Plaasaanvallers skiet op ouers terwyl kinders in huis is

Van die toerusting wat in die veld opgetel is. Foto: Verskaf.

ʼn Vrou is vroeg Woensdagoggend in haar voet gewond toe twee aanvallers toegang tot hul plaas in die Cullinan-omgewing verkry en op haar en haar man losgebrand het.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het net ná 01:00 plaasgevind.

Relien Badenhorst, huisvriende van Johan “Jorrie” en Leanda Jordaan wat albei in hul veertigs is, het aan Maroela Media gesê die twee aanvallers het ʼn moersleutel en ʼn boutsnyer gebruik om die diefwering by een van die vensters te verwyder. “Een het deurgeklim en die voordeur vir die ander een gaan oopsluit,” het Badenhorst gesê.

Die gesin se Jack Russel het begin blaf en Johan het met sy vuurwapen gaan ondersoek instel. Die egpaar se twee laerskoolkinders was ook in die huis ten tyde van die aanval.

“Een van die aanvallers was gewapen en het in die gang ʼn flits op Johan en Leanda geskyn en net op hulle losgebrand. Johan het teruggeskiet en die aanvallers het op die vlug geslaan,” het Badenhorst gesê.

Leanda is in die proses in haar voet gewond en na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Volgens Badenhorst is daar gelukkig geen beentjies in haar voet getref nie.

Van die toerusting wat in die veld opgetel is. Foto: Verskaf.

Daar is onder meer ʼn DVD-speler, skootrekenaar en Playstation-speletjieskontrole gesteel tydens die aanval.

Volgens Badenhorst is van die gesteelde goedere, die wapen wat die aanvallers gebruik het en boutsnyer in die veld aangetref. “Hul spoor is vir sowat 3 km gevolg tot by die teerpad.”

Badenhorst vertel verder van ander voorvalle wat die afgelope ruk plaasgevind het waar daar ook twee stelle spore aangetref is. “Ons vermoed dis dieselfde aanvallers. In sommige gevalle was grensdrade reeds geknip tussen eiendomme. Dis amper asof hulle klaar ʼn wegkomroete beplan en voorberei het.”

Van Dyk het verder gesê dat ʼn saak van gewapende roof ondersoek word. “Daar sal moontlik later nog aanklagte bygevoeg word.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Rooikappie ·

Is poging tot moord nou nie meer n aanklag in vandag se Suid Afrika nie?

van Es ·

AND AGAIN I have shared this news in the Netherlands. I keep on sharing untill someone from the dutch parlement hears me. SA and the Netherlands are connected, many farmers with a dutch background. We have to help eachother! I pray for you.

Buks Barnard ·

Waarvoor ondersoek die pandoers ‘n saak van gewapende roof? Dit is mos duidelik ‘n saak van poging tot moord, of pas die waarheid nie die staat se drogstatistieke nie?

Knap gedaan ·

Knap gedaan! Klein hondjie in die huis om alarm te maak en wapen byderhand. Sterkte met die herstel – bly nogsteeds traumatise ervaring.

Marianne ·

DANKIE HERE die gesien leef en behalwe vir ‘n koël in die voet, is hul ongedeurd.
Ja Jack Russels het die Hart van ‘n Leeu in daardie Klein borskassies.

paul visser ·

en wat gaan jy nou doen mnr.Badenhorst, natuurlik leer skiet!

Leahim ·

En die polisie het dit alweer verkeerd as jy iemand raakskiet word dit poging tot moord as hy nie eers weet wat hy moet ondersoek nie kan jy dink hoe hy die saak gaan ondersoek wat n grap geen trots of medelye met die slagoffers nie.

Help my ·

Help my reg: Ek neem aan dat met moersleutel word bedoel wat ons ken as ‘n ‘bobbejaan spanner’ https://www.strandhardware.co.za/content/images/thumbs/0006201_stanley-18-inch-pipe-wrench.jpeg
Ek verstaan met ‘moersleutel’ word die koppe van boute/moere los- of vasgedraai. Ook bekend as ‘n ‘shifting spanner’. http://naz.co.za/wp-content/uploads/2017/04/shifting-spanner-2.jpg
Eersgenoemde is die ideale gereeedskap want die diefwering kan bykans geluidloos letterlik afgedraai word.
Daarom is sensors buite aan te beveel. Sluit ook maar aan by ‘n sekuriteitsmaatskappy en dra jou paniekknoppie om jou nek bedags en by jou bed snags. Natuurlik geld dit ook vir jou vuurwapen. Verwyder die slotte/magasyne van wapens wat jy nie gebruik en bêre elders.
Indien jy soos ek alleen bly dan maak jy dit ‘n gewoonte om elke keer die diefwering/deur agter jou te sluit of jy nou binne- of buite jou woonplek is. Honde help ook om saam met jou wag te hou snags en bedags.
Wees altyd wakker oor wat om jou aangaan maak nie saak of jy gras sny of ‘n inkopietrollie stoot na jou kar.
Ek kan nie glo dat ‘demokrasie’ dit is wat ons nou het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.