienaar en Ferreira het gister by haar en haar man gekuier en is omstreeks 17:00 huis toe. Pienaar boer al jare lank met hoenders op die plaas en Ferreira se bejaarde ma woon saam met hulle in die huis.

Volgens Niemand was Pienaar en Ferreira teen 23:00 in die bed toe Pienaar die honde hoor blaf het. Die honde het egter vinnig weer ophou blaf en Pienaar het daarom nie onraad vermoed nie. “Kort daarna het my pa wakker geword toe iemand hom met die kop van ʼn piksteel oor sy kop slaan. Nog ʼn aanvaller het ʼn flits in tannie Noeline se oë geskyn en haar vermoedelik daarmee aangerand,” vertel Niemand.

Die koeël is sigbaar in Bettie Nel se Bybel waar dit vasgeslaan het. Foto: Verskaf

ʼn Struweling het tussen Pienaar en die vier aanvallers in die kamer ontstaan en Nel het vanuit haar slaapkamer die rumoer gehoor. Volgens Niemand het Nel gaan ondersoek instel en haar in nog twee aanvallers in die gang vasgeloop. Sy het ʼn beeldjie na hulle gegooi en een van die aanvallers het ʼn skoot in haar rigting afgevuur, maar die koeël het haar gemis en in haar Bybel vasgeslaan wat op ʼn kassie in haar kamer gelê het.

Die aanvallers het daarna met Ferreira se pistool en drie selfone op die vlug geslaan. Nel het vir Niemand gebel en sy het hulle onmiddellik te hulp gesnel. Sy vertel spore het daarop gedui dat die ses aanvallers in ʼn voertuig van die toneel gevlug het.

Pienaar en Ferreira moes albei steke in die wonde aan hul koppe kry. “Tannie Noeline se wonde is voor op haar voorkop en my pa se wonde is oral op sy kop – aan die bokant van sy kop, sy ore, sy wange. Hy het klomp stukkende plekke op sy knieë en sy arms is blou, maar dié beserings is nie so erg soos die kopbeserings nie,” sê Niemand.

Niemand en Pienaar was Sondagoggend by hul plaaslike dominee om berading te ontvang.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Wiehan ·

Nee nee, daar is mos nie so iets soos “plaas aanvalle” op Afrikaners nie.

Nel ·

Willie ek verstaan beter as wat jy dink. Wat ek bedoel met my kommentaar is- die opskrif van die berig sê vir my absoluut niks nie, behalwe om dalk ‘n gevoel van ‘wow die Bybel het die tannie gered’- sensasie te wek. Ek dink ‘n mens moet versigtig wees met die soort van vertolkings.
Ek is dankbaar dat die twee ou mense se lewens deur God gespaar is.

Genoeg ·

Dan is daar nog van ons kommentators wat sê dat as daar ‘n God is moet Hy gou maak en ingryp. Hier is weereens ‘n bewys dat ons wel ‘n lewendige God aanbid en dat Hy alom teenwoordig is.

Nettie ·

@Nel, ek dink, die “moral of the story” hier moet wees: BEVEILIG JOUSELF EN JOU HUIS EN WEES PARAAT.

Die honde het geblaf, maar na ‘n rukkie stilgeraak. DIE HONDE HET HUL HUISMENSE GEWAARSKU, maar die huismense het nie gehoor gegee nie. WAT IS DIE DOEL DAARVAN OM HONDE AAN TE HOU, MAAR JY STEUR JOU NIE AAN HULLE GEBLAF NIE? Moenie uitgaan as jou honde blaf nie, maar gaan stel ondersoek in d.m.v. ligte aan/af te sit BUITE. Dán weet enige vermeende boosdoener daar is mense wakker in die huis en sal hulle dalk twee keer dink.

Hierdie huis lyk asof dit nie in die minste beveilig is nie. Bitter min (onvoldoende) diefwering, vermoedelik geen alarm of konneksie na ‘n sekuriteits- en/of gewapende reaksie-maatskappy nie.

Ons moet aanvaar dat ons in ‘n moreel-wanfunksionerende, misdaad-gedrewe, korrupte land woon. LEEF ELKE OOMBLIK, ELKE DAG ASOF DIE SLEGSTE ENIGE OOMBLIK KAN EN GAAN GEBEUR.

Koos de Meyer. ·

As die honde blaf, kyk en moet nie ‘n lig aansit nie.

Haan ·

Daai ink is dan tog immers die Heilige Woord van God? Hoe dit ookal sy, n Bybel beteken niks as mens hom nie lees nie.

VanAfrika ·

O genade Pop, wat my betref is daardie boek baie heilig, dit is ons geskienis oor ons drie enige God. Daaruit lewe ons volgens Sy instruksies. Waar sou ons gewees het sonder Sy handleiding. Asseblief, hanteer ons Christelike skrif met meer respek.

Die Stem ·

Dis Barbara’s om iemand oor die kop te slaan of te skiet.
Ons lees elke dag hiervan, maar besef julle hoe leeg n persoon moet wees om dit aan n ander mens te doen?
Sterkte vir die persone wat so n nagmerrie moes beleef.

Ria Maritz ·

Ek voel innig jammer vir die mense, inaggenome hul ouderdom.

Dit bly ONAANVAARBAAR.

Baie STERKTE.

Hens ·

Almal so naief. Net co oncidence dat die koel bybel getref het. Wat van die 100de ander plaas anvalle?

Nettie ·

@Hens, waste 100de ander plaasaanvalle?????

Volgens die kop-in-die-sand-ANC en die Minister van Polisie was daar in 2017/18 “net” 56 plaasaanvalle.

Al die ander was net gewone misdaadinsidente – toevallig op plase, toevallig swart aanvallers wat onskuldige wit – meesal ou – mense aangeval het.

Willem ·

Siener het gesê daar val n emmer bloed om en loop oor die hele land…

Rudi rasend??? ·

Pop….!!!! Die Bybel is die Heilige Skrif deur God voorsien!!!!! Miskien moet jy mooi dink oor wat jy van n Bybel se

Anoniem ·

As daar enige ander boek met dieselfde dikte daar gelê het sou dit ook getref gewees het…

Piet ·

Nou toe nou, ek het nie geweet iemand tussen ons is ook ‘n sienner nie! Het jy al gedink, as daar enige ander boek daar gele het, kom ons se Nataniel se kookboek, dan was die tannie dalk in die kombuis besig met een van sy resepte? Dalk het sy gegly op die kookolie en haar nek gebreek. Alles kon anders wees, maar ons prys net die Here want dit het presies gebeur soos dit wel gebeur het!

Sê maar net ·

Julle is besig om God lasterlik te raak. En julle wonder waarom gaan dit soos dit gaan. God slaap nie.

Wonder Net ·

Mens kan die storie oor die Bybel.nou opvat met ń groot sinisme. Ek dink hoekom dit die hoofopskrif is, is omdat dit vir die mense in hierdie geval ń mooi boodskap het. Wonder net waarom so baie negatief daarop reageer..

SNEL ·

Die Bybel, nie net nog n boek nie, dis die enigste Lewende Boek, n 2 snydende swaad, dit dring deur tot murg en been en as daai Woorde gespreek word, keer dit nie leeg na God toe terug nie. Dis ons wapen; met die Woorde in daai Boek, kan ons die Satan beveg, met die Woorde in daai Boek, verander lewens. Niks in die wêreld gebeur toevallig nie, ek verpes die woord toevallig. God het n plan en doel met alles, Sy wil sal ons nooit verstaan. Hierdie mense kan die Here dank hulle lewe, duisende ander gelowiges het al hul lewe op so wyse verloor, duisende sterf elke dag in tronke vir hulle geloof in God. Alles is genade, of ons lewe of sterwe, so lank as ons die Man aan altwee kante van die rivier ken, het ons mos geen probleme nie. Hartseerste ding vir my is om iemand aan die dood af te staan wat nie die Here geken het nie, oor die wat glo sal ek sê soos Billy Graham gesê het; die dag as julle hoor ek is dood, moet nie n woord glo nie, want ek sal meer lewendig wees as nog ooit tevore.

Lynette ·

Julle is regtig so naief en LEES nie eens die berig behoorlik nie – die koeël het die vrou GEMIS EN DAARNA die Bybel getref – die Bybel het NIE die koeël gekeer om HAAR te tref nie.

Antiestabliesment ·

Dankie Lynette, een persoon wat rasioneel kan dink.

Anoniem ·

Sterkre oom en tannie . Die woord is heilig GOD het opdrag gege om die woord te skryf . As die mensdom maar volgens die woord kan lewe en uitstraal sal die wereld n beter plek wees.

Liewe Heksie ·

Tipies ons “wit” Suid-Afrikaners, vergeet die erns van die saak en redeneer nou liewers oor die boek wat op die bedkassie gelê het. Ons kan nog nooit en sal nooit saam staan nie en dit is hoekom dit so met ons gaan. Pateties.

Liewe Heksie ·

Tipies ons “wit” Suid-Afrikaners, vergeet die erns van die saak en redeneer nou liewers oor die boek wat op die bedkassie gelê het. Ons kan nog nooit en sal nooit saam staan nie en dit is hoekom dit so met ons gaan. Pateties.

Stuiwer ·

Die koeël het verby die tannie beweeg en het toe die tannie se Bybel getref . Alhoewel die Bybel dan tegnies gesproke nie die tannie se lewe gered het nie, het die aanvallers wel gespaander. Wonder waarom?

Marina ·

Ek wil net reageer uit Nederland af en my Afrikaans is bietjie weggesak so verskoon asb. Ek is ‘n gelowige en glo in wonders. Hierdie naam van die artikel klink vir my misleidend. Die koël het mos nou nie haar lewe gered nie al is dit bisonder dat dit in haar bybel het vasgeslaan. Dankie vir die meelewende kommentare vir die slagoffers. Dit is vreeslik al die wapens en geweld in Suid-Afrika, waar ek het groot geword. Sterkte almal en bid kragtig vir ‘n omkeer vir Suid-Afrika! Dit vra ook ‘n volkome geloof en toewyding aan God en ons naaste

Theresa ·

O ja, wil net ook noem. Die opskrif het niks snaaks aan nie. Dit som in een baie kort sin op wat gebeur het.

GP ·

Geen mens behoort in sy bed oorval te word nie. Besef nie almal kan alarm sisteme en volle diefwering bekostig nie, Wens daar kan fonds insamelings wees.
Nog steeds waarskuwings sisteme hoef nie duur te wees nie. Goedkoop alarms in die huis wat beweging optel (R200 by GAME) kan reeds baie help.

Dan ook staal hek aan slaapkamer deur, hoef nie fortuin te kos nie, maar kan lewens red.

Monika ·

Dis darem vreeslik hoe hulle ons so voor die voet uitMERGEL! Dis absoluut verskriklik!

Papa G ·

Dankie vir die mooi kommentaar. Self met weggesakte Afrikaans klink u heel soet op die oor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.