Plaasbestuurder wis nie van moordklagte

Frikkie van Huyssteen (Foto: Facebook)

Die Vrystaatse plaasbestuurder Frikkie van Huyssteen (30) is nog nie ingelig dat hy glo van moord aangekla gaan word nie nadat die aanvaller wat hy verlede jaar glo uit selfverdediging geskiet het, nou maande later dood is.

Johan Niemann, Van Huyssteen se prokureur, het Donderdag aan Maroela Media gesê sy kliënt het Woensdag op aanklag van poging tot moord in die landdroshof op Kestell verskyn. Dit is egter nie tydens dié verskyning aan hom gekommunikeer dat die klag na moord gewysig word soos die polisie vroeër aangedui het nie.

Die staat kan wel enige tyd ’n klagte wysig, wys Niemann daarop.

“Dit is uit die aard van die saak baie stresvol [vir my kliënt]. Jy tree uit noodweer op en dan moet jy hierdie pad stap.”

Niemann vertel dat sy kliënt en twee plaaswerkers in September verlede jaar ysterpale op die plaas Middelpunt in die omgewing van Kestell gelaai het toe ’n voormalige plaaswerker Moses Thokozane Hlube (37) hulle genader en oor die pale gekonfronteer het.

Hlube het na bewering een van die pale “soos ’n spies” opgetel, Van Huyssteen bestorm en hom met die paal op sy neusbrug gesteek. Van Huyssteen is ernstig in die voorval beseer en het glo uit noodweer sy vuurwapen uitgehaal en Hlube in die nek geskiet.

Volgens Niemann is die polisie en nooddienste dadelik ná die voorval ontbied. Die staatsambulans het Hlube egter ure later na ’n hospitaal vervoer waar hy lank behandeling ontvang het voordat hy eindelik ontslaan is.

Hlube was glo sedert die voorval verlam. Maroela Media het vroeër berig sy toestand het egter intussen verswak en hy is weer in die hospitaal opgeneem waar hy op 28 Januarie dood is. Hlube is voor sy dood van aanranding met die doel om ernstig te beseer aangekla in verband met die aanval op Van Huyssteen.

Van Huyssteen is destyds ná die voorval in hegtenis geneem en op borgtog van R800 vrygelaat. Die borgtog is verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Maggies ·

September in self verdediging geskiet. Word behandel en ontslaan maar sterf eers in Januarie. Hoe kan dit moord wees. Verduidelik asseblief… ek verstaan nie.

Werner ·

Wens die polissie was so gretig om regte misdadigers te vang.Veral die wat sommer so openlik hulle hofbevelle ignoreer.

Nie Verbaas ·

Cele is te slap in die rug daarvoor. Gaan jaag eerder branderplankryers op strande rond.

Elize ·

Ja Cele hou eerder daarvan om te kyk of hy nie skulpies op die strand kan optel nie

Anoniem ·

Standaard prosedure. Die saak sal deur die SAPD ondersoek word en na die NVG verwys om te bepaal of die staat ‘n saak vir vervolging het en of hy binne die raamwerk van die wet opgetree het. Stresvol, maar prosedure.

Frederik C ·

Jy’s die enigste een wat sinvolle kommentaar lewer op die berig.

Astrain ·

Rassisme is steeds gesond en lewendig in ons “Reenboog nasie”….

Sonia ·

dis maklik moontlik dat die man aan covid dood is daar moet behoorlik ondersoek ingestel word

Casper ·

Die feit dat hy vyf maande later beswyk het beteken nie hy is a g v die skietwond dood nie.Hy is behandel en ontstaan.Hy kon aan enige natuurlike oorsaak gestraf het.Ek lees nêrens dat Hlube in die hof verdwyn het op die aanklagte teen hom nie.

Dirk Mostert ·

Dis duidelik dat die polisie partydig is. Die wet beskerm die skurke. Dis nie die eerste voorval van die aard nie.

Sonneblomkind ·

.hyt homself verdedig….sjoee die man wat hom aangeval het, …nee wat dis n klug

Mallie ·

Ja M aggies dit wil ek ook graag weet. Of is dit nou weer n nuwe manier van die familie om geld te maak.

Casper ·

Hoekom is Van Huyssteen in hegtenis geneem maar Hlube nie Dubbele standaarde.

Karina ·

Die werker het verseker gesien dat die Boer ‘n vuurwapen aan hom dra en dat hy moontlik geskiet kan word. Waarom het die ambulans diens nie gouer opgedaag nie aangesien hulle dadelik gebel is? En die vervolging eers maande later? Swak uiters swak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.