Plaasaanvalslagoffers na VSA ná ‘bedrieglike Ramaphosa-uitlating’

Pres. Cyril Ramaphosa lewer die David Rockefeller-gedenklesing by die Council on Foreign Relations in New York (24 September 2018). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA gaan stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding.

Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, in Washington DC te reël.

AfriForum sal ook 100 kopieë van dié boek aan internasionale meningsvormers stuur en ’n kopie per hand by die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa laat aflewer.

Volgens Roets volg die stap nadat Ramaphosa gister in New York tydens ’n media-onderhoud gesê het dat daar geen plaasmoorde en geen grondgrype in Suid-Afrika voorkom nie.

kill-the-boer-boek-ernst

Ernst Roets van AfriForum. Foto: Reint Dykema.

“AfriForum wil aan plaasaanvalslagoffers en hul geliefdes die geleentheid gee om hul verhale aan meningsvormers, politici, regeringsverteenwoordigers en die media in Washington te vertel.”

Roets bestempel Ramaphosa se stelling as ’n infame leuen en sê dat dit ’n klap in die gesig van die meer as 10 000 mense is wat al op Suid-Afrikaanse plase aangeval is, asook die families van die ongeveer 2 000 slagoffers wat in dié plaasaanvalle vermoor is.

“Daar is geen manier om doekies om te draai of te versag wat die president gesê het nie. Dit is blatant vals,” sê Roets. Hy voeg by dat dit net so bedrieglik is om aan te voer dat daar geen grondgrype in Suid-Afrika is nie.

“AfriForum het dan juis gedurende die afgelope maand ’n hofbevel bekom namens dr. Motodi Maserumule, ’n Gautengse boer, om onwettige grondgrypers van sy plaas te laat verwyder nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geweier het om Maserumule se saak teen die grondgrypers te open.”

Roets wys daarop dat daar in die afgelope twee dekades volgens die SAPD se eie syfers gemiddeld byna twee plaasaanvalle per dag en twee plaasmoorde per week voorgekom het. “Net sedert Januarie vanjaar was daar 320 plaasaanvalle en 43 plaasmoorde op Suid-Afrikaanse plase wat deur AfriForum bevestig kon word,” sê Roets.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

117 Kommentare

Marietjie ·

Ja nee, CR Het hom so pas as blantante leuenaar bewys, en dit is tyd dat die waarheid eens en vir altyd uitgebring word. Afriforum het ons volle ondersteuning!!

van der Merwe ·

Ongelooflik! Waar leef hy – op cloud nine?

Mooi so Afriforum – julle rock. :)

Anna Gast ·

Wel, as hy op cloud 9 bly glo hy seker nog aan die Tanne Muis; Die Paashaas en Vader Krismis.

Hy wil Ons Land regeer . . . en by die VN leuens vertel.

Afriforum het my steun.

ghwai ·

Baie dankie AfriForum & Ernst Roets! Die twak wat Ramp-hosa en sy trawante aan die buiteland verkoop, moet voortdurend van alle waarheid ontbloot word!!!

pieter ·

Van twak gepraat – ek dink hy het die wettige twak gerook en toe papegaai streke uitgehaal.

E.K. die eerste ·

Ek hoop hul vat videos en foto’s van ander slagoffers saam sodat hul die grusaamheid van ons daaglikse lewe kan sien. Liegbek CR – sies virf jou man. Geen plaasmoorde – wat is dit dan???

c ·

Ek dink dit is ‘n baie goeie idee, maar sit terseltertyd en dink wat as die mense nie die finansies het om soontoe te gaan nie, gaan daar darem dan instansies wees wat die mense sal kan help?

Pocahontas ·

Afriforum stuur hulle… Dit beteken Afriforum betaal vir als

Sandra ·

Dis tyd dat die hele wereld sien hoe lieg ons president. vat die bewyse na hulle VSA toe dat hulle hom kan ontmasker. Vir die leunaar wat hy is.

apie ·

Jan, die wereld op alternatiewe media kry baie meer aandag as koerante soos news24. Dit is omdat mense die waarheid vertel sonder blik of bloos – jy moet net fyn uitsoek en nie enige snert glo nie. Miljoene mense praat daagliks oor hierdie onderwerpe. Kyk rond op die internet, en jy sal sien dat die wereld – die Weste, en ook die Oosblok lande, baie fyn kyk wat hier aangaan- dit is belangrike inligting vir mense wat behoudend is en gesnaar is om hul kulture en vryhede te bewaar. Hulle is ingelig en hulle kom in opstand teen linkse media.

ne ·

CR glo wat hyself sê. Soos JZ glo hier is nie staatskaping nie.
Dankie Afriforum dat julle ons belange behartig.
Iemand moet wakker slaap om ons belange te beskerm.

Willem ·

Kom ons sê vir Jerry, daar is mos nou gaan alternatief en ander roete om te volg nie.

marous ·

En sy parradys is ook nie onder die korrupste en gevaarlikste in die wereld nie . En sy broodjies bak met almal wat die VSA haat is nie waar nie . En hy het geen instruksie oor Marikana gegee nie. En hy vermy sy korrupte voorganger wie hy gedwing het om te loop soos die plaag . En hy sal die Vaalrivier se water elke dag skep en drink .

Adam ·

Beide. Wat leuens verkondig aanbetref is die stryd tussen hulle ook gelykop.

Jan ·

Hulle is vriende vir baie jare al.alle politici insluitend trump is maaragteraf vriende met mekaar al maak hulle if hulle vyande is.

Elene ·

Mnr Pamaphosa woon u in dieselfde land as ek???!!! Ek glo nie!!!! Suid Afrika waar daar elke naweek 3 tot 4 ernstige plaas aanvalle is?????!

Carmen ·

Al die Liberale sal hom glo, en die Amerikaanse media sal dit ook so aanhaal!

Hettie ·

CR dink almal is so maklik beinvloedbaar soos sy kiesers ! Sommige mense het verstand en kan dink en vrae vra !

Hen ·

Die amerikaners inskuitend trump voel vere vir die afrijaners hettie..

AJ ·

Die ANC is verrot tot in die kern en daar is geen kans op herstel of hervorming nie.

Suid Afrika is nou oor die afgrond … en moet dringend onder die Verenigde Nasies se administrasie geplaas word om ‘n bloedbad te voorkom.

Eers nadat die Staatskaping vervolgings afgehandel is … en ‘he … he… he…’ veilig agter tralies sit, sal daar weer ‘n regverdige verkiesing gehou kan word. En sal die nuut verkose regering weer die land kan regeer.

Nel ·

Lekker Afriforum gee die paddapot- sjef ‘n oordentlike bloedneus…

Spike ·

Stuur asb foto’s van die tonele na Mnr. Trump en diesulkes. Sodat hulle kan sien aan watse leunaar se hand het hulle gevat. Hierdie mense erken nooit ñ fout nie. Het saam met hulle groot geword en gespeel.

Nikita ·

Ekt gehoor daar is n dik pak files met bewyse reguit oppad na Trump se tafel toe. Wil sien hoe gaan hulle nou die waarheid geweld wil aandoen. Sal nie verbaas wees as daar sanksies ingestel gaan word nie….en of die regering gaan weet hoe om dit te hanteer sal net die marsmannetjies weet!

Jan ·

Trump weet al baie jare wat hier aangaan en vd plassmiorde ens maar hy voel vere vir die afrikaners want hy werk agteraf saam met china dis afriforum wat dom is nie ramaphosa. Nie.

Piet ·

Ramaphosa kry jy nie skaam om sulke stellings te maak nie terwyl daar daagliks in die media en radio berig word van aanvalle op blankes. Ek dink ‘n bose leuen gees het besit geneem van die regering om sulke uitlatings te maak. Dink julle werklik dat julle gaan weg kom met sulke liegstories.Wie kan nog hierdie regering vertrou en die buiteland sal nog julle bedrog agterkom en optree, wat slegte gevolge vir die land sal meebring.

Oom Kalahari ·

“Afriforum”, dit is tyd dat jul die groot dobbelstene begin rol, want Rampadda en L.Sisulu is besig met heuningkwaste en stories uit die boek “Kry jou graad in lieg”. As daar nie vinnig aandag geskenk word in watter omstandighede SA werklik tans is gaan dit oor 05jaar Zim soos ‘n sprokies verhaaltjie laat lyk.
Dit is nou of nooit om die wereld wat regtig omgee en in te lig oor minderheids groepe verdrukking, moorde en grond vergrype. Kalie Kriel en Ernst Roets, jul is professioneel en het die ware feite en ondersteuning van menigte en ons vra vandag u hulp en ingrype om die waarheid te ontbloot.

Jan ·

Trump weet al jare wat hier aangaan maar hy voel vere hy werk saam met china agteraf.trump konkel al jare saam met dikatatots ens.

Nico ·

Ek wil sien hoe lieg hy hom uit daai een. Vat asb bewyse saam met video en saak nommers dan kan hul dit bie ontken

Celtis Africana ·

Skokkend om die minste te sê!
Dié liefde vir die leuen van die president is eenvoudig verstommend.
Beslis aanduidend van die slaafse navolg van n agenda waarvan ons nie bewus is nie
Mag alle burgerregtegroeperings en waarheidsliefhebbers die altivismeskakelaar op volsterkte draai!

Johann M van Heerden ·

Knap gedaan Afriforum. Julle is beslis nie volstruise nie en daarom ondersteun ek julle. Ons moet eenvoudig nou vasstaan. Moet julle nie steur aan ons linkse pers en hulle hanskakie kommentators nie.

MS ·

Wat op aarde het CR gedink gaan gebeur as hy sulke leuens daai kant vertel? Wat nog erger sal wees, is as CR regtig dink daar is geen plaasmoorde/grondgrype in SA nie.

Willem ·

Dan wil seker mense dit op die forum hê die katjie moet met sagte handskoene aangepak word, dit predik versoening en uitreiking na hulle toe, maar intussen het Cyril Ramaphosa nie ‘n saak nie, hy storm net voort met sy leuns.

Ek dog ek sê maar net... ·

Willem Willem Willem…party mense dink om te versoen gaan maak dat hulle hul luxury leefstyl behou…dit gaan goed met hulle hier. Hulle het werklik geen klagtes nie. So probeer verstaan dat Jerry glad ook self nie omgee nie…solank hy of miskien sy (?) die goeie leefstyl behou. Hy/sy bedoel net goed…die wat baie swaar trek onder die regeering moet doodgwoon staan en toekyk…met n smile en ñ “polite” kopknik.

koos1 ·

Sy optrede of gebrek daaraan tydens sy adjunk presidentskap was vir ons toe duister, maar nou begin dit baie goed wys. Hy is besig met ‘n anti wit veltog.
Die ergste is dat ander lande hom en die ANC glo. Hulle het mos alles geglo wat die ANC hulle gevoer het tydens apartheid.
Ek wonder of hy nog aan kersvader en die paashaas glo?

johan Bierman ·

Ramaphosa is goed, better as baie ander. Hy het die NP en sy waghond FW gekry om sy nasie uit te verkoop. Hy is verantwoordelik vir Marikana, niks oorgekom nie, bevordering gekry na Saats President van die Bannana Republiek. Hy staan en kyk almal in die oe, lieg vir almal en hulle klap hande vir hom. Hy kry die 1st Lady van Brittanje om saam met hom te daans. Hy sal ons volk nog vermoor saam met sy skoot hondjies Juluis en BLBF. Enigste mannier is vir goeie mense soos Afriform om die wereld te wys watter tipe mense in SA is. Mense asb, maak donasies and Afriform sodat hulle die families kan saam vat.

KP ·

Ek wil nie negatief of bevooroordeel wees nie maar Trump en die VSA gaan hulle min steur aan SA en sy mense. Daar staan hy hand aan hand met n terroris, met n groot glimlag. Hulle stel meer belang oor wat daar vir hulle in is in die land met sy korrupte regering.

Peet J ·

Ek is oortuig daarvan dat Mnr. Roets, nou die bul by die horngs pak , seker nie nodig om die plaasaanvalslagoffers of hulle families oorsee te neem om die regering se uitlatings oor plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding asook die toekomstige wysiging van die Grondwet , teen te staan nie . Onderhoude en videos met die betrokkenes asook inligting van die SAPD wat die sake ondersoek maar gewoonlik met die verskoning kom ” niemand is nog inhegtenis geneem nie ” behoort seker ook voldoende te wees. Let Wel grondonteiening is meer en deel daarop gemik deur die regering om landbougrond aan die ontvanger te voorsien wat laasgenoemde daarmee gaan maak is sy saak die ekonomie is nie vir hom van belang nie .

bgj van der westhuizen ·

hy het sy naam p…. gemaak in die usa maar nou kan die wit mense sien hy is net vir swart en wit mense is niks in sy oe nie

Carlien ·

Stuur vir Trump die fotos van die slagoffers in ons land asook elke berig wat daagliks in die media verskyn oor plaasmoorde. C.R. is n leunaar van formaat, blik of bloos nie eers oor die nonsens wat hy kwytraak nie… Hy skep mos vir homself n paradys agter sy hoe mure en met al sy lyfwagte.. Ons gewone landsburgers kan maar net bid dat ons nie volgende op elke koerant die volgende slagoffer is wie se storie vertel word nie…

Nel ·

Jy is tot ‘n mate toe reg KP, maar onthou die wêreld is al so g#tvol vir Afrika se ‘shenanigens’ en gebakhandstanery dat dit nie te vergesog is om te dink dat Trump hom nie deur daai breë swart smile om die bos gaan laat lei nie. Trump is beslis nie Roelf Meyer nie.

hannetjie ·

Dalk is mens net ‘n boer..as jy baie plase het en baie buffels en beeste het en ‘n miljarder is?

Willie ·

As jy kan lieg kan jy ook roof en moor . Van kodesa se dae af nie een wat daar betrokke was vertrou nie . Hier bewys C. R . dit weer .

Krimpvarkie ·

Jy kan geen president van SA vertrou nie kyk hoe lieg hy sies wat n voorbeeld van ons land SA en hy gee hom so voor vir n goeie president nee wat hy pas sy naam weggooi hulle kook die getalle van ons syfers ons land is vir ander buitelande n groot grap

Jacques ·

Mnr . Ramaposa , ek weet jy ken my nie maar ek is n druppel in jou inkomste emmer . Ek wil net vir jou se jy het al my respek verloor vir jou en al jou kaders , om te dink dat almal in die land gaan sit en kyk hoe jy ons land se naam met n plantasie slaan nie te min n plank .
Jy en al jou kaders is n klug en sorg op die einde van die dag net vir julle self . Jy het bloed op jou hande en dan se jy alles is reg in die land . Dit is soos me sisulu wat se die hool se burgers is wetsgehoorsaam . Ek stel voor jy dink volgende keer voor jy snert kwyt raak . Regtig ?????

Johann ·

Die vermetelde arrogansie!!!! SHAME IN YOU RAMAPOSA! Leunaar… leunaar leunaar!!!!! Jy is kern korruo verteenwoordigend van jou ANC kaders. GEWETENLOOS oor die wat vermoor, verkrag, vermink is. Ej skaam my GAT af om te dink mense assosieer jou met my land en my volk. Jy staan openlik massa volksmoord voor met jou leuns. LEUNAAR!!!!

Anoniem ·

Vir wie probeer die President mislei, ons bly in ‘n Global Village, inligting beweeg deur die wêreld soos ‘n weerligstraal ??

Hannetjie ·

Mens is seker net ‘n boer as jy baie plase…baie buffels en baie beeste het..en as jy ‘n miljarder is

Casper Labuschagne ·

Toe ek gisteraand lees dat president Ramaphosa aan Bloomberg gesê het dat wit plaasboere nie in Suid Afrika doodgemaak word nie, het ek so stilweg gewonder of Kessie Nair nie dalk ‘n punt gehad het nie, toe hy self laas week sekere dinge aan Ramaphosa toegesê het.

Arak ·

Cyril weet hy lieg.
Ons weet hy lieg.
Cyril weet ons weet hy lieg.
Tog wil hy net nie ophou met sy leuen nie.

Netso ·

” Politiek ” is inelkgeval ñ liegbek leungedrewe praktyk punt!! Wat het julle gedink gaan die marionet presedent nou in VSA iets sê wat hulle nie weet nie?

Jerry ·

Mense asseblief, julle span alweer die wa voor die perde in. Beteul julle opgewondenheid totdat daar positiewe resultate voortspruit uit die sending!

RG ·

Kan jy ons verkwalik. Ons het so lanklaas ‘n ware leier gehad, ek voel ek wil bars van trots op hierdie MAN!

Piet ·

Willem jy is seker darm bly dat die kerel se opstelle deesdae korter is. Jy kry mos dikwels mense wat baie praat maar niks se nie, dan luister ek eerder na Malema want sy standpunte is duidelik.

Breytenbach ·

Jerry ek glo jy is eintlik Max maar jou skietgoed raak al hoe minder. Realiteit skop nou in.

alida ·

Kom mense dit is nou die tyd om saam te staan. Skenk geld aan Afriforum dat hulle ‘n genoeg het om ‘n paar slagoffers se familie kan oorstuur met fotos en bewyse. Hulle moet sommer die uitsprake van die belaglike vonnisse ook saamvat. Een persoon per familie. As 20 of 30 ouens kan gaan en hulle saak gaan stel is dit al ‘n groot deurbraak. Kom ons bewys CR verkeerd in die VSA. Laat die geldjies kom ASB. Julle kerm altyd ons kan nie saamstaan nie, Nou is julle kans om dit te doen.

Karoodonkie ·

Ek wil graag weet hoekom die DA so stil is terwyl hulle hoor dat CR leuens kwytraak.

Fielies ·

Net soos die EFF en die BLF is die DA ook net ‘n ander gesiggie van die ANC.

Johan ·

President Ramaphosa het weereens bewys hoe statistieke verdraai kan word!

Realis ·

Hulle sê mos statistiek is vir die redenaar soos ‘n lamppaal vir ‘n dronke. Hy staan nie daar vir die lig nie, maar vir die ondersteuning…

Pinocchio ·

NEE DIS GOED DAT HY NOU GAAN LIEG HET DAAR, nou kan die WERELD sien watter leuenaar hy eintlik is. Ja daar is LIBERALE wat hom gaan glo, maar hy kan nie meer teen die PLAASMOORDE veg nie .. nie eers teen sy EIE polisie se STATISTIEKE nie .. laat die WERELD sien wie is RAMAPHOSA …

Hannah ·

Mnr Ramaphosa Is jy nie ook ‘b boer nie? Jy best self verskeie plase nie waar nie? Boere is nie net blank nie.
‘ n Uiterse gevaarlike en onbedagsame uitlating.

Nadine ·

CR het sopas vir die werled bewys dat hulle agter die plaasmoorde is en niks voel vir wit mense nie.

Ida ·

Ek is Saterdag 22 September 2018 op TUT GaRankuwa aangerand deur ñ student wat ñ geskeduleerde toets ontwrig het. SAPolisie se oplossing – arresteer beide en hou vir lang naweek in selle. Dink jy ek gaan dan ñ klagte maak.

Hendrik ·

Wel ek hoop nie al julle mense wat beswaar maak teen die leuens van die regering gaan nou die 2019 algemene verkiesing boikot nie. Dit gaan ondemokraties en moeswillig wees.

Nikita ·

Dis omdat “hierdie mense” the “our people” al lewe hier in SA asof ons wittes nie meer hier bestaan nie! Gee net nie n flenter om nie. Ons sal nou sien Rampmaphosa…jy en jou regerende party en die ander gepeupel, julle het al julle name met n plank geslaan hier in SA…maar geen skaamte hier nie….so mooi gaan nou oor na die wereld en gaan slaan hom daar ook met n plank! As julle soos gifappels wil optree, sal julle gou uitgevang word. Ons onskuldige mense se lont raak nou erg kort!

Anneli ·

Ons weet nou sonder enige twyfel dat President Ramaphosa ‘n leuenaar is. Ons leef elke week met die grusaamheid van plaasmoorde.
Ons kan in gesprek tree met President Ramaphosa soos baie mense voorstel, maar ons kan hom nie vertrou nie
Dan Kriek en geesgenote, wees gewaarsku!

Msp ·

Die arme man het geeeeen idee wat in sy eie land aangaan nie.

Peet J ·

Ek doen ‘n beroep op die ANC regering verdeel die land, een gedeelte vir die witman wat daar wil gaan bly en sy eie voortbestaan wil bewerkstellig en die ander gedeelte vir die swartes wat landbougrond verlang om te kan boer of te wil boer. Die wittes wat nie belangstel nie kan bly waar hulle is. Ek kan jou waarborg CR die helfte van hierdie land se probleme sal dan opgelos wees en jy sal sien die groottrek is besig om toe te neem .

Jager ·

Afriforum kan gerus vir ons as voorbeeld gebruik, as klein boere is ons deur diep water en het ons ‘n plaasaanval oorleef waartydens hy geskiet is, ons word nou verder gedreig met onteiening, waar stop dit het ons nie al genoeg verduur nie?

Driekie ·

N Mens kan byna nie glo dat n president so skaamteloos kan lieg nie. . Die waarheid sal wel uitkom….So n hoe amptenaar is dan veronderstel om n eerbare persoon te wers….. Dit bewys maar net …

wonder net ·

Ek wonder net, wat as Afriforum ook n paar regerings mense of mense met gesag, kry om vir ń maand hier te kom bly en dan al die aanvalle en moordtonele self te besoek en daaroor verslag te lewer. Hulle sal seker ook geglo word?

Rina Kotze ·

Dit is ‘n baie goeie plan!!! Stuur dit vir Afriforum!

Roger ·

Rampokker en sy bende verlekker hul in elke boer se dood…nog nooit dit veroordeel nie en nou lieg hul ook daaroor.

CR Swart ·

Wonder of die plaasaanvalle die VN se manier is in SA om verstedeliking te bespoedig as deel van Agenda 21 en die 2030 doelwitte?

Dis so ·

Wat wil afr forum bereik met die besoek? Hou asb op om te dink die buitelanf gee om en vetal vit die wittes. Dit gaan ten minste 50 jaar neem om al die propoganda teen apartheid en die blankes(almal) se ril daarin te verander. So ek sien hierdie as sny my neus af om my gesig te “spite”.

Alex ·

@Dis so. Kan jy dan nie insien dat jy in die 50 jaar leef waarin hulle juis probeer om menings te verander nie. As hulle dit nie doen nie, gaan dit dalk 80 jaar neem.

Liezl ·

Iets wat hulle altyd vergeet is om te sê hoeveel mense word geraak deur hierdie moorde en hoeveel se lewens het totaal verander en die vertroue wat dit in die mensdom het is verwoes. 2000 mense vermoor, oor die 10 000 mense wat aangeval is. Elke persoon het vriende en het familie van ongeveer 30 + (dis maar ‘n skamele, jy kan in jou eie lewe tel hoeveel mense spesiaal is in jou lewe) 2000 x 30 + 60 000. Dit is skrikwekkend dat 60 000 mense rondloop onder ons met hartseer, met verlange, met angs, met woede wat nooit weer tot normaal sal terugkeer nie. Liewe Vader, wees ons genadig, kom tot ons redding.

Rina Kotze ·

Dankie Afriforum vir dit wat julle doen!

Ek wed julle hy gaan nie eers die boek lees nie, dit of weggooi of dit gaan lê en stof opgaar!

Goeie idee dat die slagoffers self hul verhale gaan vertel, die wêreld is besig om dit raak te sien en die ANC kan dit nie meer wegsteek nie!

Die waarheid kom uit en hulle hou nie daarvan nie!!!

theuns ·

Wat julle nou hoor en sien is ‘n voorsetting van die leuns wat deur die ANC aan die wereld verkondig is voor 1994. Om leuns te vertel is ‘n soort “propaganda van ontkenning” wat deur wereld leiers geglo word, veral as daar nie bewyse tot die teendeel gelewer word nie. Dit is hie waar Burger Organisasies soos AfriForum en Solidariteit ‘n belankrike funksie lewer. Grafiese voorbeelde soos foto’s van moorde, maw skokkende materiaal, is al wat die wereld sal oortuig. Ek stel voor iemand stel ‘n foto Joernaal saam met al die fotos van vermoorde boere wat aan al die leiers en ambasadere van die wereld geskenk kan word. Kom ons kyk dan of hulle sal voortgaan met hulle leuns!

Verstom ·

Katie Hopkins se dokument sal wyd en syd versprei word om CR as ‘n LEUNAAR te ontbloot.

Theresa ·

Sophistication can never be marked by lies.
So there is no sophistication to be seen at highest level. What a terrifying pity.
If rulers hated wrong doings in past decades – why are they doing even worse?! This country could have been an example of different cultures and races living together in a country, striving to do good; reach for the stars and be a peaceful nation. NOT looking back; NOT being jealous; NOT allowing murder, rape, human trafficking and lawless vehicle drivers (only a few priorities in a law abiding country).
What a pity that has not been a priority to be a success story to leaders so far.

Blaarman ·

Ja nee… Mamparraphosa lieg met soveel gemak. Kan sien hy doen dit al vir jare!

Pottiekaner ·

Rus-in-vrede, Piet en Tilla van Zyl.

Julle sal nie vergeet word nie. Ons sal dit nie toelaat nie.

Ben Niemand ·

Kom ek speel nou maar duiwelsadvokaat. Ek sien in die artikel word genoem van 2000 slagoffers wat op plase vermoor is. Ons wonderlike president reken seker, sienende dat daar seder 1994 al oor die 400’000 mense in Suid Afrika vermoor is, kan hierdie syfer van 2000 seker maar as “niks” afgemaak word?

Jakkalsdraai ·

Wys mens net, jy kan niks glo wat die leuenaar praat nie!!!

J HOLTZHAUSEN ·

Mooi so AFRIFORUM! Jul doen beslis wat julle kan! Dankie!

Elize ·

En ons president hou vergadering met George Soros!!!dit voorspel niks goeds vir ons land en demokrasie nie…

Jan ·

Trump voel vere vir afrikaners hy is vriende met china en baie ander diktators.adriforum se veldtog is n grap die buiteland voel vere vir blankes en afrikaners en sal ook nooit tot ons redding kom nie.

Jan ·

Trump weet al baie jare wat hier aangaan en vd plassmiorde ens maar hy voel vere vir die afrikaners want hy werk agteraf saam met china dis afriforum wat dom is nie ramaphosa. Nie.

Judge Dredd ·

Mooi so Afriforum !!
Doen so voort!!
Ek sien die libleke en hans-kakies raak gefrustreerd !!

chris ·

maak nie saak wat ou C.R gese het nie, die buitelanders kan mos op die nuus kanale sien
dat hy leuens vertel, hoe obvious is dit nie

Nita ·

Talle slagoffers van plaasaanvalle is nie dood ten tye van die aanval nie. Vele slafoffers sterf dae,weke of maande na die aanvalle in die hospitaal. Ek hoop die slagoffers se getalle is ook ingereken. N syfer wat Trump ook moet kry is die swart op wit misdaad en die wit op swart misdaad. Tensy hy ook blind of doofstom is, sal hy dan duidelik sien wie die rassiste is.

Mr B ·

Ek soek die Politieke Partye,DA,COPE en VF+ om saam te staan en beswaar te maak oor die leuens van ANC se president by die Verenigde Nasies. Daardeur sal hul ook vir Afriforum baie help.

Du ·

Ons moet nie net die verantwoordelikheid op Afriforum se skouers plaas nie , ons moet ons moet ook self FEITE op sosiale media plaas en vriend een familie oorsee vra om te help. Ek het dit al voorheen gese die eff is niks anders as anc se militante vleuel, daar was vroeer baie “spanning” tussen Die 2 ma dis net eye blind

Jan ·

Jys reg mzat daars n groter probleem naamlik dat trumpd en die anc ook. Kop in een mus. Is en boonop beide ondersteun en word ondersteun deur china.die spanning tussen die vsa en china is ook maar oeverblindery…..

Jan ·

Jys reg mzat daars n groter probleem naamlik dat trumpd en die anc ook. Kop in een mus. Is en boonop beide ondersteun en word ondersteun deur china.die spanning tussen die vsa en china is ook maar oeverblindery…..

Chris ·

Roelf Meyer het al in die laat 80’s by die Ruiterwag al vir ons vertel watse groot huis vriende hy en Ramaphosa is. Seker die dat Meyer ‘n ambassadeurs pos gekry het.

Realis ·

@Elize – F W de Klerk was ook destyds hand om die blaas met George Soros! Nothing new!

Boy van die Suburbs ·

Ja Chris en kyk waar het die gegat kruip ons vandag……..

Herman ·

Blankes word nou al meer geboelie in alle fasette in ons SA samelewing.
Die verstelling op die plaat varieer net nou en dan, maar geleidelik meer op as af….
Ek ondersteun Afriforum trots.

Jan ·

Afriforum werk ook maar agteraf saam met die anc.hulle weet hulle veldtog is oneffektief maar hulle soek geld…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.