Vyf verdagtes is Maandag in Ladysmith, KwaZulu-Natal, vasgetrek nadat hulle glo vroeër dieselfde dag ʼn man op ʼn plaas in die Harrismith-omgewing in die Vrystaat beroof het.
Brig. Montantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê die 54-jarige plaasbewoner het glo in sy stoorkamer gewerk toe vyf mans hom om 15:10 genader het. Die verdagtes wou na bewering kleinvee koop, hoewel die man vir hulle gesê het hy besit nie enige diere nie.
“Een van die verdagtes het glo die man met ʼn vuurwapen gedreig en hom in die huis in geboender waar hulle hom aangesê het om die kluis oop te maak,” het Makhele gesê.
Die verdagtes het na bewering twee gewere, ʼn selfoon en ander waardevolle besittings gebuit.
Die slagoffer is teen ʼn stoel vasgemaak voordat die mans die huis gesluit en gevlug het. Die man kon glo daarin slaag om homself te bevry en het deur ʼn venster geklim. Hy is na ʼn naburige plaas en die polisie is na die toneel ontbied.
“ʼn 72-uur aktiveringsplan is in werking gestel en naburige polisiestasies en omliggende boere is in kennis gestel oor die vyf verdagtes.”
Die mans is later dieselfde dag op Ladysmith in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal binnekort in die Harrismith-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof. Hulle sal ook in die Ladysmith-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, wat verband hou met ʼn ander, onverwante saak.
En more gee die landros vir hulle borg van n duisend rand elk.
Wat van poging tot moord, daar is dan n vuurwaoen gerig of moet daar eers iemand dood geskiet word?
En boonop was hulle in n skietery met die polisie betrokke by die winkel sentrum.
Hoekom is plaasaanvallers in aanhalingstekens?
Omdat daar nog iets soos “skuldig tot onskuldig bewys” bestaan ….
Die vuurwapens is seker klaar weggesteek vir latere gebruik.
A tip for all farmers: Have two safes. In the one keep a few thousand rand and a pepper pistol. In another one hidden under the floorboards have the real safe.