Plaasbestuurder vermoor

(Argieffoto: StatsSA)plaas a

ʼn 68-jarige plaasbestuurder is vroeër die week in Kirkwood in die Oos-Kaap aangeval en vermoor.

Thembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder is Maandag om 03:30 by ʼn groenteprojekplaas naby Bersheba deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorrompel.

Die polisie het die man met verskeie oop wonde aan sy bolyf aangetref en hom na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Hy het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“Hoewel die motief vir die aanval in hierdie stadium steeds onbekend is, het die polisie ʼn saak van moord aanhangig gemaak.”

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei, word versoek om met die ondersoekbeampte Freddie Moss by 082 319 9227 kontak te maak.

In ʼn onverwante voorval is ʼn jong man dieselfde dag in dieselfde gebied in die Oos-Kaap in hegtenis geneem, nadat hy glo by ʼn onderonsie betrokke was en iemand met ʼn mes doodgesteek het.

Volgens Kinana het beamptes Maandag om 06:00 op die lewelose liggaam van Willem Olifant (42) afgekom.

Luidens berigte was daar ʼn konfrontasie tussen Olifant en die verdagte by ʼn huis in Eurekastraat, Aquapark. Die onderonsie het na bewering handuit geruk en Olifant is in die proses met ʼn mes gesteek.

Olifant het verskeie steekwonde aan sy bolyf opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“Beamptes het kort ná die voorval die 23-jarige verdagte vasgetrek en beslag gelê op twee van sy messe,” sê Kinana.

Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, word nog deur die polisie ondersoek.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Kirkwood-landdroshof verskyn waar ʼn aanklag van moord hom in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Baardman ·

Die motief is duidelik: “kill the boer”. Malema het mos opdrag gegee.

Werner ·

En so woed Malema se oorlog voort.En ons dink dit gaan reg gestem word.

Werner ·

Wil jou nie slegte moed in praat nie as jy na die moorde se stygende tendens kyk werk dit nie.Hoop jy kom dit agter as jy vir die 50 ste keer gaan stem en jy is alleen

Werner ·

Bly jy vra.Ek was betrokke by die komando vir 14 jaar tot ons toegemaak het waar ons net op plaasaanvalle gewerk het.Daarna het ons deur die TLU vir boere selfverdediging opleiding gegee vir 15 jaar wat ek naweke opgeoffer het wat ek saam met my gesin kon deurgebring het.Tans nog steeds betrokke.Dis wat ek doen en jy.

Anoniem ·

Dankie Werner, hy sit waarskynlik en lees ou berigte vanuit die Sowetan.

gpsa ·

Baie trots op jou. Hou op leef en roem op die verlede dis verby. Gaan stem en doen iets vir die toekoms.

Werner ·

Dink jy moet maar weer mooi lees.Ek roem nie op die verlede nie.Jammer ek mors nie my tyd met iets wat nie werk nie.Ten minste is ek nie bang om my naam te plaas nie.

Tiptol ·

Werner, jou kommentaar mors ons tyd. Kry iets konstruktief om te doen met jou verstand.

Phillip ·

Waar is die 72uur taksie span ontplooing of geld dit net vir nieblankes

Frederik C ·

Ek lees nêrens dat die oorledene blank was nie. Moord bly moord, ongeag ras of velkleur

Jannie van Niekerk ·

En dan is Nati Mtewta meer bekommerd oor s[ortmanne wat nie wil kniel met ‘n vuis omhoog vir ‘n Amerikaanse misdadiger nie. BLM gaan nie oor rassisme nie, dit gaan oor goedpraat van misdaad.

Nozi ·

Ek verstaan glad nie …… hoe kan die motief onbekend wees??

casper ·

Elke dag sterf nog ‘n blanke in die oorlog wat gesteun word deur die swart regering – Dit is hoekom hulle NIKS doen of se daaroor nie !!

Skappie ·

Sterkte aan die plaasbestuurder se familie in hierdie moeilikte tyd. Mag onse Liewe Jesus julle styf in sy arms vahou.

Harley Davidson ·

Hoe kan enige inligting aan die polisie gegee word met so n swak niksegende beskrywing van die aanvallers?

Swanie ·

Elke dag nog n moord en ons sit en comment net op ons foontjies ,ons weet nou al wie is die sonde bokie waneer doen ons flippen iets

Antonk ·

Twee van sy messe is gekonverskeer.Nou hoeveel messe dra hy dan by hom en is hy nie ook verandwoordelik vir die plaasbestuurder nie?

Pieter ·

Miskien het ek dit misgelees. Nêrens in die berig is die ras van die vermoorde genoem nie. Almal hier neem aan dat hy blank was. Miskien is julle in vir ‘n groot surprise.

Johan ·

Onthou black lives matter. Dis mos al wat matter in die land. Witmense en veral oumense se lewens beteken niks nie. Nie in RSA nie. Ek het baie respek vir Quinton.

Cherokee ·

“Hoewel die motief vir die aanval in hierdie stadium steeds onbekend is, het die polisie ʼn saak van moord aanhangig gemaak.”

Die motief hoef nie bekend te wees om saak aanhangig te maak. Veral as die beskuldigde wit is, wat ooglopend nie in diè betrokke saak die geval is.

Charl ·

Regtig ?? ”hoewel die motief steeds onbekend is het die polisie ‘n saak van moord aanhangig gemaak”. Maak nie saak wat die motief was nie, MOORD BLY MOORD en in hierdie geval soveel te meer gegewe die manier waarop dit gedoen is, die wederegtelike en opsetlike neem van ‘n ander se lewe op so ‘n wrede wyse ! !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.