‘Plaasaanvaller’ verongeluk in gesteelde bakkie

Die ongelukstoneel buite Sasolburg. Foto: Verskaf

ʼn Vermeende plaasaanvaller het Maandagoggend kort ná hy en nog makkers ʼn bejaarde boer aangeval het, in die boer se bakkie verongeluk.

Ronnie Brand is op sy plaas naby die Jim Fouché-vakansieoord buite Oranjeville in die Vrystaat aangeval. Volgens Tommy Pienaar van Basopa Sekuriteit is Brand met ʼn moersleutel aangerand.

“Hy het gelê en slaap toe hy glo gehoor het hoe die skuifdeur oopbars. Hy is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.” Brand bly glo alleen.

Die aanvallers het met Brand se selfoon en ander items in sy bakkie op die vlug geslaan.

Dit is in dié stadium nie duidelik hoeveel aanvallers daar was nie, maar volgens Pienaar het Brand gesê daar was meer as een.

Brand se gesteelde Isuzu-bakkie is later naby Deneysville opgemerk en kort daarna gevind waar dit buite Sasolburg omgeslaan het. Die bestuurder, een van Brand se vermeende aanvallers, is op die toneel dood verklaar.

Volgens Pienaar word daar vermoed dat die oorledene sy makker (of makkers) afgelaai het voor die ongeluk plaasgevind het.

Konst. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê sy sal later meer inligting bekend maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Bokkie Roets ·

Jammer dat die bakkie beskadig is, Hoop Ronnie herstel spoedig.

Niel ·

nogals ‘n hele entjie. sien nou volgens die google maps afstand is so rondom 45km van Oranjeville na Sasolburg. Wys maar net weer dat die misdadigers ver ry om hulle misdade te pleeg.

helena ·

Kan ‘n mens hospitaal, bakkie en ander kostes van die staat verhaal in sulke gevalle indien ‘n mens nie versekering het ne. Die beserings is normaalweg van so ‘n aard dat hospitaalkoste honderde duisende rand kan beloop terwyl almal nie mediese fondse het nie.

sweis ·

In n eerste wêreld land kan jy wel in n piesangrepubliek dink ek dit gaan moeilik en tydsaam wees met hoë kostes verbonde en geen versekering dat jy sal wen nie.

Petrus Koejawel ·

Die staat het reeds gratis hospitaaldiens…as jy privaat hospitale gaan gebruik gaan jy privaat betaal…as jy privaat voertuie gebruik en nie gratis staats-vervoer nie gaan jy self betaal.

Jan ·

Net jammer dat die ander aanvallers eers afgelaai is toe daai bakkie omgeslaan het.

Ralph ·

Jan, presies soos ek ook voel. Dalk kon een van daardie halfdood kadawers in die hof n bietjie gesing het.

Lalala ·

Die aanvallers moes op n manier daar gekom het so ek glo nie hulle is afgelaai nie dalk net in n ander voertuig pad gegee

Andre Stander ·

Jammer dat die Oom seergekry het en jammer vir die skade aan die bakkie.

Hoop tussen die hospitaal en die versekering is Oom vinnig weer op dreef

Anoniem ·

A bakkie kan vervang word maar,nie n mens se lewe . Sterkte herstel gou GOD se genade is oneindig.

Chris ·

Wit, bruin, swart – maak nie meer saak nie. Jou tyd in Afrika is verby as dit net effe voorkom of jy iets het – geld, kos, eiendom – die skelms kom vir jou! Swak dienslewering? Watwou! Wie bekommer hul daaroor as jy nie werk het om dak oor jou kop te bekostig nie, kos op tafel vir jou gesin, klere en skoene vir jou kinders en ‘n skool om hul na te stuur. Kriminele klim in en gebruik die tikkende tydbom omstandighede …

Hanlie ·

Boontjie kry sy loontjie. Die ou skelm het gekry wat hom toekom. Sterkte Mnr Brand, hoop jy word vinnig beter.

Helen ·

Dalk het die skelms wat oorleef het, doodeenvoudig weggehol. Hoekom sou hy hulle aflaai, as hulle eers wou gaan sit en spog oor wat hulle nou reggekry het. Hulle laat mos maar hul makkers in die steek as dinge warm raak. Gelukkig is hy nie “in die rug gesteek” nie, hy is “per ongeluk” dood. Hy moet maar die kole stook vir sy pêlle.

hercu ·

“Slegte mense hou niks van die Here se kinders nie. Hulle probeer dié mense uit die weg ruim. Maar die Here lag vir hulle. Hy weet hulle tyd raak min! Hulle dag kom. Slegte mense wil hulpelose mense en arm mense en mense wat die regte pad loop, doodmaak, maar binnekort is hulle almal dood. Mense wat sonder God leef, sal deur hulle eie toedoen doodgaan. Al hulle wapens sal vernietig word. Onthou: slegte mense sal nie vir altyd baasspeel hier op aarde nie. Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle” – Ps 37:12‭-‬15‭, ‬17 DB

M ·

Sterkte aan die boer. Vertrou hy sal gou herstel. Hoop dam bakkie kan herstel word …

Natascha ·

Amen, dankie vir die pragtige getuienis. Min mense se dankie vir die wonderwerke van ons Vaders Hand.
Alle Lof en Eer aan ons Vader.

Piet ·

Dit is nie God se wil dat ons die dood van ‘n man vier nie. Maar niemand sal hom mis nie

'n Oog vir 'n oog. ·

Mooi man! net jammer die ander ouens was ‘afgelaai’? die Bybel leer ons ‘n oog vir ‘n oog…. wat jy saai sal jy maai!

mella ·

Ek hoop hul kry vingerafdrukke op bakkie van die ander aanvallers, en dalk kan hul die dooie man se vingerafdrukke verbind met ander plaasaanvalle.Ek hoop die arme man herstel spoedig.

Manny de bruyn ·

Is regtag bly die oom is ok ma is nog meer bly dat die bestuurder nou oorle bestuurder is regtag jammer dit was net eene dammit ma ons geluk is besag om te draai een vi een sal hulle val

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.