Plaaslike sakereise herstel tweede vinnigste ter wêreld

(Foto: Comair)

Naas Nieu-Seeland is Suid-Afrika die land wie se plaaslike sakereise die vinnigste herstel het sedert die uitbreking van Covid-19 wêreldwyd. Die getal sakereise wat tans in Suid-Afrika onderneem word, is wel net 25% van wat dit voor die uitbreking van die koronavirus was. In Nieu-Seeland is die syfer soveel as 80% van wat dit voor Covid-19 was. In die VSA en Switserland reis net tussen 1% en 10% van sakelui in vergelyking met die getal mense wat voor die uitbreking van die virus plaaslik gereis het.

Dié syfers is vandeesweek deur die reisagentskap FCM Travel, ʼn onderafdeling van Flight Centre, bekendgemaak. FCM Travel het ʼn dokument bekendgestel wat ondersoek instel na die uitdagings waardeur sakereise in die gesig gestaar word, insluitend inperkings deur regerings, strenger gesondheidsvereistes en huiwering by mense om te reis.

Die agentskap voorspel dat reisvlakke in etlike wêrelddele, vir internasionale sowel as plaaslike reise, in September en Oktober vanjaar na normaal sal terugkeer.

Andrew Stark, besturende direkteur van Flight Centre in die Midde Ooste en Afrika, sê Suid-Afrikaanse maatskappye is dapperder in hul benadering tot Covid-19 en wys ʼn definitiewe aptyt vir reis. Daarom dat reisvlakke hier so vinnig herstel het. “Sodra die entstof meer vrylik beskikbaar is, verwag ons dat die koers waarteen mense (plaaslike en internasionaal) reis vinniger sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie J ·

Ek wonder wie se vliegtuig, toegerus met versoolde bande en n dakrak , staan op die aanloopbaan?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.