Plaasaanvaller swaar gestraf

Billy van Rooyen en sy vrou, Karlien. Foto: Facebook

Thulani Hloniphani Sibiya (38) is Woensdag swaar gevonnis nadat hy vroeër skuldig bevind is aan die moord op Billy van Rooyen (37) en sy skoonpa, Ronnie Lombard (62), verlede jaar op hul plaas naby Vryheid.

Kapt. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Woensdag gesê Sibiya het in die Madadeni-hooggeregshof verskyn waar hy twee lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê is met ʼn bykomende tronkstraf van 40 jaar.

Sibiya se vonnis volg nadat hy skuld beken het op twee aanklagte van moord, twee van poging tot moord, een van gewapende roof en een van ontvoering.

Altesaam agt verdagtes is in hegtenis geneem nadat ʼn groep mans in April verlede jaar op die plaas in die Swart Umfolozi-distrik, naby Gluckstadt, toegeslaan het.

Maroela Media het vroeër berig Van Rooyen en Lombard is doodgeskiet en twee familielede is in die aanval beseer. Die verdagtes het met ʼn onbevestigde bedrag kontant gevlug. Die saak is by die Gluckstadt-polisie ingedien waarna die ondersoek deur die provinsiale taakspan oorgeneem is.

Ses van die verdagtes is steeds in aanhouding en hul verhoor is van die middel van April tot die middel van Mei volgende jaar op die hofrol geplaas.

Die sewende verdagte, Bongani Miya (36), is ure ná sy inhegtenisneming in aanhouding dood. Die polisie het vroeër gesê hy het homself glo in ʼn toilethokkie met ʼn bedlaken opgehang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Sunette ·

Well done. Die res mag nie minder as 14 jaar kry nie al het hul nie die sneller getrek nie.

Albatros ·

Moet se hier stem ek met jou saam. As jy van poging tot moord aangekla (en skuldig bevind) word omdat jy iemand in n hout boks gesit het — dan maak die feit dat jy met n aanval op n plaas gehelp (of teenwoordig was), jou beslis ook skuldig aan poging tot moord — en jy verdien niks minder as 14 jaar tronkstraf.

Annetjie Keyser ·

Dis goed om te weet dat daar swaarder straf gegee word vir die sinnelose moorde. Hoop net dat hulle al die skuldiges wat op vryevoet is sal aankeer.

Carel ·

Check iemand op of al die misdadigers wel fisies hul vonnisse uitdien

Franck ·

+1 Carel
Ek dink dit is belangrik dat iemand soos Afriforum dalk ondersoek doen ek kyk of die plaasaanvallers wel hul vonnisse uitdien en nie vroeg vrygelaat word met ‘n pasella lappie grond en vetgemaakte bees daarby nie…

Elmarié Hager ·

Ek is bitter dankbaar vir die swaar straf, maar die doodstraf sou goedkoper vir die belastingbetaler gewees het.

Amanda ·

En nou is hy goed versorg vir die res van sy lewe. Die tronke gaan so vol raak, die belasting betalers sal nog tronke moet bou.

Alten ·

Nee. Twee lewenslange tronkstrawwe met ‘n BYKOMENDE 40 jaar.

Lodewyk ·

Jaag hulle almal in `n kamp met draad rondom en uitkyk punte om ontsnapping te voorkom.
Hulle wil soos diere optree dus moet hulle in `n kamp gejaag word. hulle moet self sien waar kom hul kos en water vandaan.

SNEL ·

Wie is ontvoer, in vorige berigte word dit ook nie genoem nie.

Helene Heyns ·

Hoop nie die vonnisse word gelyktydig uitgedien nie want dan is hy kort voor lank weer op straat.

Hansie ·

Ek stem absoluut vir die doodstraf. Dit sal wetteloosheid verlaag.

jim goetze ·

Men zou bang zijn om nog vrienden te bezoeken in zuid afrika !
Jim Goetze
Lier / België.

elzette ·

Ek is net bly hulle is nie dood gemaak nie…ons lewe in n tyd waar mens dankbaar is vir elke lewe wat gespaar word. dis weird dat die mense lewe…n bakkie kan mens vervang…nie n lewe. dankie julle rowers dat die mense nie doodgemaak is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.