Plaashuis deur boewe in puin gelê

Die huis nadat dit heeltemal in die brand verwoes is. Foto: Facebook

Die huis nadat dit heeltemal in die brand verwoes is. Foto: Facebook

ʼn Gesin van Noordwes het al hul besittings verloor nadat hul plaashuis Saterdagaand ná ʼn inbraak heeltemal afgebrand is.

Herman Conradie, die eienaar van die plaas Wesselsfort in die Biesiesvlei-omgewing naby Sannieshof, het aan Maroela Media gesê die voorman, Rudi Thiart, het saam met sy vrou en twee kinders in die huis gewoon. Conradie woon nie self op die plaas nie, maar op ʼn ander plaas in die omgewing.

“Rudi en sy gesin was nie Saterdagaand by die huis nie, want hulle het by sy broer oornag. Inbrekers het by die huis ingebreek en die televisie, DVD-speler en rekenaar gesteel en dit in ʼn bakkie gelaai. Hulle het toe met die bakkie gevlug,” het Conradie gesê.

“Dit lyk asof hulle tussen Vermaas en Sannieshof beheer oor die bakkie verloor het en teen ʼn paal vasgery het. Hulle kon seker nie weer die bakkie aan die gang kry nie en het dit ook aan die brand gesteek. Die gesteelde goed was nog agterop.”

Volgens Conradie is die hele huis met al die inhoud in die brand verwoes. Forensiese deskundiges was Maandagoggend nog besig op die toneel.

“Twee weke gelede is vier van Rudi se honde gif ingegee. Ons kon twee van die honde deurhaal, maar twee is dood,” het Conradie gesê. Hy het gesê dit is nie duidelik wat die omvang van die skade is nie, aangesien die versekering nog ʼn beraming moet doen.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig, maar kon nie dadelik meer inligting verskaf nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Frederik ·

Barbaarse optrede. Gelukkig was Rudi & gesin nie tuis nie, anders was hul vandag in die lykshuis.

DPJ ·

Ja, kyk nou wat het die lied van “Kill the Boer kill the famer” geword! ANC saam met hulle meelopers juis nouoor die voorval.
Regte rasisme aanval. Waar is die Die preorisering van die Plaasmoorde nou?
Ha, Ha, Ha.

Geskok ·

Afriforum en Solidariteit tree op asseblief teenoor enigeen wat “Kill the Boer kill the Farmer” sing maak nie saak watter kleur dit doen nie. Al is dit “Kill the Black Farmer, ens!!!!!!!!!!!!! Geen farmer nie want nie net hull nie maar ons gaan ook kripeer van elende sonder kos.

Theresa B ·

Sinnelose dade. Weet tog nie wanneer gaan die ligte aangaan nie??!!

Sus ·

Afriforum/Solidariteit het buite die hof geskik met Malema oor ‘Kill the boer, kill the farmer’………say no more!

Gesiggie ·

Baie jammer dat jul as gesin deur so iets moes gaan”’ ja stem saam gelukkig dat jul nie tuis was”’ Ek hoop dat al die Noordwes mense sal saam staan, om die gesin te help.. om weer van voor te begin…Sterkte aan jul… Al het jul baie verloor… is jul darem nog saam as n Familie.

EMK ·

Gesiggie ek stem saam. Hoop almal staan saam om die familie te help. Gelukkig ook ja, dat hul almal saam veilig is.

viky ·

Ek wonder wie betaal hul of wat word hul belowe. Om die boer te vermoor. Dis so duidelik soos dag lig. Kan ANC vir ons lig op die onderwerp sit asb. Jul wat so lekker sing kill the boer.

alida ·

Wat ‘n afskuwelike daad is dit nie. Dit lyk my dit gaan ‘n nuwe tendens word om die huis af te brand net om die grond te kry. Ek sal eerder se hoe ek voel oor die skurke wat daarvoor verantwoordelik was nie want dan word my kommentaar nie geplaas nie. Mens moet nooit bang wees vir die waarheid nie.

Bruce ·

Is dit nie maar net nog ‘n proses van grondherforming nie?
En die plaasboere wat daagliks een vir een uitgemoor word is dalk ook ‘n grondherforming strategie

Varkie ·

Ditto. Ek vermoed egter dat dit moontlik eerder die EFF as ANC is wat agter dit sit.

Anika ·

En geen haan kraai daaroor nie!! Vergeleke met die helse bohaai wat oor twee swart geverfde studente gemaak word (sien berig elders). Ek sukkel om positief te bly.

Maggie ·

En toe was dit nie swart verf nie maar pers , sy het n alian nageboots as n tema en nog n foelie kroon en attennas ook gedra ek sien niks rasisties daaromtrent nie , dit was seker vir die ontgroening of iets

DPJ ·

Rassisme (wat net wittes kan plees) is ‘n groter misdaad as moord, roof, verkragting ens.

Pieter ·

Die tipe optrede is aanvaarbaar in onse SA, maar behoede jou siel as jy jou gesig pers verf!

Piet Piper ·

Wonder of dit nuwe strategie is….verskroeide aarde beleid……… alla Anglo Boere Oorlog ???
Sekere mense is besig om die sluimerende weerlig in elke boer te aktiveer !!!!

alida ·

Mens moet die patetiese Zuma gaan aankla vir aanhitsing. HY is die een wat sing dat die boere doodgemaak moet word. Nee man mens kan nie so leef nie. Jy vrees elke dag vir jou lewe en moet duisende spandeer om jouself te beveilig. Dit maak mens mal.

Anesta ·

Dit kom al hoe meer voor dat hulle die plaashuise afbrand, as jy nie daar is sodat jy vermoor kan word nie, brand hulle jou huis af… Hulle was daar met een doel en dit was om te moor, anders sou hulle nie die goedere wat gesteel was ook verbrand het nie…

vierkleur ·

Ek wil n paar dinge kweit raak,maar ek sal toe gesluit word as ek dit hier moet skryf.

Wat was die doel van die aanval as hulle als gebrand het,huis ,bakkie met hulle byt wat gesteel is? Hierdie terroriste het gegaan om te moor, martel en te verkrag, soos hulle aangehits word om te doen. Ons moet in opstand kom, hou op om jou groente en vrugte mark toe te stuur.
verkoop direk aan slegs die blanke publiek jou gewasse. Dwing hierdie terroris regering op sy kniee ,deur hulle te laat omkom van honger. Niemand kan vir my se aan wie ek mag en nie mag verkoop nie

A.E. Jansen van Vuuren ·

Hoekom tree niemand op nie. Dis omdat die stedelinge valse gerustheid het. Dit raak en traak hulle nie. Dis die boer, sy werkers, en sy plaas wat die sagste teikens is. Dis nie xenofobia nie. Dis alleen oorlog voer. Die eenkant voer oorlig terwyl die anderkant se hande agter sy rug vasgebind is. Suid -Afrika se vervolgdes moet terugkeer na dieHere en hul sondes bely…dan sal hulle beskerm word deur God. Die Here sal Sy Engele stuur en verwoesting saai onder die vervolgers. Handhaaf die gebooie van God en kyk en sien wat die uitkoms is.

amelia ·

vierkleur stem saam wat my ook laat wonder hoekom altyd ook selfone steel en hoekom moet selfone geRIKA word is dit geval om te weet waar en wie is wit

Johannes Meintjes ·

Terwyl die burgers kerm en toenemende verliese lei, of die dringende taak aan ander probeer oorlaat, sterf ons plaasboere. Duidelik gaan dit hier om moord en plundering. Die politieke voor-verkiesingpaaiery oor plaasmoorde as prioriteitmisdaad en verbeterings in die SAPD is duidelik nog net praatjies. Intussen is nasionale opskerping van buurtwagte, plaaswagte en opskamers d.m.v. “Plan B” en die heropstel van Kommandos wat patrolleer ook nog net praatjies, brandewyn in die hand.

andre de kegel ·

ek wonder wat sal gebuur als die president syn huize sal in brand gesteek wordt hul sal wel gevat word en in die tronk gesteek word hoop da alles reg sal kom hulle land es baie mooi maar ons sal als westerlink niemeer kom nie es baie gevaarlyk om te kom kuier

Pieter (Limpopo) ·

As hierdie dinge so aanhou hand aan hand met betogings plundery en moor moet daar gese word as hulle weer betoog moor plunder sal daar met lewedige amunisie geskiet word. Hulle wat dit dan nog steeds doen is bereid om te sterf vir hul dade

Pieter (Limpopo) ·

As hierdie dinge so aanhou hand aan hand met betogings plundery en moor moet daar gese word as hulle weer betoog moor plunder sal daar met lewedige amunisie geskiet word. Hulle wat dit dan nog steeds doen is bereid om te sterf vir hul dade

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.