Plaasbaba maak onverwagse verskyning

Argieffoto

Argieffoto

Craig van Rensburg en Sekese Ramachela, paramedici van ER24, moes “vroedman” speel toe ʼn vrou onverwags op ʼn Noord-Kaapse plaas in kraam gegaan het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die twee kollegas is Maandag in die vroeë oggendure na ʼn plaas tussen Riverton en Barkley-Wes, noord van Kimberley, ontbied deur ʼn vrou wat in kraam was.

“Toe hulle by die plaas opdaag het hulle gesien die vrou ervaar kontraksies. Sy is dadelik in ʼn ambulans geplaas om na ʼn hospitaal te neem,” het Bodasing gesê. “Die seuntjie kon egter nie wag om sy mamma te sien nie en het skaars twee minute nadat die ambulans die huis verlaat het, besluit om sy opwagting te maak.”

Van Rensburg het dadelik die ambulans op ʼn laagwaterbrug op die plaaspad tot stilstand gebring en sy kollega bygestaan om die huilende babaseuntjie in die wêreld te bring.

“Die naelstring was om die baba se nek, maar hulle kon dit vinnig verwyder. Die baba is warm gemaak en in sy ma se arms geplaas.” Ma en baba is in ʼn gesonde toestand na die MediClinic Kimberley geneem en is dieselfde dag ontslaan. Die seuntjie weeg 2,73 kg.

“Sekese was baie opgewonde want dit was die eerste keer dat hy ʼn baba in die wêreld help bring het. Craig en Sekese is albei bly dat die ma en haar seuntjie gesond is en goed vaar,” het Bodasing bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oulik ·

Baie oulik julle 2 lewensredders!!!!! Wat egter bietjie interessant gaan wees is baba se geboortesertifikaat, plek van geboorte : Laagwaterbruggie plaaspad Kimberley

Gesiggie ·

Ag te dierbaar, te danke aan die 2 opgeleide mense, kon die baba seun veilig gebore word… As ek die Ma is sal ek hom : Se-Crai noem, n kombinasie van Sekese en Craig…. net n voorstel…. Well Done jul twee…

Testertjie ·

Bly daar is darm goeie nuus. Sterkte vir die Ma en baba.

Humor ·

Hier in Namibie is dit eintlik nie nuuswaardig nie. Met ver afstande van plase gebeur sulke geboortes daagliks. Natuurlik sonder enige hulp van paramedici

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.