Plaasbestuurder val ver toe hy stropers soek

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die bestuurder van ʼn wildsplaas in die Keimond-omgewing aan die Wildekus, is ernstig beseer nadat hy van ʼn krans af geval het.

Volgens die Oos-Kaapse polisie het die bestuurder glo Woensdag in die veld na vermeende stropers gesoek, toe hy gegly en by ʼn krans af geval het. Hy het glo sowat 20m ver geval.

Die Oos-Londense honde- en soek-en-reddingseenheid is ontbied, waarna die nooddienste en lede van die polisie se lugvleuel ook ontbied is. Die plaasbestuurder het met nood- en reddingspersoneel se aankoms op die toneel, op die rand van die krans gelê.

Hy het glo aan paramedici gesê hy het geen gevoel in sy onderlyf nie. Die reddingspan kon teen omstreeks 16:40 daarin slaag om die bestuurder van die krans af te red, waarna hy onmiddellik na die Frere-hospitaal in Oos-Londen geneem is vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.