Plaasbestuurder se raaiseldood ondersoek

Argieffoto

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn bestuurder van ʼn plaas buite George Vrydagoggend dood in sy huis aangetref is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Donald Haasbroek (66), ʼn bestuurder op die plaas in die Geelhoutboom-omgewing, se liggaam is in sy badkamer aangetref.

Volgens Pojie het werkers op die plaas gaan ondersoek instel nadat Haasbroek nie vir werk opgedaag het nie en het hulle toe op sy liggaam afgekom.

Pojie het gesê die oorsaak van Haasbroek se dood is nog nie duidelik nie en sal deur ʼn nadoodse ondersoek bepaal word. Hy wou ook nie uitbrei oor enige moontlike beserings van Haasbroek nie en het gesê die ondersoek is tans in ʼn sensitiewe stadium.

“Daar was geen tekens van ʼn inbraak of dat iets uit die huis gesteel is nie, maar alle moontlikhede word ondersoek. Ons kan niks in dié stadium uitsluit nie,” het Pojie gesê.

Hy het gesê ʼn saak van moord word tans ondersoek, maar dit kan verander na aanleiding van die uitslag van die nadoodse ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andrea ·

Is dit nie? Absoluut, myne ook. Wonder waar bevind die vent hom… veilig buite bereik van al die moordenaars en geweldenaars, of glo hy niks sal met hom gebeur nie?

Theresa ·

Bly dit word as moord ondersoek. Begin maar altyd daar. Dis gewoonlik wat dit is.

Ouma ·

Die moorde is maar net om gratis plase van oom Zuma te bekom! Hoe meer boere vermoor word hoe meet gratis plase? En wie gaan die res van die afbetalings by die banke doen? Belastingbetalers?

negatiewe mense ·

Maroela media se lesers is baie negatief. Nee tog nog so baie om dankbaar te wees?

jaco ·

in sommige plaasmoorde word NET moord gepleeg maar NIKS gesteel nie. dis blykbaar ‘n sort ritueel om die voorvadergeeste tevrede te stel dat die “wit gif” wat die grond “gesteel het” finaal van die grond af verwyder is.
Die regstelsel weet dit, maar dit word nie so ondersoek nie, want dis nie polities korrek nie.
In Griekwastad ‘n paar jaar gelede is n boer, sy vrou en dogter vermoor, maar niks is uit die huis gesteel nie. Daar was aanduidings dat dit rituele moored was om die voorvadergeeste tevrede te stel, maar dis glad nie so ondersoek deur die polisie en die hof nie. Veel eerder het hulle dadelik die boer se seun, wat nie in die huis was tydens die aanval nie, vir die moored geblameer en hom lewenslange tronkstraf gegee. Dit alles in die naam van “political correctness”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.