Plaashuis by Fort Beaufort afgebrand

(Foto: pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap het sy 72-uur-reaksieplan in werking gestel om te soek na die verdagte of verdagtes wat die afgelope naweek ʼn plaashuis in die omgewing van Fort Beaufort in die Oos-Kaap aan die brand gesteek het.

Ingevolge dié plan word bykomende hulpbronne dadelik beskikbaar gestel om ʼn saak te ondersoek.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, sê ʼn aantal vuurwapens is glo uit ʼn kluis in die huis gesteel.

Volgens Tonjeni het die polisie Sondag omstreeks 02:30 ʼn oproep gekry dat daar by die huis ingebreek is en dat dit in ligte laaie is.

“Gelukkig is geen beserings aangemeld nie. Dit sluit die eienaar in, wat nie tydens die voorval tuis was nie.”

ʼn Saak van brandstigting en huisbraak word ondersoek.

Tonjeni het gesê die taakspan wat die voorval ondersoek, volg alle moontlike leidrade op. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cecilia ·

Daar wys dit nou weer. Dit gaan nie oor diefstal alleen nie maar om te verwoes en af te breek. Dankie tog d Boer was nie tuis nie.
Begin soek by sy eie werkers! Hul het geweet hy is weg vir d naweek en het hul kans waargeneem

Werner ·

Terrorisme in werking.Glo dat daar werkers betrokke is.Hierdie aanvalle en terrorisme gaan eskaleer tot ons uitgeroei is of tot ons ons rue styf maak.As jy vir my wil vra wat ons moet doen stel ek voor jy vra jouself af wat jy bereid is om te doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.