Plaasaanvallers loop hul vas teen die gemeenskap

Argieffoto

AfriForum se Marble Hall-buurtwag het Maandag, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Heritage Protection Group, plaaslike boere, asook ander organisasies, drie plaasaanvallers vasgetrek.

Dít nadat die vermeende aanvallers ’n boer van die Roedtan-omgewing op sy plaas aangeval en in sy bors geskiet en gewond het.

“Danksy goeie samewerking tussen die verskillende rolspelers kon ons die aanvallers vastrek. Dit is van kardinale belang dat kragte voortdurend saamgesnoer word om veiligheid in en om ons woongebiede te verhoog en misdadigers vas te trek,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo. “Hierdie is nog ’n goeie voorbeeld van hoe gemeenskappe hulself teen misdadigers kan beveilig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ai ·

Doen enige iemand moeite om die gevangde aanvallers ernstig te ondervra oor hoekom hulle die Boere so martel en doodmaak want dis net logies dat dit nie net roof is nie. Ek dink roof is net n bysaak. So word hulle gestuur en wie stuur hulle.

Lindie ·

Ai, ek hoor jou hart maar die manne sal nie die waarheid praat nie? Veral omdat daar nie vir hulle voordeel is nie. In so geval dek elkeen sy eie bas….

Paul ·

Daar is talle gevalle waar daar wel berig word dat mense gemartel word totdat hulle vir die aanvallers sê waar die kluissleutels is.
Ander berigte gee geen goeie inligting daaroor nie, hoewel in sommige gevalle dit wel voorkom of selfs duidelik is dat mense “onnodig” seergemaak word, net uit sadisme of haat.

Maar mens kan nie ignoreer dat dit dikwels gedoen word om inligting oor waardevolle items, soos die kluissleutels, te kry nie. Soek eenvoudig vir die woord “kluis” op Maroela, en daar is klomp berigte oor hoe aanvallers mense seermaak en kluissleutels eis, soos die gevalle vanjaar in Maart by Villiers, Tzaneen, Mooiplaats, Balfour, ensovoorts.

Gert ·

Hallo….hulle hoef nie te se nie ons weet dit al vir jare. Daar is genoeg mense wat intelligensie ontvang van binne kringe oor wat aan gaan. Die vraag is eerder wat doen n mens daar aan. Om die boewe te vang is soos om jou neus te blaas as jy verkoue het. Kort voor lank loop hy maar net weer en jy heg nogsteeds verkoue. Mens moet by die wortels van die kwaad uitkom. En eks bevrees dis feitlik onmoontlik

humor ·

Baie goed. Knap gedaan. Ons hoop egter dat dit in die toekoms so sal ontwikkel dat dit nie so ver sal gaan dat die boer eers in die bors gskiet sal word nie. Misdaadverkoming.

Gert ·

Afriforum – hoekom moet hierdie geleentheid met julle self verering en propoganda gekaap word? Hoeveel van julle ‘buurtwag’ was betrokke by hierdie aksie? Watter verskil het julle gemaak op grondvlak? Die manier hoe Afriforum as die veiligheid verkil makende organisasie hier oorgedra word is komies. Gaan krap daar waar dit jeuk en waar julle werklik presteer as burgerregte organisasie – nie by plaaslike goed funksionerende veiligheids strukture en GPF’s nie

Lampies ·

Gert – Dink jy jou afbrekende kommentaar op Afriforum maak enigsins ‘n bydrae? Dalk is jy die een wat moet gaan krap waar dit jeuk. Dit is bepaald nie agter jou oor nie …

Chris N ·

Ja al die moeite en vrees omdat de Klerk en sy gespuis die blankes uitgelewer het. Sterkte en spoedige herstel aan die boer.

André ·

Mooi so! Ek is dankbaar vir almal wat betrokke is. Hoop ons kan meer hiervan sien

chris slabbert ·

Dankie AFRIFORUM!! Dit is hoekom ek as pensionaris my beskeie bydrae laat aftrek per maand. Afriforum het ons munisipaliteit hof toe gevat en ons waterprobleem uitgesorteer.

Dogter van 'n boer ·

Ek dink dis wonderlik dat ‘n boere gemeenskap so kan saamstaan om die kwaad williges te vang. Knap gedaan!
Dankie vir elkeen wat betrokke was by die inhegtenis name en dat julle sterk gestaan het as gemeenskap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.