Plaasaanvallers vinniger vry; AfriForum eis swaarder straf

Argieffoto

Argieffoto

Twee veroordeelde plaasaanvallers, wat Pieter en Henriëtta Botes in 2011 op hul plaas, Remhoogte in Mpumalanga wreedaardig aangeval het, se gevangenisstraf is met 15 jaar ingekort.

Dít, nadat ʼn regter van die Noord-Gautengse hooggeregshof bevind het dat die landdros wat vir hulle tronkstraf van 35 jaar agtereenvolgend opgelê het, glo die “erns van die misdaad oorbeklemtoon” het.

“Die regbank het uit simpatie die vonnis van Mzakwe Isaac Madonsela en John Sipho Nkosi verminder. Hierdie bevinding het my stomgeslaan. AfriForum eis swaarder strawwe vir plaasaanvallers,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Cameron sê plaasaanvalle is ʼn krisis wat slagoffers en hul geliefdes, asook plaaswerkers en húlle gesinne én die gemeenskap as ʼn geheel direk raak. “Die Instituut vir Sekerheidstudies se navorsing toon dat ʼn boer se kans om vermoor te word twee keer groter is as dié van polisiebeamptes.”

Generaal Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het tydens ʼn openbare verhoor van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie oor plaasmoorde erken dat sowat 245 boere in sowat 2 227 plaasaanvalle die afgelope vier jaar in Suid-Afrika vermoor is.

“Ons pleit dat plaasmoorde geprioritiseer word. Plaasaanvallers moet ook swaarder gestraf word met die boodskap dat dié gewelddadige misdaadvoorvalle nie geduld sal word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Wat 'n grap ·

Hoe kan die erns van enige moord “oorbeklemtoon” word?! Beteken dit dat die slagoffers se lewens minder werd was as die van ander wie se moordenaars langer tronk straf opgele is? Wat ‘n totale vergrype van mense regte, waardigheid and regverdigheid. Ek hoop van harte die betrokke families neem verdere stappe.

grotman ·

Wat kan mens nou se op dit? Net een ding kom op in my gedagte nml dat die ANC, EFF en al die verontregtes sorg vir hulle eie en basta met die blankes. Hulle kan net so wel n groot rooi target op ons plak.

alletta strydom ·

Hoop die familie van slagoffer het insae nes die Hani familie.

Amanda ·

TIPIES new South Africa. Die new staan nie verniet daar nie.

Amanda ·

TIPIES new South Africa. Die new staan nie verniet daar nie.

Natasha ·

ZUMA EN SY MEDEWERKERS GEBRUIK `N BAIE UITGESLAPE EN SUBTIELE MANIER DEUR OM HULLE VOLGELINGE AAN TE HITS DEUR HULLE HAATSONGS TE SING SODAT ONS UITGEMOOR WORD . HULLE HET IN HUL DOEL GESLAAG. DIE REGERING GEBRUIK NIE DIE WEERMAG SOOS MUGABE GEDOEN HET NIE , EN HY VERKLAAR OOK NIE OPENLIK OORLOG TEEN DIE BLANKE NIE .DIT IS TE OPSIGTELIK VIR DIE BUITELAND .DIT MOET ALLES ONDER DIE VAANDEL VAN NORMALE MISDAAD GESKIET.IN RUIL DAARVOOR KRY DIE MOORDENAARS DAN KONINGKLIKE BEHANDELING EN LIGTE VONNISE . MENSE MOET BEGIN OPSTAAN TEEN DIE REGERING WAT DIE OPSTOKERS IS , DIT IS DAAR WAAR DIE BEGIN PUNT IS OM DIT TE KAN STOP .ONS HET NOG NIE EEN KEER GEHOOR DAT ZUMA EN SELFS MALEMA OOK MAAR IETS PROBEER DOEN HET OM ORDE TE ROEP TEEN DIE MOORDE NIE . BLANKES MOET MASSAAL IN OPSTAND KOM EN EIS DAT ZUMA IETS HIERAAN DOEN . EN OP DIE MANIER KAN ONS NUUS MAAK IN DIE BUITELAND EN WORD DIT DAN RAAK GESIEN !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.