Plaashuis gebrand ná Coligny-hofuitspraak

‘n Skermskoot uit ‘n video van eNCA van die brandende huis.

Woedende inwoners van Coligny in Noordwes het Maandag ʼn huis op ʼn nabygeleë plaas aan die brand gesteek nadat die hof twee mans van die dorp op borgtog vrygelaat het.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) is albei vroeër op borgtog van R5 000 elk vrygelaat. Doorewaard en Schutte word aangekla van moord op Matlhomola Jonas Mosweu (16). Die mans beweer hulle het hom en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan vat. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Volgens die beskuldigdes het Mosweu van die bakkie afgespring toe die voertuig om ʼn draai spoed verminder het en is later aan sy beserings dood. Die staat beweer Mosweu is van die bakkie af gegooi.

Pieter Karstens, Doorewaard en Schutte se werkgewer, het aan Maroela Media gesê die huis wat aan die brand gesteek is, is sy buurman se huis op die plaas langs syne. Karstens het gesê hy weet nie hoekom hierdie huis juis geteiken is nie, aangesien die buurman nie ʼn verbintenis met Doorewaard of Schutte het nie.

‘n Skermskoot uit ‘n video van eNCA van die brandende huis.

Volgens Karstens bly Doorewaard en Schutte nie op hierdie plaas of op sy [Karstens se] plaas nie. “Hierdie mense is ingelig. Hulle weet waar ons almal woon, hulle ken ons bewegings,” sê hy. Maroela Media verneem landerye is ook aan die brand gesteek. eNCA berig joernaliste is ook op die toneel aangeval.

Brig. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die meeste inwoners het ná die hofuitspraak voor die hof saamgedrom terwyl gemeenskapsleiers hulle toegespreek het.

“Die mense is nie tevrede met die borgtoguitspraak nie, maar die meeste van hulle is kalm. Daar is enkele kriminele elemente wat gegaan het en na bewering ʼn huis aan die brand gesteek het, maar die situasie is nie buite beheer nie. Die meeste mense is ontevrede oor die uitspraak, maar nie gewelddadig nie,” het hy gesê.

Hy het gesê niemand is in hegtenis geneem nie.

Lees alle vorige berigte oor Coligny op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

m ·

Wil hiedie gemors nou nie maar tot ruste kom nie. Mens is al so naar vir hierdie storie. Niemand dans op en af voor die hof as boere se moordenaars daar verskyn nie. Nee rerig hoor……

Rox ·

Die gemors is n spul kriminele elemente wat dink hulle kan maak en afbreek sonder om aangeka te word. Ek kan my voorstel hoe hulle sal tekere gaan as ons hulle huise afbrand na n boer vermoor is. Die spul maak my siek. My vraag is waar was die polisie toe dit gebeur het. Seker weer oogklappe opgehad.

Jakalas ·

En daar is geen oproer oor nog ‘n huis wat af gebrand is nie? Veral omdat die beskuldiges op daai plaas bly nie. Baie selektief met wie hulle aanvat. Wat sou gebeur het as iemand in daai huis brand dood gebrand het?

Andre ·

ok, so hulle mag huise aand die brand steek en mense met skade los ??

eks moeg ·

hulle “ongegronde woede” is net n ekskusie om te doen wat hulle organiseerders hulle beveel het. ek hoop die boer het versekering en ek hoop die versekering gaan van die “woedenede betogers” eis. die tyd sat BETOGERS betaal vir hulle woede.

Reinet Muller ·

Om n huis af te brand is mos geweldadig of is dit nie????

goga ·

Om n huis af te brand is brandstigting en poging tot moord .. hulle gaan net die verkeerde ou se huis brand en die ou strip hom dan is daar moeilikheid as hy hulle huise aan die brand steek .. hulle saai wat hulle nie graag wil maai nie…

CAROL ·

HULLE HET GESE HUL GAAN DIE PLEK AFBRAND EN HULLE HET. GAAN DAAR NOU IETS GEBEUR MET HULLE??? (SOOS N SAAK GEOPEN TEEN HULLE)??? OF GAAN HUL NOG SKOTVRY AFKOM????

Alta ·

My meegevoel vir die mense wie skade gekry. Mag hulle die LUR van Noordwes dagvaar vir skade vergoeding om dat hy om politieke redes die gepeupel gaan aan hits het gister. Hy het klaar geoordeel voor die saak deur die regstelsel afgehandel is. Ek bid vir die boere.

AL ·

Sê ek ook! Hierdie is ñ politieke spel, en daar moet drasties opgetree word teen leiers wie verantwoordelik is vir uitsprake.
Kan hy gedagvaar word vir die skade wat gely is.
Hierdie mense ken nie van verantwoordelikheid neem vir hul dade nie, dis hoog tyd dat hul met rand en sent beveg word.

pieter ·

EK HOOP NIE DIT IS WIT RASISTE WAT DIE HUIS AAN DIE BRAND GESTEEK HET NIE.

Johannes van Staden ·

Ek stel voir dat die gemeenskap dit oorweeg om die munisipaledienste se gelde in n trust betaal todat dinge regkom daar

Johan Pretorius ·

Dit gaan net erger raak mense.
Almal moet maar reg wees, die aanslag is nader as wat ons dink.

Louis ·

Stem saam , as die leiers van die land geweld verder gaan aanblaas dankom hier groot moeilikheid, ons beweeg alreeds op n mespunt

Scalla ·

Wat sê die uitgesproke noord wes premier nou, hy het mos hul klaar skuldig bevind, kla hom aan, hou hom aanspreeklik, groot opsteker,

Theresa M ·

Ja dis mos hulle karakter om te verwoes. En dan is hulle vinnig om te kla hulle kry nooit niks. Ek hou voet by stuk hulle is demonies.

CL ·

Die situasie is onder beheer??? Om ‘n huis aan die brand te steek is GLAD NIE onder beheer nie! Dit is geheel en al onaanvaarbaar! Luister na julle self, tot watter extend gaan die situasie as buite beheer erken word? Hoeveel onskuldige plaas mense moet nog wreed vermoor word? Hoeveel besighede moet verder verwoes word? Ons land is in ergere nood en julle sê dis onder beheer. Ek is sprakeloos! Waar gaan dit eindig?!

James ·

Is die 1994 FW en Mandela lofsangers nou al oortuig van Dr. AP Treurnicht se waarheid oor die toekoms van die Afrikaner in Suid Afrika? Ogies oop? Nog nie? Brand dan maar nog so bietjie – TOT jou ogies oopgaan. Besluit maar hoe seer jy wil kry voor jy wakker word .Daar is net EEN antwoord vir die Afrikaner in Afrika – PRESIES soos verkondig 25-30 jaar terug: SELFBESKIKKING, met ‘n eie, outonome grondgebied. (As jy nie daarvan hou nie – immigreer NOU.)

Jean ·

DIS DAREM NOU REGTIG BELAGLIK. Ek sien op ander kommentaar kolomme ook. die Swartes wil al die plase en huise in Coligny afbrand oor die manne se borgtog. Hoekom brand die wittes nooit die PLAASMOORDENAARS se huise en dorpe af nie? Gaan dit oor BESKAWING? Gaan dit omdat witmense inherent goeie gedissiplineerde ordentlike mense is en die protesters nie? Waaroor gaan dit? Ek kan nie glo dat alle swartmense BLINDELINGS hierdie mense volg en dit VOORDAT Die mans skuldig bevind is nie. HOEKOM KRY SWART PLAASMOORDENAARS borg maar die swartes het die reg om ‘n dorp aan die brand te steel omdat twee wit boere (let wel net beskuldigdes op hierdie stadium) borg gekry het? DIS RASSISME in sy ergste graad, komende van swartes!!

Amelia ·

nie geweldadig nie????? is n huis aan die brand steek NIE GEWELDADIG NIE???

JJ ·

die nuus het nou net gese daar is nou 3 huise afgebrand – wat nou

Helen ·

Hulle is al klaar besig om verder af te brand!!! Daar is nou nog huise aan die brand gesteek!!

Anoniem ·

Brand hulle ‘n onskuldige burger se huis af. Hoe rasisties van hulle!!

Marius ·

Die boer stamp die fotograaf weg dan kom die fotograaf nadat iemand hom ook wegstamp terug na die boer en skouer die boer natuurlik gaan hy homself verdedig so kry vir jou fotograaf.

Johan Pretorius ·

Asb boere kom bymekaar en beskerm julself en eiendom. Dis onaanvaarbaar. Polisie doen niks. Hulle gaan ook niks doen nie. Die eerste boer wat se huis gebrand is, het ook nou probleme. Hy die joernalis geslaan en blykbaar met pistool gedreig

Maraai ·

HULLE IS NIE GEWELDADIG NIE MAAR BRAND N PLAAS HUIS AF EN VAL JOERNALISTE WORD AANGEVAL????? WAT AS DAAR ‘N PERSOON IN DIE HUIS VASGEKEER WAS EN DOOD GEBRAND HET. SOU DIT OOK NET DAAR GELOS WORD EN GESE WORD HUL IS NIE WELDADIG NIE????? EN NOU GAAN NIEMAND SEKER BOET VIR DIE SKADE NIE… DIE WAT DAAI HUIS AFGEBRAND HET SE HUISE MOET OOK AAN DIE BRAND GESTEEK WORD….

Yster ·

Boere beweeg saam, maak n plan ek dink dis Tyd, hoe meer van ons bymekaar is hoe beter, Orania is die veiligste opsie

JR ·

En Christus het gese:”Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie”
My kind oorlede weens nalatigheid op fleur van se lewe. Verpletterend om af in oop graf na wit kis te kyk. Deel van jou bestaan word ook begrawe. MAAR ons as familie is tot stilstand geruk. So ongeluk is maar selfde as moord. Feitlik. Maar ons soek berusting. Nie wraak nie. God se troos, nie oproeriges se gekheid nie. Dis hartseer. Wens ek kan met al daai families sit en praat.

Oh please ·

Weet jy wat doen húlle met diewe? Google “mob justice”, “necklacing” of “lynching” as jy nie weet nie.

Hanno ·

Dit sal nie die eerste keer wees wat ons volk se huise en plase afgebrand word nie…
Mag die Here ons volk beskerm deur hierdie donker tye

Ettienne Swanepoel ·

Weet julle wat gaan gebeur? Dieselfde wat na enige moord op n Afrikaner gebeur. Ons gaan absoluut niks doen nie. Behalwe om op sosiale media te kla. Ons is heeltemal te slapgat om iets te doen. Geweld word slegs met geweld beveg. Daarom sal hul ons almal nog uitmoor, Want ons baklei nie terug nie. Die staat gaan jou nie verdedig nie, maar eerder saam moor. Hou op buig voor die vyand. Alles doen om net nie aanstoot te gee nie. Magtig man. Maak jou rug styf, staan regop, en veg vir dit waarvoor ons voorvaders gesterf het!

Manie ·

Kan daardie opstoker rassis van n premier nou hierdie gemors wat hy begin het beeindig

Chaparel ·

Maak julle reg vir die groot moeilikheid wat ons in die gesig staar, dit word net erger.

Manie ·

Kan daardie rassis van n premier wat so opgestook het nou sy groot mond gaan rek en daardie kriminele onder bedwang gaan kry. Netnou is daar nog mense dood. Of hoop hy dit gebeur dat hy sy rassisme weer op die begrafnis kan gaan uitblaker

Blom ·

Ai, dis so hartverskeurend!!! Lyk nie of ons meer polisie het in Suid Afrika nie..??? Waarom gebruik hul nie rubber koeëls wanneer die mense so geweldadig raak nie? In die verlede is dit nooit sovêr gelaat nie….

Yster ·

Vruheids dag le voor, almal moet opstaan daar is nie meer tyd oor nie,staan saam en beraam n plan , dit kan nie meer so aangaan nie, as die wittes ontrek en alles verkoop dan gaan hulle brand, nie meer kos , klere, besigheid ens nie, so Freedom for All, my gat!!!Maak n plan verkoop als wat jy het en trek na n boerestaat wat kan werk, en klaar besig us om te werk, begin van voor af en dink aan jou eie lewe, dis nie n grap as n familielid vermoor word nie, hulle beplan n groot aanvaal op almal, asb mense maak n plan

Johan ·

Julle het die kat aan die stert beet Maroela! Dit is nie die inwoners van Coligny nie – dit is inwoners van die swart woonbuurt Thlabolagang!

Alet ·

Hierdie gemors is nou buite beheer net die Here kan ons nou help ons moet op ons kniee bly.

Pieter Pieterse ·

Vir die wat vra wanneer gaan ons oe oop, stop dit nou. Ons oe is oop. Net ‘n dom man sal nie sien wat aan gaan nie. En die wat se wittes is slapgat, stop dit ook en stel liewers voor wat ons moet doen. Daar is genoeg mense wat gatvol is. Ons kort net iemand wat ons kan lei want een man wat gatvol is kan niks doen nie. Ons moet ‘n groep begin skep sodat ons in ‘n groep kan reageer. Noem die groep wat ons moet by aansluit sodat ons kan berei vir die oorlog wat kom.

Johannes Meintjes ·

Rassisme en opstokery, geweld en misdaad is skynbaar makliker as verantwoordelike rentmeesterskap, goeie regering en oortuigende leierskap! Waar is die nasionale ekonomiese plan sodat almal stigtelik, doelgerig en opbouend kan meedoen?

SARIE VAN HEERDEN ·

Pieter Pieterse, so bly om te sien jy gebruik nie ‘n skuilnaam en ook dat jy die gevoel van menige van ons eggo dat ons nie meer wil weet of mense “gatvol” is nie en liewer met oplossings moet kom. Stem heelhartig saam met jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.