Plaasbestuurder gedink hy is net paranoïes voor aanval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

Ferdie Jacobs, die plaasbestuurder op ʼn plaas buite Louis Trichardt, was die afgelope ruk skrikkerig en het gedink hy is net paranoïes toe hy Woensdag helder oordag voetstappe in sy huis op die plaas hoor.

“Ek het gedink ‘kom ek gaan kyk net’ en toe ek in die sitkamer kom, toe gryp hulle my,” verduidelik Jacobs Donderdag aan Maroela Media.

Hoewel hy getroud is en kinders het, woon Jacobs (34) in dié stadium nog alleen op die plaas op die Witvlagpad buite die dorp waar hy sowat ʼn vyf maande gelede as plaasbestuurder aangestel is.

Te midde van sy dagtake is Jacobs gister net voor 11:00 gou huis toe, en was skaars in die huis om kos te begin warm maak toe hy voetstappe elders in die huis hoor.

Jacobs het gaan ondersoek instel in die sitkamer van die plaashuis waar twee aanvallers hom ingewag het. Een van die twee het hom toe hy die vertrek binnekom van agter met ʼn skerp voorwerp oor die kop geslaan. “Ek het my hoed op gehad en het gelukkig nie ʼn erge wond aan my kop opgedoen nie,” sê Jacobs, wat wel snyplekke aan sy bobeen, maag en arm tydens ʼn struweling met die aanvallers opgedoen het.

“Ek was uit. Ek het daardie dooie skokgevoel gekry en my liggaam het lam geword voordat ek my bewussyn verloor het. Ek verbeel my hulle het my met ʼn soort instrument van agter geslaan.”

Die aanvallers het daarna met kontant en Jacobs se baadjie wat hy vroeër in die kombuis uitgetrek het, op die vlug geslaan.

Jacobs het nie sy aanvallers herken nie. “Hulle was onbekende gesigte en het glad nie gepraat nie. Al wat ʼn mens kon hoor was die stoeigeluide,” sê hy.

Jacobs kon later daarin slaag om orent te kom waarna hy hulp ontbied en later hospitaal toe gegaan het om steke aan sy arm te ontvang. Hy is in die hospitaal opgeneem en is vanoggend ontslaan.

“Die polisie het gevra dat ek voorlopig nie op die plaas bly totdat die verdagtes in hegtenis geneem is nie. Ek het toe gou my klere op die plaas gaan haal en dit was ʼn vieslike gevoel [om daar te wees],” sê hy.

Volgens Jacobs het die voorval hom nou eers, ʼn dag later, getref. “Die ding speel oor en oor in my kop. Ek was eers deurmekaar, maar nou begin dit inskop.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Waar ·

Waar gaan dit eindig? Tot elke boer en wit mens dood is in die land? Bly jys okay meneer. Mag God met elke wit boer in die land wees.

Anoniem ·

Nee Pieter nee, dit gaan ons glad nie toelaat nie – God is in beheer

VERTROU !!!!

KaterinaKat ·

Ek is so bly jou seun het oorleef, Gerda!! Wat n nagmerrie het hierdie land geword..

Sarel ·

Hoeveel keer gaan daar nog vir ons mense gese word, dit is nie of jy aangeval gaan word nie maar wanneer. Ons word dan nou al gevra om sekere paaie waarvoor belasting op belasting gehef word te vermy eerder as wat n plan gemaak word om die misdaad aan te spreek. Slegs misdadigers het vryheid van beweging in SA.

Liezl ·

Gerda, ek kan my nie indink hoe jy moet voel nie, maar wat ek wel weet is dat jy op jou knieë moet gaan en dankie sê dat hy oorleef het. Ons bid vir jou en ek sê sommer namens jou dankie dat jou seun gespaar is. Wat ‘n absolute wonderwerk was dit nou nie! Kom ons eer God dat Hy daar was om hom te beskerm. Ons mis die punt. Ons sal nooit gereed wees vir enige aanval nie. Maar kom ons glo en vertrou. Daardie aanvallers gaan nie ophou nie, maar hulle gaan iewers hul moses teë kom. Daar sal met hulle afgereken word. Dis nie vir ons om te haat nie, kom ons staan op, hou ons koppe omhoog en ‘veg’ voort. Wanneer ons begin haat, is dit presies waar die vyand wil hê ons moet wees. Vrees is ‘n siekte van die vyand. Jy is beter, jy is ‘n kind van ons Vader. Rus jou toe met die ‘armor of God’ Put on the helmet of Salvation, the shield of Faith in the one hand, sword of the Spirit in the other, the breastplate of Righteousness, the belt of Truth and guard your feet with the gospel of Peace. Spreek dit uit op jul lewe en gaan uit en glo dit. Hou vas mense, dis al wat ons kan doen!

Elize ·

Gerda, ons is saam jou dankbaar dat jou seun oorleef het. Dit kon so maklik anders uitgedraai het.

sweis ·

Die leeus loop alleen die hiënas jag in troppe maar die leeu is nie bang vir die hiënas nie maar die hiënas is skrikkerig vir die leeu,so werk dit uit.

GP ·

Ek is vas oortuig meeste van die aanvalle is deur uitlanders. Ook oortuig dat die regering niks gaan doen om te help met plaas aanvalle nie omdat dit gesien word as n meerderheid wit probleem en n klein persentasie van die totale aanvalle of moorde in die land uitmaak.

In plaas van te probeer dat die regering iets aan plaas aanvalle te doen behoort Afriforum ens druk op die regering te sit om onwettige uitlanders uit die land te kry en uit te hou. Dis iets waarby alle rasse kan baat.

pieter ·

mense bewapen julle al loop julle met julle wapens in julle hande, skiet om raak te skiet, gaan vir oefenlesse, niks jan jou voorberei nie maar oefen oefen en nogmaals oefen

Muffin ·

Gerda baie sterkte vir jou,jou seun en hele familie. Alles sal reg kom. Wees dankbaar dit kon erger gewees het.
Groete

Hendrik ·

Gedurende die 70’s en 80’s het ons dit terrorisme genoem, nou is dit net een of ander mindere misdaad.
Die soort van aanvalle is al lankal die plan, lankal voor die huidige regering
Sterkte aan die familie

Anoniem ·

Hendrik ek stem saam, hulle skram weg van die woord terrorisme af so asof dit HEILIG is ‘Call a spade, a spade

Docpietza ·

“Nie terug plaas toe voor aanvallers in hegtenis geneem word nie? ” Now that can be a lifetime of hoe?

Catherine ·

Afriforim kom met die wonderlikste planne van skole en universiteite. Dit klink so goed maar wat help dit as ons mense nooit daarby gaan uitkom. Ons dierbares word die een na die ander daagliks vermoor.

KaterinaKat ·

You are not paranoid if they really are out to get you. And in this hellhole, if you’re white – They really are out to get you.

Haan ·

Weerbaarheid is n geestelike EN fisiese onderneming. En dit blyk dat ons met altwee tekort skiet.

Ek lewe ·

Ferdie, so bly jy lewe. Ons Dank die Here daarvoor. Baie baie sterkte. 27 jaar gelede is my man so vermoor en het hulle my na 5 koels vir dood agter gelos. Ek weet hoe jy voel vandag, en ek bid vir jou xxx

HV ·

Ai die wysneuse darm, het Ferdi n vuurwapen by hom gehad het hulle hom heel waarskynlik met sy eie wapen geskiet. Hy het nie eers geweet wat tref hom nie. Nee ouens so eenvoudig is dit nie, dit gaan baie meer kos om die aanslag teen ons die hoof te bied.

Frank ·

Hoe groot kan die element van verrassing wees as jy paraat is en met ‘n wapen in jou hand gaan ondersoek instel? Moet ons liewers weghardloop in sulke situasies? Nee, ek dink hy het hulle kaalhand gaan konfronteer.
Kom ons hou op om die bos slaan.

Haan ·

Ja HV. Messe teen geweer werk mos altyd. Vandaar die uitdrukking “knife in a gun fight”
Ek verstaan nie hoe mense voel dis beter om eerder ongewapen en gedwee aangeval te word, as om met n wapen aan jou sy en opleiding aangeval te word nie.

HV ·

N tyd gelede is n oud rekkie, wat al die alarm stelsels, kameras, wagte , rewolwer aan die sy in plek gehad het in sy sitkamer dood geskiet. Ek sê weer dit is nie so eenvoudig nie
Dit is ook nodig om weg te hardloop, en ek sien ook nie juis boere wat dit doen nie. As jy dink jy gaan 24/7 paraat wees, ek glo nie , daar gaan n venster van geleentheid oopgaan vir die krimineel. Kyk eerder op die grond, dit gaan baie beter met jou gaan as jy weet wat ek bedoel.

HV ·

Niemand het gesê jy moet nie n wapen hê nie, die punt is moenie dat die wapen aan jou sy vir jou n vals gevoel van veiligheid gee nie.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Lyk my plaas en plot-bewoners besit nie elkeen n handwapen nie….easy targets…maar nou ja.
.
.

honourable member ·

In hierdie siek land as iets nie reg lyk of klink nie dan is daar verseker iets nie reg nie.

Piet ·

As jy vandag op n plaas bly en jy dra nie konstant n wapen aan jou nie is jy stupid

Frank ·

Stem 100%. Dis ‘n pyn maar hy’s heeltyd op my heup. Al wat in hulle guns is, is die verrassings element. Maar jy kyk maar na die diere se gedrag, probeer konstant luister, kyk of die werkers se gedrag verander, deure meestal gesluit, gordyne vroegaand toe met alarm aan ens ens.

Haan ·

Absoluut. Ek is n dorpsjapie en myne is konstant by my. Dit irriteer sekere mense seker al, maar ons moet met elke geleentheid die naïewe mense vermaan om asseblief tog bietjie by te kom en ou donkerbek uit die kluis – waar hy niks beteken nie – te gaan haal

Magriet ·

en natuurlik besit elke boer ‘n wapen? al ooit gedink baie wag nog vir lisensies? gedink aan kostes om wapens te bekom? duidelik weet min mense hoe dinge werk op ‘n plaas. nie alle boere het konstante inkomste nie, dis droogte, geld is min. hou op oordeel, jy ken nie elke boer se rede nie, as daar nie wapens is nie IS daar ‘n rede.

toy ·

Gerda dit voel of my hart inmekaar trek vir jou. Baie sterkte ek is baie bly hy is “oraait’. Dit moet baie traumaties wees.

koba ·

Ek wil net dankie sê dat die Here die man se lewe gespaar het, jy’t nog baie hier te doen, sterkte en nee jy’s nie paranoid nie, ons almal is!
ek’s liewer paranoid en lewe nog ‘n dag as om my blind te staar teen die waarheid.

dinge kon baie anders gewees het vir jou, bly jys ok meneer!

Connie ·

Kan die boere nie hulself beter op pas nie. Hoekom sluit hul nie hul huise nie. Klink of deure partykeer somner oopstaan. Vra maar net.

Sarel ·

Sulke advies om van die plaas af te bly kan slegs van staatsdiens amptenare verwag word. Hoe dink hierdie adviseur moet die boerdery aangaan wat jou brood op die tafel sit en sy salaris in sy sal? Dit is net in die staatsdiens waar jy kan werk soos jy voel.

Se mar net ·

Hule prober ons blankes vanni plase met vrees te verdryf sodat hule ons plase maklik kan vat sonder om n cent daarvoor hoef tebetaal nie,wat die erger maak is die feit dat ons n president en polisie mag het het wat nie wil optree teenoor die geweld op ons plase nie, die president spreek dubbel sinnig op internasionale verhoog. Dalk is dit tyd dat ons as boere begin op ons regte testaan en die president,polisie en ander regerings mense te dwing oo op tetree, miskien oorsee semedia te nooi om sulke plaas aanvale eerste hand te kom sien waardeur ons boere gaan, sodat die presidensie en regeng nie vir die buite wereld kan lieg nie, dalk moet ons wat sulke aanvale deurmaak ons storie direk aanni buite wereld vertel met die grusame fotos wys sodat ieder en elk daar buite kan sien wat ons deur maak.

TTh ·

Jul boere moet jul wapens op jul he met ten minste nog twee magasyne, dag en nag. Baie van ons stadsmense doen dit lankal. EN wees reg om dit met maksimum geweld te kan gebruik – of verkoop jou wapen.

Anoniem ·

Hendrik ek stem saam, hulle skram weg van die woord terrorisme af so asof dit HEILIG is ‘Call a spade, a spade

GM ·

Bly weg van die plaas af totdat die kriminele gevang is? Ha. Teen daardie tyd is die huis geplunder en ‘n paar ‘shacks’ is opgerig deur mense wie se ouers glo ‘n 100 jaar terug daar gewerk het. En wat gebeur intussen met die boerdery? Dink hulle feetjies hardloop die plek?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.