Plaasgesin vas oor wapens

AK47-aanvalsgewere (argieffoto)

AK47-aanvalsgewere (argieffoto)

‘n Man en vrou en hul twee kinders is Dinsdag op hul plaas in Genadendal in die Wes-Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, sê ‘n 57-jarige man, sy 55-jarige vrou, hul 27 jarige seun en 23-jarige dogter is in hegtenis geneem vir die besit van vier onwettige vuurwapens en twee kiste vol onwettige ammunisie.

Traut sê die Valke het inligting ontvang waarna hulle ‘n klopjag op die gesin se plaas uitgevoer het. Daar is op twee .303-gewere, ‘n 6.35-pistool en 7.62-pistool beslag gelê.

“Die vuurwapens was in die gesin se besit sonder geldige lisensies. Daar is ook vuurwapens op die toneel gevind wat wel wettiglik besit word,” het Traut gesê.

Volgens Traut is daar ammunisie vir R1-, R5- en AK47-aanvalsgewere gekry. Hy sê daar is ook twee ongeslypte diamante in die gesin se besit gevind.

Die gesin sal na verwagting vandag in die Caledon-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Marieta ·

Te treurig om iets aan al die plaasmoorde te doen, maar vreeslik gou om boere te ontwapen!

PURE BOER ·

En daar kry die skelms en moordenaars weer wapens. Dis waar al ons wapens wat hul van ons weg neem gaan. Gaan bietjie na jou plakkers kampe VALKE, dan kry julle al die wapens wat ons destyds ingegee het. Hulle wil ons net ontwapen sodat ons ons self nie kan verdedig nie.

In die murg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel,
Van ons wieg tot aan ons graf.
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland, ons sal die adel,
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners,
Kinders van Suid-Afrika.

amelia ·

Magies lyk my slegs die wittes se plekke word vir wapens gesoek Ek dink dit is die wat in die huise werk wat praat sien wat aangaan laat hul loop want dit is waar die groot problem le Die plase word aangeval (mense in dorpe en stede ook) maar jy mag nie n wapen he nie Hul is soos n trop ma jy moet lisensie he maar barbare loop some met hul aks in northpark en beroof die plek Ek se ook mens moet jouself beveilig maak nie saak hoe nie (polisie gaan dit defnitief nie doen nie en het ook nie simpatie nie)

Sandra ·

Jip – maklik om die witte te ontwapem, maar ai wat n gesukkel om die plaas MOORDENAARS aan te keer .

Esmé ·

Nico Strydom, het jy die moeite gedoen om die “beskuldigde” se gedeelte van die storie te lees voordat jy hierdie snert geplaas het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.