Plaasbestuurder van moord aangekla ná werker sterf

Frikkie van Huyssteen (Foto: Facebook)

’n Vrystaatse plaasbestuurder word nou van moord aangekla nadat die werker wat hy verlede jaar gedurende ’n argument op ‘n plaas buite Kestell geskiet het, dood is.

Frikkie van Huyssteen (30) is aanvanklik van poging tot moord aangekla, maar word nou beskuldig van die 28-jarige Thokozani Joseph Mdlhuli se moord, nadat dié verlede maand dood is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Van Huyssteen en Mdlhuli het in September verlede jaar in ’n argument betrokke geraak terwyl hulle staalpype van ’n sleepwa op die plaas Middelpunt gelaai het.

Dit word beweer dat Mdlhuli ’n ysterpyp geneem en Van Huyssteen aangerand het. Van Huyssteen het glo toe sy vuurwapen uitgehaal en Mdlhuli in die nek geskiet. Mdlhuli is ná die voorval na ’n hospitaal gehaas en later ontslaan. Hy kon egter nie loop nie.

Van Huyssteen is verlede jaar ná die skietvoorval op aanklagte van poging tot moord in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat.

Mdlhuli se toestand het egter intussen verswak en hy is in die hospitaal opgeneem waar hy op 28 Januarie dood is. Die klag teen Van Huyssteen is sedertdien tot moord gewysig.

Van Huyssteen het Woensdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn waar hy oor die nuwe klag ingelig is.

Die saak is tot 28 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Van Huyssteen is steeds uit op borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Jy rand nie iemand met n yterpyp aan nie.n Ysterpyp is n gevaarlike wapen.Frikkie is aangeval sy lewe was bedreig en hy het alle reg gehaad om homself te beskerm.

Misky

Indien hy oorlede is a.g.v. die skietwond, sou hy nooit ontslaan gewees het nie. En ook nie 4 maande later nie. Kan baie dinge wees en nou sit die man met baie probleme. Hoop hy het n goeie prokureur

katerinadiekat

Ja nee kyk as jy n blanke in hierdie land is, moet jy groot moeilikheid verwag as jy dit sou durf waag om jouself te verdedig. Maar soos die gesegde gaan: “Better to be judged by 12 than carried by 6”.

fs

As die knaap mos eerste aangerand het met ‘n staal pyp wat ‘n dodelike wapen is, dan is dit mos nou self verdediging nie waar nie? Sekerlik was daar getuies in die saak ? Was die aangeklaagde beseer?? Delf so bietjie dieper man…

Jean

Sterkte, ons regstelsel is nie veel van wonders nie.