Plaasaanvallers se swaar vonnisse verwelkom

Argieffoto

Die Valke in die Oos-Kaap het die swaar straf verwelkom wat vier plaasaanvallers in die hooggeregshof in Grahamstad opgelê is.

Lwandile Aseni (24), Floyd Ayanda Nkohla (35), Zwelakhe Mguzulwa (37) en Furgil Freddie Jaxa (31) is elk 25 jaar direkte tronkstraf opgelê vir ʼn plaasaanval naby Aberdeen in Maart 2017.

Aseni, Mguzulwa en Jaxa het die plaas Makhatees onwettig betree. “Gewapen met ʼn pistool, het hulle die 45-jarige plaaseienaar geskiet en sy 14-jarige seun met ʼn pyp aangerand,” het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die 14-jarige het teruggeveg en Aseni, Mguzulwa en Jaxa het gevolglik van die toneel gevlug sonder om enigiets op die plaas te buit.”

Die pa en seun het die aanval oorleef.

Die Valke het die vier mans in Oktober 2017 aangekeer. “Nkohla was tydens die aanval ʼn werker op die plaas. Die ondersoek het gewys dat hy die een was wat Aseni, Mguzulwa en Jaxa van inligting oor Makhatees-plaas voorsien het,” het Feni gesê.

Die vier is drie jaar tronkstraf opgelê vir sameswering om ʼn gewapende rooftog te pleeg, drie jaar vir huisbraak met die bedoeling om te steel, vyf jaar vir poging tot roof, ʼn totaal van 16 jaar tronkstraf vir twee aanklagte van poging tot moord, ses jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ses jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het die lang tronkstraf verwelkom en gesê die vier se skuldigbevinding en vonnisse is die gevolg van uitstekende ondersoekwerk deur ʼn toegewyde span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

KaterinaKat ·

Boete,as julle moontlik kan, kry wit werkers. Ek se nie 100% alle witmense is perfek en kan nie moord of misdaad pleeg nie. Hoegenaamd nie. Maar dit sal sekerlik tog die risiko verlaag? Gee aan die mense in wit plakkerskampe werk en woning op die plase. Dit kan tog sekerlik nie n Groter risiko meebring as wat tans die geval is met anderskleurige werkers nie?

Stuiwer ·

Katerina, ‘n mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Daar is deesdae geen waarborge meer nie. Jy is net gelukkig as jy betroubare mense kry om vir jou te werk. Ek is bly ek hoef nie daai besluite te neem nie.

Yankee ·

Swaar tronkstraf!! Asb, jy kry meer in Amerika as jy n buurman oor die heining met n albaster gooi.

madels ·

En waar kry ons wit werkers wat HARD WIL WERK en BETROUBAAR IS???

Stuiwer ·

3 jaar – sameswering tot rooftog pleeg
3 jaar – huisbraak
5 jaar – poging tot roof
16 jaar – 2 aanklagte van poging tot moord
6 jaar – onwettige besit van vuurwapen
6 jaar – onwettige besit van ammunisie
Ek kry 39 jaar in totaal.
Hoe word die 25 jaar bereken?

Tronkstraf ·

Nee jong sal nie weet… die ekstra jare is seker wat opgeskort is.

Jaar ·

Daar is mos altyd soveel jaar opgeskort, miskien is hulle tronkstraf vir 14 jaar opgeskort.

Wag ·

Dink dit is so iets… Die straf is 39 jaar altesaam, hulle kan eers nà 25 jasr mos aansoek doen vir parrool maar vir 25 jasr gaan hulle sit waar hul sit!

Pieter du plessis ·

Dit lyk goed en ons moet dankbaar hiervoor wees maar die tronke in suid afrika is oorvol die mense sit vir n paar jaar en word dan vrygelaat op amnestie.Die VSA gee strawwe van lewenslank sonder die keuse van parool ,bedoelende hy sit in die gevangenis tot hy dood gaan ,dit is n swaar vonnis.

Markus ·

Ek stem saam met KK die boere moet die werklose afrikaners wat krepeer in die plakkerskampe aanstel.

Manie van Worcester ·

Dink ons moet liewer dankbaar wees die twee het oorleef en daar is wel vonnis vir die aanvallers al weet ons hulle word volgende week weer vrygelaat

Ria Maritz ·

Doodstraf sou beter wees. Lekker leef hul op die belastingbetaler se geld.

J. van Rensburg ·

Ek stem saam – daar is soveel wittes wat gewillig sal wees om plaaswerk te kan doen – toegegee, nie almal is goed nie, en nie alle swart plaaswerkers is sleg nie- maar persoonlik dink ek boere sal veiliger wees as TOEGEWYDE blanke werkers diekans gegun word om ook vir hulle gesinne te kan sorg. Gaan kyk maar hoeveel mans in “wit” plakkerskampe krepeer omdat hulle hulle werk verloor het, en wat maar meer as gewillig sal wees om weer hulle daaglikse brood te kan verdien….

Lize ·

Ek dink al ‘n geruime tyd dat boere gerus ‘n tipe kibboets-stelsel vir arm blankes op hul plase kan inbring. Toe ek op hoërskool was, was dit die inding om na skool vir ‘n jaar in Israel op ‘n kibboets te gaan werk. Kan dit nie hier ook werk nie?

Ben ·

Stem saam met Lize en Katrina. Ek hou van die kibboets manier. Werk goed in Israel. Kom ons gee ons eie mense ‘n kans. Kies mense wat WIL werk en vergeet van die papier kwalifikasies. Met ‘n bietjie opleiding kan vandag se moderne mense feitlik enige iets verrig. Die ding is egter ook dat ‘n krimineel geen spesifieke vel kleur het nie maar sekere kulture het nie eens ‘n waarde stelsels, dus kan hy/sy nie onderskei tussen wat verkeerd en reg is nie. Ek dink die Amerikaanse stelsel van GEEN parool is ‘n beter afskrik middel as die van Suid Afrika.

Gerhard ·

Het wittes probeer,maar ek kan jou waarborg as jy wit of kleurling van plakkers of ander inrigtings aanstel het jy selfde probleem.

Ben ·

Hoeveel wit mense is in CR se kabinet? Wat van BEE? Het jy gehoor wat ACE gesê het dat swart mense mag nie vir wit mense stem nie? Wat is die verhouding tussen swart en wit in die staat diens, in die SOE ens? Dit is Rassisme.

janneman ·

Mense, dis maklik om te sê gee die wittes werk. Hulle werk vir n week op die langste, dan kom die klagtes….te harde werk, te lang ure, verblyf nie goed nie, salaris te laag ens ens ens,….ek self probeer net blankes in diens neem, maar jy huur en dank 10 af om een goeie een te kry, veral die jonges. Hulle kan nou vir jou kla hoor!!! En as hulle nie hulle sin kry nie, dan kom kla die mamma en pappa ook, en jy word gedreig met arbeidshof, en die polisie ens ens ens….Almal wil op bestuursvlak begin maar het nie eers intree vlak ondervinding nie……so dis makliker gesê as gedaan……ek glo Kleinfontein se bestuur sal julle dieselfde kan vertel….so graag mens wil help, moet jy ook maar na jou boerdery of besigheid kyk, jy kan nie pnbepaald mense vervang wat nie wil werk nie

Alida ·

In SA wil blankes nie daai tipe werk doen nie. Te vernederend glo. In London dra blankes die asblikke en vee strate en fluit n vrolike deuntjie. Tog te bly hy het werk. Met my eie oe gesien.

HPV ·

Dit is ongelukkig soos Alida, Janneman en Gerhard sê, het dieselfde in ons besigheid ondervind. Hulle wil begin op pa en ma se huidige vlak, nie waar pa en ma begin het nie.

Stebastiaan ·

Daai seun kort ‘n ere toekenning vir braadheid. Het hom nie laat onderkry deur ‘n klomp lafaards!!!!

Anoniem ·

Ek stem 200% met jou saam!!! Net 14 jaar oud het hy 4 plaasaanvallers die aftog laat blaas!

Sarel ·

Lang von is? Wie word gebluf. Die vonnisse word ” aaneenlopend” uitgedien wat betekdn day hy dien eers die helfte hit nie. Die wat aan sy/haar hande gesterf kan nie terug gebring word nie

Heksie ·

Baie van my familie en vriende wat nog boer, doen die werk self, want jy kan niemand meer vertrou nie! Ek is net bly dat hierdie manne die aanval oorleef het.

Veerpyltjie ·

Dit is ongelukkig waar dat sommige blankes nie wil werk nie. Ons het al ‘n stel afgetrap met twee jong mans. Sterk, gesond maar net gewillig om te werk wanneer dit hulle pas. Een het na drie maande net gedros en nooit weer van hom laat hoor nie. Die ander een het gedros en na 3 dae teruggekom met ‘n “attitude”. Finale waarskuwing ontvang en toe besluit hy wil nie meer vir ons week nie. Die baas was te streng na sy mening. Daarna het hy die vermetelheid gehad om CCMA toe te gaan en ons te gaan aankla dat hy sonder rede ontslaan is. Dit was ‘n grap, maar ons moes tyd afstaan om die verhoor by te woon. Ons moes wel ‘n bedrag aan hom betaal omdat ons nie die regte prosedure gevolg het nie. Hy het nie die regte hoeveelheid waarskuwings ontvang nie! So nou is ons skepties om enigiemand in diens te neem!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.