Plaasaanvallers dalk sélf wit boere – Malema  

Julius Malema, leier van die EFF. (Foto: Twitter)

Julius Malema het Donderdag tydens die aanhoor van AfriForum se siviele saak oor die gewraakte lied “Skiet die boer” voorgestel dat dit nie noodwendig EFF-lede is wat verantwoordelik is vir plaasmoorde nie, maar dat dit dalk wit boere self is.

Hy het selfs daarop gesinspeel dat dit moontlik Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, self kan wees wat die gewraakte woorde “Skiet die boer” op moordtonele verf.

“Wat as dit [Ernst] Roets was wat dit geverf het?” wou hy weet. Roets het verlede week getuig oor die wesenlike toename in aanvalle en moorde in die maande nadat die lied by geleenthede gesing is.

Malema meen daar is kompetisie onder wit boere en dat die aanvallers moontlik boere kon wees. “Wat as die oortreder dié woorde gebruik het om die aandag van hom af te lei en die polisie op ’n dwaalspoor te neem? Net omdat daar EFF geskryf staan, beteken nie noodwendig dat die EFF dit outomaties gedoen het nie. Die vyande van die EFF kan dit ook doen,” het Malema getuig.

“Sal jy dit veroordeel en beveel dat ’n lid van die EFF nié hierdie woorde op ’n muur mag verf nie? wou Mark Oppenheimer, AfriForum se regsverteenwoordiger, toe by Malema weet.

“Enige EFF-persoon wat iemand doodmaak, is ’n moordenaar en moet daarvoor veroordeel word,” was Malema se antwoord.

Oppenheimer het egter daarop gewys dat hy spesifiek wil weet of Malema die gebruik van graffiti – die skryf van pro-EFF-opmerkings – veroordeel?

“Nee, ek sal nie. Graffiti is deel van die struggle. Ons het dit al baie gebruik,” was die politieke leier se antwoord. Hy het wel gesê hy sal dit veroordeel indien ’n lid van die EFF die moordenaar is en dan die opmerkings op mure skryf. “Ons is geen party van moordenaars nie.”

Plaasmoorde ‘nie rasgedrewe’

‘n Bakkie waarop ‘Kill the Boer’ gespuit is. (Foto: Facebook)

Oppenheimer het ook die wrede moord van ’n Vrystaatse ma en dogter wat in 2009 ure lank geteister is voordat hulle vermoor is en hul bloed gebruik is om “Skiet die boer” op die mure te skryf, aan Malema voorgelê.

“Wat is jou reaksie hierop?” wou Oppenheimer weet.

“Dit is misdadigheid,” het Malema geantwoord. Hy het egter geweier om dit as ’n rassisties gedrewe moord te bestempel en self verwys na ’n voorval waar ’n wit boer ’n swart tienerseun wreed vermoor het.

Volgens Malema was die motief van dié betrokke moord wel rassisties gedrewe “aangesien die boer sy mag op ’n kwesbare kind uitgeoefen het”.

Oppenheimer wou toe weet of Malema dieselfde sal sê in die geval van die twee vroue. “Was die martelaars van hierdie twee vroue in ’n posisie van mag?”

“My edelagbare. Ons weet nie of hulle (die vroue) boere was nie. Ons weet nie wat hul sosiale aansien was nie. Sonder daardie feite sal ek net sê dis moord,” het Malema gesê.

“Dit wys net vir my hoe siek jou ideologiese posisie is,” het Oppenheimer daarop geantwoord. “Jy sê dat jy eers moet weet of daardie vroue werkersklas is voordat jy kan sê of daar ʼn magsverhouding is? Dit is verregaande. Dit is so duidelik vir elke persoon in hierdie hof dat iemand wat ’n ander doodmartel, mag oor hulle uitoefen en jy wil dit nie erken nie. Kan jy nie die probleem daarmee insien nie?

“Jou definisie van mag is so naïef en oppervlakkig,” was Malema se antwoord op Oppenheimer se vraag.

  • Malema se getuienis is vanmiddag afgesluit. Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer die respondente na verwagting hul tweede getuie sal roep.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

anniekiewiet ·

Haatdraend, magsbelustig, skatryk, teer op die bewondering van ander wat met haat en naywer grootgeword het. Ek wonder hoe voel mense wat dalk eendag besef wat dit beteken om deur Christus verlossing te kry, dat die lewe nie hier op aarde ophou nie. Daarom bid ons vir hierdie regering en hul ondersteun eers ook.

john ·

Ondersteun hoekom? N regering is dar gestel By God dit is waar maar met n sekere mandate van God lees Romyne so solank hulle die mandate vervul moet ons gehoorsaam wees. Maar sodra hulle evil good and good evil noem verval die mandate en moet ons gehoorsaam wees aan God nie die government.

Pieter9 ·

Die hof is ‘n ideale platform vir die rasis om sy ideologie lug te gee – ek hoop AfriForum se regsspan het hulle argumente in plek.

Gideon ·

Ongelukkig tot dusver lyk dit vir my of hulle sleg 2de kom

Pieter ·

Kan sien winnie mandela en die anc het jou groot gemaak jou brein dood kommunis

Gideon ·

Niks gaan hom keer, hy weet presies wat om te se, voor 2035 is hy president van die land, sad but true

Philip ·

Malemmer daar is n spreukwoord wat se He who lives by the sword will die by the sword.

Nina Uit ·

Soms dink ek, ek kan nie wag nie.. Vir die spreekwoord om lewe te kry.

efjy ·

Kan daar statistieke verskaf word hoeveel wit persone swart persone vermoor en andersom? Ek praat van wit persone wat in swart woonbuurte gaan inbreek en moord pleeg teenoor swart persone wat in oorwegend wit woonbuurte gaan en daar moord pleeg.

Vernon ·

F..dis n wonder MM het jou boodskap geplaas..dankie MM dat dit gelos is.

Boerinmurgenbeen ·

Daar is geen witte wat die dade pleeg teenoor weerlose swartes nie.

Charmain ·

Better to remain silent and be thought a fool than to speak out and remove all doubt – Abraham Lincoln

Adriaan ·

Die Dunning Kruger effek kon netsowel die Julius Malema effek genoem gewees het.

Debbie ·

Ons moet bid vir ons land. Hier is soveel haat en moedswilligheid in ons land. Moedswilligheid om in te meng in skole taalbeleid. Daar is so baie ander voorbeelde wat ek nou nie eers wil noem nie. Dit maak dat ek somtyds moedeloos en kwaad raak. Ek wens hierdie haat en om mekaar heeltyd seer te wil maak en opsetlik te wees, dat dit sal stop.

ES ·

Moet jy nie bekommer nie – hy is besig met baie sake teen die regering. Ek het noudie oggend ‘n ontbyt bygewoon waar hy ‘n spreker was. In sy persoonlike hoedanigheid is hy besig met groot goed.

Johan ·

Mark Oppenheimer is moontlik te lig in die broek vir die saak – Hy bly nie by die reels van hoofondervraging nie – hy delf nie diep genoeg nie – ennraak betrokke in straatgevegte met Malemma – Malemma trek Openheimer in en verander die terme van ondervraging – tyd om julle strategie te heroorweeg – n paar goeie vrae met goeie gevolgtrekkings en Malemma raak benoud soos vandag gewys . Maar julle laat hom wegkom – julle moet julle voorbereiding opskerp en dalk kyk na julle. Hoofondervraging sterkte Johan

Herman ·

Baie waar. Ons het hier met slinksheid van die hoogste graad te make.

Martin ·

Sommige van ons is bestem om dom te wees en is daar iets wat ons daaraan kan doen? Wanneer mense dom stellings maak, is dit my wetlike verpligting om ‘n sarkastiese opmerking te gee. Lig beweeg vinniger as klank. Dit is hoekom sommige mense helder lyk totdat hulle praat…

Marius ·

Die snert wat die man kwyt raak verbaas my , en die beste van alles is dat hy dink hy is reg en dit is waar.
Ek wil net weet wat weet hy van apartheid , want hy was nog nie eers gebore in daai era nie?

ES ·

Marius, hy was darem al ‘n tiener – maar jy is reg, hy het nie regtig enigsins ‘n benul waaroor dit gegaan het nie.

Apartheid se rug is al hol gery, maar ons ry hom tot hy morsdood neerslaan…

Johan ·

Sensasie soeker. Ignoreer hom net want sonder die aandag is hy NIKS

André ·

Hier stand ons nou, 28 jaar later. ‘n Land wat nie aan die meerderheid kan voorsien nie. ‘n Land wat die minderheid beskuldig vir al die probleme oor die afgelope 28 jaar. Al die partye is polities bankrot!

Chris ·

Hierdie is net ‘n side-show terwyl Vanguard en Black Rock ons van ons werklike algehele vryheid stroop – wens daar was dieselfde ywer om hierdie mediese diktatorskap te beveg as wat aangewend word om hierdie “nar” te veg. Soos Forbes oor die” World Economic Forum” doelwitte berig “Welcome To 2030: I Own Nothing, Have No Privacy And Life Has Never Been Better” – en hul sal daarin slaag aangesien die mense wat ‘n verskil kan maak hulself besig hou met hierdie goed – Is dit nodig om vir Malema hierdie publisiteit te gee, en hom te verhewe tot ‘n posissie waarin hy nie hoort nie?

Anoniem ·

Die grootste gevaar is wanneer ‘n dom mens glo dat hy slim is.

Kokerboom ·

Baie geslepe die kader. Hy bereik wat hy wil deur Blankes se gemoedere op te jaag en punte te versamel by sy ANC verwaarloosde kaders. Dit gee hom selfvertroue en maak hom gevaarlik, uitdagend en meer rassisties

Jolanda ·

Die blote feit dat hierdie individu en sy party enige lugtyd kry, is ‘n wesenlike probleem. Maar, dit is wat dit is. “Nuuswaardig”, en daar word berig daaroor. Miskien moet AfriForum hulle regsverteenwoordiger en strategie hersien? Hy was so reg soos ‘n roer vir hierdie ondervraging. Die vraag is: “Wat is die oplossing?”

Andries ·

Ingedampte brein wat altyd aandag en platform soek om sy siek idologie te verkondig.

Yvonne ·

Die man is siek tot in sy diepste wese, n groter dwaas het ek nog nie teegeokm nie

Swerwer ·

Malema speel beslis op die treinspoor. Hy mag uitlatings maak net soos hy wil, want nes Zuma dink en glo hy, hy is verhewe bo die res van die landsburgers. Die spreekwoord lui, ‘n Hond kry sy dag maar ‘n brak ‘n langnaweek. Malema is die een wat rassehaat en rassisme aanvuur.

Norries ·

Boere moet meganiseer waar hulle kan. Slaan vir Malema, die Eff, Anc, en hul volgers waar dit seermaak, hul gatsakke.

Perdeby ·

Malema dink hy gaan weg kom met hierdie “slim” taktiek van hom. Ons almal word nie met 1 velkeur gebore nie, hy en sy volgers sal moet gewoont raak aan die feit dat hulle velkleur wel swart is, wonder of hy ook so sou opgetree het indien hy ‘n wit vel gehad het. Die man is siek verby, en moet hy maar liewers terug Zim toe waar hy vandaan kom. Hy moet hulle gaan help wat tans nie eers kos het nie, want dit is wat hulle aan hulle eie mense gedoen het. Wittes is verjaar en plase beset, net om te sien hulle kan niks sonder die wittes doen nie.

SjN ·

Die man wat n Houtwerk presteerder op skool was, kry hopeloos te veel media dekking.

Genis ·

As n ou bom planter en terroris die staats president kon word, en boonop almal se ikoon is… dan glo my kan die klein vraatjie ook…

Charmaine ·

Regtig. Ek stem saam malema is siek. n Boer sy eie mense verkrag, martel en vermoor.????? Jy het die mentaliteit van n klip

madels ·

Malema is self n wreedaard dis hoekom hy hierdie wrede moorde goedkeur. Hy moet pasop dat een van sy eie volgelinge nie eendag so wreed teenoor sy eie familie sal optree nie. Wat jy saai SAL jy maai

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.