Plaasgesin gewaarsku om vlugtelinge uit te sit

Andrew Wartnaby en sy vrou, Rae, eienaars van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal Foto: MSF

Andrew Wartnaby en sy vrou, Rae, eienaars van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal Foto: MSF

ʼn Gesin van KwaZulu-Natal wat skuiling gebied het aan 146 vlugtelinge op hul plaas in Cato Ridge het ʼn waarskuwing van die plaaslike polisie ontvang om binnekort met ʼn proses van uitsetting te begin.

“Tydens die laaste vergadering het hulle ons tot 6 September kans gegun om almal van die plaas af te kry, of hulle gaan ons aankla dat ons munisipale verordeninge oortree,” het Andrew Wartnaby, eienaar van die plaas, gesê. “Hulle het nie presies gesê watter verordeninge ons oortree nie.”

Wartnaby en sy vrou Rae het vroeg in Julie hul plaas beskikbaar gestel aan vlugtelinge nadat die laaste skuiling, wat tydens April se xenofobiese geweld aan hulle beskikbaar gestel is, deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens gesluit is. Sonder ʼn heenkome, moes die vlugtelinge twee aande buite slaap. Toe hulle egter op Vrydagoggend 3 Julie wakker word, het die polisie al die volwassenes in die groep bymekaar gemaak en in hegtenis geneem vir kinderverwaarlosing en oortreding.

Rae Wartnaby van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal saam met van die vlugtelinge se kinders Foto: MSF

Rae Wartnaby van Hope Farm in Cato Ridge, KwaZulu-Natal saam met van die vlugtelinge se kinders Foto: MSF

“Die polisie het die mense en hul kinders van mekaar geskei, en hul enigste oortreding was dat hulle nie ʼn heenkome gehad het nie,” het Wartnaby bygevoeg.

Die ouers en kinders was die naweek lank van mekaar geskei en die volwasse vlugtelinge is eers vrygelaat nadat die Wartnabys hulle plaas, Hope Farm, beskikbaar gestel het as ʼn vaste adres en ʼn plek van veiligheid.

“Wanneer mense my vra waarom ons gedoen het wat ons gedoen het, is my antwoord, ‘hoe kon ons nié?” het hy gesê.

Die 146 vlugtelinge bly almal op die plaas en word versorg deur die Wartnabys, hul familie, vriende, bure en die Anti-Xenophobia Coalition.

“Selfs die geweerswaaiende boer wat verder in die pad af bly, het in die eerste week by ons stilgehou en sy goedkeuring gegee. Hy het aangebied dat ons van sy hoenders kan koop om ons gaste iets te ete te kan gee,” het Rae gesê.

Lede-organisasies van die koalisie, Dokters sonder grense (MSF) en die Suid-Afrikaanse Raad vir Kerke verskaf ook kos, klere en mediese sorg.

Volgens MSF het van die munisipale beamptes egter hul misnoeë uitgespreek oor die dienste wat deur die koalisie gelewer word.

Met die sperdatum wat nou naderkom, doen die koalisie ʼn beroep op Suid-Afrikaanse owerhede om nie verder te dreig met enige regstappe nie, totdat “alle sake vriendskaplik opgelos is deur alle betrokkenes”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
George

Filantropie vererger ‘n probleem in plaas van die probleem op te los.

Johann Marx

Weereens verstaan ek nie. Waarom “vlug” hierdie vlugtelinge na Suid Afrika toe? Wat is fout in hulle lande van herkoms? Behoort dit nie paradys daar te wees nie? Geen apartheid, kolonialisme, imperialisme, onderdrukking, wit oorheersing of kapitalisme nie. Dit behoort mos nou daar baie beter te wees as in haatlike Suid Afrika met sy apartheidsgeskiedenis? Ons is in baie opsigte die argitekte van ons eie ondergang…..

Carl

Ek wonder of die SAPS so paraat sal wees om ‘n groep onwettige plakkers van ‘n boer se plaas te verwyder. As die plakkers SA burgers met stem reg is.

Hentie

Dit is ‘n “catch-22” situasie. Wat die 2 kommentare reeds gelewer het, is waar. Maar nou IS daar ook ander lewens, volwassenes en kinders, wat nie altyd vir hulself kan dink en aan die gevolge van hul optredes nie – wat in ‘n noodsituasie verkeer. As Christen, stem ek, MOET hul gehelp word, al is dit tydelik. Soos die artikel sê, word daar aan oplossings gewerk. Dus is dit nie permanent nie. Gee die eienaars van die plaas dan genoegsame tyd om die planne reeds besig mee, tot uitvoer te bring. Ek haal my hoed vir die grondeienaar en sy… Lees meer »

Berhalet Beukes

Nou toe nou, as plakkerskampe oral opskiet soos sampioene, word hulle tóg maar gelos. Wanneer iemand tydelik vlugtelinge op hulle eie, privaat eiendom akkommodeeris daar herrie. Sou hulle so vinnig en effektief intree as Suid-Afrikaanse plakkers onwettig geplak het? O ek het vergeet,ons bbloedjies is agtergeblewe en kan maak nes hulle wil maar o wee as buitelanders ‘n heenkome soek. Dis dalk nie ‘n gepaste oplossing vir die vlugtelinge nie maar ek het respek vir die plaas eienaars se poging. Dat blankes nou so ‘n voorbeeld stel. D