Plaasaanvaller wat bejaarde verkrag kry 22 jaar

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 19-jarige man is Maandag in die streekhof in Ladysmith, KwaZulu-Natal, gevonnis nadat hy op Valentynsdag verlede jaar ʼn bejaarde vrou in haar plaashuis verkrag en beroof het.

Maj. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die man, Nkosingiphile Emmanuel Nkosi, is tot effektiewelik 22 jaar tronkstraf gevonnis vir ʼn plaasaanval op 14 Februarie 2014 in die Elandslaagte-gebied. Hy is skuldig bevind op aanklagte van huisbraak met die bedoeling om te verkrag en roof met verswardende omstandighede.

“Nkosi het die dag van die aanval by ʼn boer se plaas opgedaag om ʼn vragmotor te huur,” het Zwane gesê. “Die boer was nie by die huis nie en sy bejaarde vrou het hom op sy selfoon gebel. Nkosi is versoek om die volgende dag terug te keer.”

Nkosi het kos versoek voor hy sou vertrek en die vrou het dit deur die veiligheidshek aan hom gegee.

“Wetend dat die boer nie by die huis is nie, het Nkosi die geleentheid benut om ʼn gruwelike misdaad te pleeg. Hy het gemaak of hy weg loop, maar om die huis gestap en toegang tot die huis bekom deur ʼn agtervenster te breek.”

Hy het die vrou onkant in die huis betrap en haar verkrag. Hy het haar selfoon, ʼn bottel pepersproei en kontant gesteel voor hy gevlug het.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris, het die beamptes geloof vir puik ondersoekwerk wat die skuldigbevinding en vonnis verseker het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Dis darem min straf. Skokkend!! Sulke gemors moet net een straf kry en dis die doodstraf. Nou betaal die belastingbetaler vir hom om op sy gat te gaan sit.

Peet Schabort ·

Is naam kom voor “Emmanuel”. Weet hy wat dit beteken?

Peet Schabort ·

Dit moet lees: In sy naam kom voor “Emmanuel” . Weet hy wat dit beteken?

CHRISTA ·

En hy is maar 19 jaar oud? Wat gaan in so ‘n man se kop aan? As hy sy volwasse lewe so begin waar gaan dit eindig. PRYS DIE HERE hulle het hom gevang. Ek hoop net hy dien die VOLLE 22 JAAR uit en word nie na 5 jaar op parool uitgelaat, soos wat dit standaard in ons land gedoen word nie!!! Op 41 jaar behoort hy ‘n bietjie meer breins te he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.