Plaasdorp-moord: Ma van drie sterf in boetie se arms

Ansie Steyn. Foto: Verskaf

Ansie Steyn. Foto: Verskaf

Ansie Steyn (46), die jongste slagoffer van ʼn vlaag moorde in die plaasdorpie Sundra in Mpumalanga in die afgelope tyd, het Saterdagoggend in haar broer se arms gesterf.

Mardia Steyn  (41), Steyn se skoonsuster, het Sondag aan Maroela Media gesê hul hegte familie is nog verslae oor die skoknuus van Ansie se wrede moord.

Maroela Media het Saterdag berig Steyn is omstreeks middernag buite ʼn plaaslike kuierplek in die dorpie aangeval.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê sy het buite ʼn kuierplek gestap toe sy deur ʼn rower aangeval en vermoor is. Die man het glo probeer om haar handsak af te neem en ʼn stoeiery het ontstaan, waartydens sy vermoedelik met ʼn skerp voorwerp gesteek is voordat die man met haar handsak op die vlug geslaan het. Dit is nog nie duidelik of die rower enige medepligtiges gehad het nie. Die verdagte het in die rigting van die treinspoor gevlug en is steeds soek.

Ansie Steyn. Foto: Facebook

Ansie Steyn. Foto: Facebook

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, was kort ná die polisiebeampte op die toneel en het dadelik noodhulp op die vrou begin toepas totdat paramedici by hom oorgeneem het. “Hulle het alles in hul vermoë gedoen om haar lewe te probeer red, maar sy is op die toneel dood,” het hy aan Maroela Media gesê.

Mardia het Sondag aan Maroela Media gesê die familie weet nog nie wat presies tydens die voorval gebeur het nie.

“Ons moet môre [Maandag] haar liggaam gaan uitken en hoop om dan meer vas te stel as ons met die polisie gepraat het. Al wat ons weet, is dat sy nie alleen by die kuierplek was nie. Sy was saam met vriende uit voor sy aangeval is. Haar broer, Danie Steyn (41), was kort ná die aanval by haar en sy is in sy arms dood. Ek was gister by Danie en hy is baie getraumatiseerd. Haar kinders is ook nog verslae, haar oudste dogter [en ma van haar enigste kleinkind], Monique Cronjé, verwerk dit veral baie moeilik.”

ansie-steyn-sundra-moord-3

‘n Gesinsfoto wat in 2013 geneem is.

Steyn woon al die afgelope paar jaar lank op Eloff, die plaasdorpie aangrensend aan Sundra. Sy is ʼn enkellopende ma en woon saam met Monique, en dié se verloofde en hul eenjarige seuntjie, en twee seuns, Leon (19) en Stephan Steyn (14).

Sy was ʼn kredietkontroleerder vir Bidvest Car Rental en het weekliks Kempton Park toe gependel vir werk.

“Al is ons skoonfamilie, was sy vir my soos my regte suster. Sy was ʼn goeie mens wat uit haar pad uit sou gaan om mense te help, selfs al benadeel sy haarself. Sy het absoluut geleef vir haar kinders, hulle was haar alles,” het Mardia gesê.

“Sy het nooit dat iets haar onderkry nie, self al het sy deur moeilike tye gegaan. Sy het voluit gelewe en die lewe in die oë gekyk. Sy het ʼn mens altyd laat lag en beter voel met haar sprankelende persoonlikheid en lawwigheid. Sy was baie geliefd onder almal met wie sy in aanraking was.”

Steyn se ouers is albei oorlede. Buiten haar kinders laat sy haar broers Danie, Corne Steyn (43) en Dirk Steyn (36) agter.

Haar begrafnisreëlings sal getref word sodra die nadoodse ondersoek voltooi is.

Steyn se moord volg skaars ʼn week nadat Cathy van Coppenhagen, in haar laat 50’s, in die hospitaal dood is nadat sy en haar man op hul kleinhoewe in Sundra aangeval is. Sy moes in ʼn hondehok vir haar aanvallers skuil.

Vier mense wat die afgelope tyd in Sundra vermoor is. Hulle is Ansie Steyn (links bo), Cathy van Coppenhagen (regs bo), Johan van Rensburg (links onder) en Rina Pringle (regs onder).

Vier mense wat die afgelope tyd in Sundra vermoor is. Hulle is Ansie Steyn (links bo), Cathy van Coppenhagen (regs bo), Johan van Rensburg (links onder) en Rina Pringle (regs onder).

Maroela Media het vroeër berig twee gewapende mans het Van Coppenhagen en haar man op die aand van 11 November op hul kleinhoewe oorval en aangehou. Die aanvallers het die egpaar buite die huis ingewag toe hulle hul honde wou gaan uitlaat. Van Coppenhagen is in die tuin in die bolyf geskiet en daar gelaat, waarna die rowers haar man by die huis ingedwing en op waardevolle items aangedring het.

Van Coppenhagen het daarna ʼn paar meter ver in die modder gekruip om skuiling te soek. Haar man is aangerand voordat die verdagtes op die vlug geslaan het. Toe die buurtwag en die polisie omstreeks middernag na die kleinhoewe ontbied is, het hulle haar in ʼn ernstige toestand in die hondehok gevind waar sy geskuil het. Sy het op 16 November in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Rina Pringle (57), ʼn veiligheidsbeampte van Delmas in Mpumalanga, en haar kollega, Joseph Coombe, is in September tydens ʼn transitorooftog in die dorp met AK47-aanvalsgewere aangeval. Pringle is dood en Coombe het die aanval oorleef.

Dié voorval is voorafgegaan deur die aanval en moord op Johan van Rensburg (62) in Augustus. Met sy laaste asem het Van Rensburg (62) verbete teen ʼn groep aanvallers geveg om sy verloofde, Dina, op sy kleinhoewe, naby die plek waar die Van Coppenhagen-egpaar aangeval is, te beskerm.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Eend ·

Nee, ons almal in SA moet. Ons moet ekstra versigtig en gereed wees vir enigiets. Ons moet aanvallers baie bang maak vir ons.

vermeende ·

PTA almal kan sien waar dit gaan eindig, om sekuriteit op te skerp het ook nie die gewenste uitwerking nie want daar is al reeds mens vermoor waar sekurieteit op n baie hoe vlak was.
Om die moorde voor de klerk se deur te le waar dit hoort het ook nog geen moord voorkom nie.
Om van die een debat na die ander te stap en vqn die een forum na die ander het ook geen moorde voorkom nie.
Om die een pleidooi na die ander in diplomatiese onderhandeling en gesprekvoering te lewer en selfs voor die VN om simpatie te pleit het geen moorde voorkom nie.
Hoeveel opsies het ons oor?
Mens moet jouself eerder vra, wat het Jesus gedoen toe daar in die sinagoge handel gedryf is, hy het met n sweep die mense uit mekaar gemoker.

Al die organusasies wat so graag oor n oplossing wil gesels, wel hulle wil net gesels.

Dit tyd is hier om in gemeenskaps verband te besluit en te bid dat dit die regte besluit was soos Sarel Cilliers gedoen het.
As my kommintaar jou nie aangaan nie dan moet mense hulself die vraag stel, hoe lank voor dit jou beurt is om so vermoor te word?

Esmay ·

Cherokee, ek het nog altyd gedink dat jy n taalkundige of onderwyser moes wees. En ek glo nie ek is verkeerd nie. Dis reg, vat hulle vas oor hul spelling anders leer hulle nooit!!!

Karen ·

Dit is seker ons grootste swakheid… in tye wat ons nodig het om saam te staan en mekaar te ondersteun, kritiseer ons mekaar. Rêgtig kyk asb bietjie verder as spelfoute en sien die boodskap raak. Hierdie is nie ‘n spelkompetisie nie! Dis hartverskeurend om van hierdie gruwelike misdade te lees, te wonder wanneer dit jou beurt gaan wees. Wanneer jy en jou buurman rug aan rug staan om julle kinders en jul lewens te verdedig gaan spelling seker nie saak maak nie

Cherokee ·

Dankie Esmay, ek kan doen met jou ondersteuning:-) Meeste van wat ek sê is ook ietwat tong in die kies gemeng met die nodige erns. Dit is lekker om jou ondersteuning te lees en tussen die lyne kom ek agter jy lag terwyl jy skryf… dankie:-)

jaco ·

dis dringend tyd dat alle wit mense begin agiteer by die ANC vir die volgende:
vat ons stemreg weg
dwing ons om te skuif na n wit tuisland waar ons beperkte selfbestuur het
dan is die “wit gif”weg uit die res van SA en kan ons iewers iets van ons eie ding doen.
Die Israeli’s behandel die Palestyne so, so dan kan die ANC, wat terloops ten gunste van n Palestynse staat is, mos dieselfde met SA se wit mense doen. Dump ons selfs in die helfte van die huidige Wes-Kaap. Dit behoort steeds te werk, want ons soontoe gedwing word, so daar sal onmiddelik 4 miljoen mense wees en genoeg arbeidskrag om gedeeltelik ons eie ding te doen.
Die huidige set-up, waar die grondwet se ons is almal gelyk, maar ons in die praktyk sleg behandel word met regstellende aksie en bitter min polisie-reaksie as ons uitgemoor word, werk nie. Is n gedwonge tuisland dalk dus n oplossing???

Vlugteling ·

Ek het dieselfde ding al lankal gesê. Die Said afrikaanse president moet net met die amerikaanse, engelandse kanadese en australianse presidente underhanded vir ‘n “ruil ooreenkoms”. Aangesien in die USA so baie “African-Americans is wat die verskoning gebruik dat almal hulle moet jammer kry omdat hulle verkoop is as slawe, kan hulle gerus terug *geruil” word na afrika toe…. Maar o genade! Hulle weet nie eens presies van watter land hulle voorvaders af kom nie! Whahahaha.. maar ek is seker die huidige Said Afrikaanse regering sal dit kan uitsorteer… Of nie – dit maak nie saak nie. Tenminste sal dit nie meer die blankes se problem wees nie.

Jan ·

Cherokee, voor jy sarkasties raak, gaan lees gerus wat hy beduie het. Al wat ek kan sê is, as ek dit hier herhaal, dan word ek gesensureer. As hierdie webwef, dit wat hy gesê het egter plaas, is als reg.

PMB ·

Hierdie moord le vierkantig voor die deur van die EFF en ander politieke partye. DA waar is julle groot mond, regs behepte leier? Hy kan maar ook net praat oor sy eie nasie. Ons wit mense kort ons eie leiers!!!! Ons staan alleen teen die velle aanval?

Thuunda ·

Bo-links, wit, bo-regs, wit, onder-links, wit, onder-regs, wit….mens moet blind wees om nie te sien wat aangaan. Innige medelye met die families…

Vlugteling ·

Innige medelye met al die wittes. Ons kan nou begin sê: “Hulle skuld ons dit of dat” as jy kyk na wat ons moet deurgaan. Niemand in die wereld gee om oor die aanvalle op die blankes nie. Dit maak nie eens wereld nuus nie. Maar as dit ‘n “nie-blanke” person is wat aangeval word, dan weet almal in die wereld daarvan.

Jan ·

Waar is die berig oor Steve wat gister by ‘n saamtrek vir die top drie partye se leiers name genoem het? Oor Julius het hy beduie hy is ‘n werfensovoorts.

Gert ·

Ek het al na baie voovalle op youtube gekyk waar mense beroof is of geweld gepleeg is ens.. Die skurke vang meng onkant deurom vriendelik en onskuldig voor te kom sodat jy as slagoffer gerus is of selfs bedagsaam terug gesels. Dan begin die aanvaller half grapperig raak en kom voor assof hy net wil “speel” terwyl hy die slagoffer teister. As mens teen die tyd eers wakker skrik is dit reeds te laat.
Ek is dalk heeltemal verkeerd maar wat dalk in die voorval kon gebeur het is dat die moordenaar homself voorgegee het as ‘n karwag wat “onskuldig” ver beloning of ‘n sigaret vra sodat hy haar gerus kon kry en naby genoeg aan haar kon kom vir die aanval.
Ons mense moet net doodeenvoudig niemand meer vertrou nie en altyd bewus wees. Ons skuld ook hierdie “nasie” niks meer nie en het genoeg bloed geskenk, so die tyd van “hulle” help met donasies of selfs net vriendelikheid moet nou bietjie stop!

Danie Coetser ·

Hierdie oorledene is my Niggie gewees. Op die stadium kan niemand se watter nasie of velkleur was verandwoordelik gewees vir haar moord nie. So ek vra asb dat julle nie die uit konteks sal trek nie. Sy was n wonderlike ma en Ouma gewees. Respekteer asb ons as haar familie. Baie dankie

vermeende ·

Danie, sterkte aan julle almal en veral aan die kinders en kleinkind wat agter bly.

GERT ·

SO ONNODIG. IS DAAR NIE IEMAND WAT DIE TERUG BRING VAN DIE DOODSTRAF IN DIE HOF KAN AANVAT NIE. EK WIL MAAR WAAR KRY EK DIE FONDSE. ELKE MENS HET MOS N REG. AS DIE MOORDENAAR DINK HY HET DIE REG OM TE MOOR WAT DAN VAN DIE VERMOORDE SE GESIN WAT OORBLY.

Cherokee ·

Jy kan gerus aandag gee aan jou eie spelling want familielede is een woord en familie word ook anders geskryf. Daar moet selfs aan jou sinsbou geskaaf word.

Vlugteling ·

Ek is bly ek is nie die eenigste een wat dit raak gesien het nie. Vir ‘n oomblik daar het die oorspronklike kommentaar forum verander in ‘n spel forum.

Louwrens ·

Ek het verseker baie simpatie met die slagoffer en haar familie. Ons hoop almal die skuldige ry aan die pen en word behooorlik gestraf vir sy of haar daad.
Aan die kommentators wat Cherokee en ander kruisig oor spelling. Onthou dat jou taalgebruik, skryf of praat, n verpersoonlikking van jou menswees is. Dit beeld jou as mens se waardes, norme en standaarde uit. Ons roem mos daarop om trotse Afrikaners te wees. Kom ons verbeeld ons trots ook in ons taalgebruik en spelling.

Cherokee ·

Baie dankie vir wat jy sê, Louwrens. Ek sien dikwels in hierdie forums die waarheid in die stelling wat lui ” hoe meer regsgesind, hoe swakker die Afrikaans” en dit bots absoluut met wat ek graag wil glo wat ek is uiters konserwatief. Nog ‘n keer dankie vir jou ondersteuning. Dankie ook aan die webmeester wat my meer vryheid as gewoonlik gegun het. Goeie nag, ons gesels weer môre verder.

Louw ·

Ek het verseker baie simpatie met die slagoffer en haar familie. Soos ons almal hoop ek die skuldige ry aan die pen en word behoorlik vir sy dade gestrag.
Jou taal en gebruik daarvan is n verpersoonliking van jou menswees. Ons is almal trots op ons kultuur, norme en standaarde en bo alles, om Afrikaans te wees. Kom ons beeld dit ook uit met ons taalgebruik.

Yolanda ·

En wie moet ons bedank….die foutlose, volmaakte Cherokee. Ek kry die wat altyd so sleg gesê of verneder word net omdat hulle ook graag iets wou sê en deelneem aan die gesprek bitter jammer. As ons almal maar geskape was met geen foute nie. Ons Suid Afrikaner se swakste punt is dat ons altyd n mondvol oor ander te sê het, pleks daarvan dat ons leef en laat leef.

Terwyl ek nou die moeite gedoen het om tog te tik, wil ek net vir die familie sterkte toewens vir die moeilike tyd, mag die Here julle dra en krag gee, sterkte veral vir haar kinders.

Maribeth :-) ·

Fokus op waaroor die berig gaan mense en nie julle eie debat nie. My innige simpatie aan die familie.

DPJ ·

Julle by in die Wilde Weste en weet nie daarvan nie.
Treë dan so op!

Joe ·

Vier mense deur ‘aanvallers’ vermoor???? Gelukkig was die aanvallers nie wit nie, dan was dit as rampgebied verklaar!!

marianna ·

Twee pragtige seuns wat sonder hulle mamma moet grootword

Vettie ·

Ek is regtig uit my hart uit jammer vir die mense wat nou moet rou. Ek is regtig jammer dat kinders nou sonder ‘n mamma moet grootword. Maar, leer ons mense nooit nie? In die tye waarin ons is vandag, kan jy as vrou nie waag om daardie tyd van die nag alleen buite te wees nie. Daar was seker ander mense BINNE die plek, maar die vrou was ALLEEN buite gewees. Ons leef in ‘n “oorlog zone” waarin ons mense daagliks vermoor word. Ons kan dit nie waag om daardie tyd van die nag (oggend) alleen buite te wees nie. Daar gaan nie een enkele dag verby waar een van ons eie mense nie vermoor word nie en dit klink verskriklik, maar ons moet leer deur dit wat ons elke dag lees. Sterkte aan die familie.

Santie ·

Hou ‘n nasionale stemdag om te stem vir of teen die doodstraf. Dit is ALS wat gaan help.

Spelfoutjie ·

Ja ek is al ook gekruisig omdat ek gewaag het om ‘n spelfout reg te maak. Die punt is net, sommige van die mense se Afrikaans is so swak dat dit wat hulle skryf glad nie sin maak nie. Dit lyk asof dit ‘n google vertaling uit Engels of Chinees is, die grammatika is verskriklik, om nie eens te praat van die woorde wat verkeerd gebruik word in sinne nie. Dit gaan werklik nie oor kleinlikheid nie, maar aan die een kant skreeu ons AFRIKAANS en aan die ander kant skryf ons ‘n geradbraakte afrikaans/engels/whatsapp/sms taal, en verwag ander mense moet verstaan wat ons skryf. Sal julle daarvan hou om julle geliefde tydskrif op te tel en te lees met 200 spelfoute en grammatikale foute in? Nee, so hoekom is dit hier aanvaarbaar? Ek praat nie van ‘n vingerfout of een of twee spelfoute wat oorgesien word nie, maar genugtig, sommige mense hier praat ‘n taal wat ek glad nie verstaan nie.

Snip ·

My innige simpatie aan die familie. Mag God vertroosting bring. R.I.V Ansie, jammer jou lewe is so wreed van jou gesteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.