Plaasaanvaller vasgetrek, gevonnis binne 2 weke

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn 25-jarige man van Joubertina in die Oos-Kaap is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy sowat twee weke gelede by ʼn huisroof op ʼn plaas naby dié dorp betrokke was. ʼn Bejaarde man is in dié voorval met ʼn snoekerstok aangerand.

Sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, sê Carools Tamboer is vasgetrek weens die verdoemende bewyse teen hom.

Volgens Nkohli het hy ʼn volledige getuienis in die hof gelewer kort nadat hy skuldig gepleit het.

Tamboer en ʼn medepligtige het op 25 Maart gedwonge toegang tot die plaashuis verkry waarna Tamboer die bejaarde man aangeval het. Die verdagtes het ʼn sak met ʼn paar waardevolle items gesteel wat die polisie nie onmiddellik kon identifiseer nie.

Hy is tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir huisroof en twee jaar vir diefstal. Die vonnisse is gelyklopend. Tamboer se medepligtige is nog nie vasgetrek nie.

Kol. Simon Swarts, polisiebevelvoerder, sê dié vonnis is ʼn stap in die regte rigting om landbougemeenskappe te beveilig. “Die polisie wil al die speurders bedank wat dié saak in minder as twee weke afgehandel het. Dieselfde taakspan werk nou daaraan om die tweede verdagte ook vas te trek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jakkalas ·

My wens is dat alle sake van plaasmoorde en huisbraak , huisroof of alle kriminele dade teen boere en hul werkers so gou opgelos kan word en swaar strawwe toegedien sal word.

Vonnis ·

Huisroof en diefstal alleen? Wat van aanranding om ernstig te beseer?

Smurfie ·

Vra ek ook mos?! Dis seker maar ok om dit te doen in Suid Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.