Plaasaanvaller vermoor weduwee, steek huis aan die brand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Vrou is Maandagoggend tydens ʼn vermeende huisroof op haar plaas naby Theunissen in die Vrystaat vermoor, waarna haar huis met haar liggaam daarin, aan die brand gesteek is.

Volgens inligting het ʼn verbyganger Maandag omstreeks 07:00 rook uit die huis se dak sien trek en die polisie ontbied.

Sers. Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê inligting oor die aanval is nog skaars. “Die polisie op die toneel om die gebied vir leidrade te fynkam,” het hy gesê.

Hy kon bevestig dat die vrou, wat vermoedelik die eienaar van die plaas is, oorlede is. Dit is nog nie bekend hoe oud die slagoffer was, hoe sy vermoor is, of hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was nie. “Die inligting sal bekendgemaak word sodra dit beskikbaar is,” het hy gesê.

Na wat verneem word, word haar wit Toyota Hilux-bakkie en vuurwapen vermis.

Die vrou is ʼn weduwee wat alleen op die plaas gebly het. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

Vrystaat Landbou het intussen die moord ten sterkste veroordeel. Tommie Esterhuyse, voorsitter van Vrystaat Landbou se Wet en Orde Komitee, het gesê die organisasie het met skok en afgryse van die voorval verneem.

Hy het die hoop uitgespreek dat die verdagtes spoedig opgespoor sal word en na behore vervolg sal word. “Die organisasie wil weereens landbouers aanmoedig om na hulle eie veiligheid om te sien asook om by veiligheidstrukture in hul omgewing in te skakel,” het Esterhuyse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theresa ·

Al hierdie gevalle word altyd “ten sterkste veroordeel”. Dit voel net of niks vir die boere gedoen word nie. Elke dag moet jy in die koerant lees van iemand wat op sy/haar plaas aangeval, gemartel en/of vermoor word. Dis walglik en afskuwelik. Almal spring altyd regop en dan lees jy die volgende dag maar net van nog iemand wat sinneloos vermoor is. Iewers moet iets nou wragtig begin gebeur. (Dit is ook seker apartheid se skuld dat dit gebeur! Dis mos al wat die goed kan sê en nou begin die president ook die sin repeteer).

Dave ·

Theresa, dit is woorde wat my net so irriteer soos vir jou! Ek het beoog om daarop te reageer en sien toe dat jy dit reeds gedoen het. Die woorde “so en so het die moorde ten sterkste veroordeel.” dink ek word geskryf deur ‘n berigskrywer wat ‘n berig soos ‘n opstel skryf
en dan maar, omdat àl die ander berigskrywers dieselfde vevelige paadjie loop, dit ook maar byvoeg. Dit doen eintlik afbreek aan die verskriklikheid daarvan. Dit is erg dat lesers gewoond raak daaraan om van plaasmoorde te lees. Indien ‘n gesiene anc-lid se kredietkaart gegryp word sal ‘n beloning uitgeloof word om die sakkeroller te laat aankeer. Intussen sit Afrikaanssprekendes nog elke aand voor hul tv’s en verwonder hul aan die vervelige episodes van ‘n kleurlingvrou wat daarop gedui het dat die wittes dit uitgelok het en klink asof sy geen simpatie daarmee het.

Theresa ·

Dave – Ek dink ek moet liewers nie kommentaar lewer nie al wil ek. Nog ‘n plaasmoord. Net mooi elke dag hierdie jaar en 2015 is 13 dae oud. Eskom is apartheid se skuld en selfverryking is hulle prioriteit. Urgh!! Lekker Dinsdag vir jou! Ek moet sterk koffie kry!

melanie ·

Wat word gedoen om boere en ons ander blankes tebeveilig in ‘n land waar dit deur Mandela,die EFF en Zuma gesing word “Kill a Boer,Kill a Farmer,dit word openlik aangese om dit tedoen want dit dra die regering se goedkeuring weg!

Philip ·

Daar word nou oopenlik teen die WIT boere van die land n vendetta gevoer, die regering van die dag stel nie belang en of beskik nie oor die nodige vermoë om ons boere en lands burgers te beskerm nie en tree jy op in sel weer word jy die krimineel. Ons kan maar net meer paraat wees en onself beskerm in n land waar die politisie nie n idee het wat aangaan. Selfs al het hulle al die leidrade is hulle onbevoeg om op te tree. Mag die uitvaagsels gou gevang word en hoop ons dat geregtigheid sal seevier.

Elizabeth ·

Die feit dat “niemand nog niks weet nie” (veral polisie) is verregaande! Hulle vertraag die hele proses om aanvallers aan te keer….. of word dit met opset gedoen??

Lindie Lourens ·

So is die barbare oral. In die skole ( veg soos honde), op die plase, oral!

Gail van Vuuren ·

Ja wat ek dink hulle is aspris traag, sodat hulle kan wegkom en net verder nog boere gaan vermoor! Sal my nie verbaas as Zuma dit goedkeur ook…

chris maritz ·

ek soek baie graag hierdie tipe berugte in engels, sodat ek al daardie naiewe buitelanders kan wys, want hul het geen idee wat die wit volk moet deurgaan elke dag . hulle is blind teenoor wat in suid afrika aangaan, en die media steek dit weg vi die res van die wereld. dis absolute k…k. ek sal dit vir elke land in die wereld stuur en hul bewis maak, een of ander manier, as iemand kan help met meer info, sal ek dit baie waardeur.enige info
kan nog baie se hieroor, maar los maar vi n ander dag.ek is reg om terug te vat wat van my geneem is, dis my land ook, ek het die reg om in vrede te kan lewe, n toekoms vi my kinders en werks geleenthede. ek was nie deel van die apartheids jare nie en dit moet ook nie na 20jaar meer saam maak nie, maar jou arugante houding en dat my lewe joune is en wat myne is is joune,en ons vrouens en kinders. gaan jou jou lewe kos, en nog baie meer

Asjas ·

Ek het al gekyk. Baie van hierdie berigte haal nie eers news24 nie om nie eers te praat van die engelse koerante nie. Dis blykbaar nie nuus waardig vir hulle nie!

Jan ·

Ons mag nie veel uitgee nie, maar weet dat Boere het as plaaswag uit gegaan. Nog heel oggend en gaan nog voorde om seker te maak elke een sal tenminste probeer om gevind te word. Die bakkie is darem al gevind. Ja dit was n tannie, alleen en soos ons almal weet het hulle weer die ou mense aangeval. Mag net vra bid en dra elke dag ons landbouers op in julle gebede. Maklike teikens so alleen op die plase.
Jy kan al die geld in die wereld he, maar as daar nie landbouers is wat plant en/of met vee boer nie, sal jy niks he om te eet nie.. Dit wil maar net weer se, jy sal dan sterf van honger…..al is jy skatryk..
Dankie vir Jan van Riebeeck.

Johan ·

Vrystaat Landbou en elkeen wat nog dink hulle kan met die regering na die naweek se gebeure praat is self skuldig wat hierna gebeur. Dit is duidelik dat Zuma – Dingaan is en Vrystaat landbou – Piet Retief.

JP ·

Dit hou net aan en aan…elke week ten minste een plaas aanval…en niemand doen iets nie…

Bleskop ·

Terwyl ek die berig lees, kon ek nie help om aan ons kwynende renoster bevolking te dink nie.
Ons boere, wat ons lewens aar is, word nou meer “uitgeroei en geplunder” as wat ons renoster bevolking gebeur.
Ek kan net my kop skud en bis vir al ons boere, en dat ons regering se oe sal oopgaan.

Francois ·

Daar moet nou iets daadwerkliks gedoen word en die volgende is my voorstel. Ek weet daar sal seker gese word slegs ‘n paar het by die Red October byeenkomste van Sunette Bridges opgedaag, maar my voorstel sluit meer rolspelers in. Ek gaan dieselfde voorstel aan Afriforum maak, van wie ek lid is. En aan Solidariteit en die VF Plus. Sal graag jul opinie wil hoor. Ek stel voor daar word ‘volksvergaderings” gereel in al die provinsies vir Afrikaners om by te woon. Dit sou goed wees as die vergaderings in bekende sportstadia gehou kon word, maar die eienaars sal seker dit nie aan ons wil beskikbaar stel uit vrese vir politieke druk van die ANC; dan reel ons dit in ‘n oop stuk veld op ‘n boer se plaas; ek is seker niemand sal omgee om bietjie in die son te staan vir die saak nie. Die agenda: om op aksies te besluit om druk te plaas op die regering om moorde op blankes as prioriteitsmisdaad te verklaar, landelike kommandostelsels her in te stel. ‘n ID stelsel vir alle werkers op plase, landelike besighede en huise se werkers in te stel wat dan diegene wat daar werk identifiseer, hulle op ‘n rekenaar databasis te plaas met alle besonderhede ens. Die groot besluit: om ons eie mense wat tans werkloos is met al hul vaardighede op ‘n databasis te plaas. Dan word daar voorkeur gegee by indiensneming bo enige ander rasse aan ons eie mense op plase, besighede en as huiswerkers. Kyk nounet hoeveel word vermoor deur werkers wat net ‘n “stukwerkie” kom doen het, huiswerkers gee inligting deur aan rowers en moordenaars ens. Om BEE te omseil en Afrikaner besighede te help, maak ‘n databasis van alle suiwer Afrikanerbesighede en koop/ondersteun mekaar. Hoekom probeer tender vir staats en munisipale tenders waar jy BEE gekwalifiseerd moet wees, hulle betaal tog nie? Daar is sekerlik genoeg Afrikaner besigheid wat mekaar versprei kan word soos, bouprojekte, tegniese werke ens, waar daar genoeg Afrikaners is wat sodanige besighede het en mekaar kan ondersteun? Dan, geen swart werkers, slegs blanke werkers – neem in diens die baie wat werkloos is vanaf die databasis. Hierdie besluite en meer moet op al die volksvergaderings bespreek word. Sekerlik sal die linksgesinde pers en elektroniese media ons wil stenig en sekerlik is daar al baie Afrikaner meelopers en hensoppers, maar hulle moet net onthou hier gaan dit om jou wit vel. Die swart rower gaan jou nie vra of jy lid is van die ANC, ‘n meeloper/ondersteuner is van die “nuwe SA” nie ens, hy gaan jou doodmaak net omdat jy wit is. Ek het nog meer hieroor te se en julle is welkom om my te kontak by my epos adres: [email protected]

johan ·

Dit is my pot se deksel dat na al die moorde wat daagliks plaasvind ons die boere folk net wil sit en kla en kerm en niks daaraan doen,hoe lank gaan dit vat voor ons opstand neem?gaan ons wag tot al ons vrouens verkrag en ons kinders vermoor is??nee ek wil virseker nie!en tog moet daar ander wees wat ook so voel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.