Plaaslike vervaardiging van weermaguniforms gaan werk skep

Die weermag se uniforms sal binnekort ten volle op tuisbodem vervaardig word. (Foto: Ashraf Hendricks/GroundUp)

Deur Liezl Human, GroundUp

Die besluit om nuwe uniforms vir die Suid-Afrikaanse weermag in die geheel in Suid-Afrika te vervaardig, gaan broodnodige werksgeleenthede in die tekstiel- en klerebedryf skep, sê die Tekstielvereniging.

Die nuwe uniforms sal voortaan plaaslik vervaardig word in ooreenstemming met regeringsregulasies wat daarop gemik is om die klerebedryf ʼn hupstoot te gee. Aanvanklik is die spesiale materiaal wat vir die uniforms gebruik is, ingevoer, maar plaaslike vervaardigers ontvang nou opleiding oor hoe om dit te maak.

Die Tekstielfederasie (Texfed) het die weermag se besluit verwelkom. Brian Brink, hoof van Texfed, sê die projek gaan die plaaslike bedryf help groei en “uiters noodsaaklike werksgeleenthede” help skep.

Die WNNR, wat die nuwe ontwerp van die uniforms lei, sê hy voer samesprekings met plaaslike tekstielvervaardigers om die materiaal te verskaf. Dit word na verwagting aan die einde van die jaar bekend gestel.

Die beleidsraamwerk oor voorkeur- openbare verkryging (PPPFA) bepaal dat goedere wat staatsinstellings bestel ʼn minimum plaaslike inhoud moet bevat. Die beleid is aanvanklik in 2011 in werking gestel in ʼn poging om Suid-Afrikaanse nywerhede en werksgeleenthede te beskerm.

Die departement van handel en nywerheid bepaal die minimum vlak vir elke bedryf of sektor. In die geval van klere en tekstielprodukte is dié syfer 100%.

Simon Eppel, ʼn navorser verbonde aan die Suider-Afrikaanse Klere- en Tekstielwerkersvakbond (Sactwu), sê dit verseker dat plaaslike werksgeleenthede geskep en behou word.

Dit is veral die geval met staatsinstellings wat ʼn verantwoordelikheid het om aan die minimum drempels te voldoen wanneer hulle groot bestellings – soos in die geval van die weermaguniforms –plaas.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder van die weermag, het bevestig dat die uniforms voortaan op tuisbodem vervaardig gaan word. Tydens die ontwerpstadium moes die geweefde materiaal ingevoer word omdat “geen vaardigheid plaaslik bestaan om die vereiste materiaal te verskaf nie”.

Die WNNR, in ʼn poging om die plaaslike bedryf “te bemagtig”, werk intussen egter saam met plaaslike vervaardigers om die materiaal vir die finale bestelling te lewer, sê hy.

Tleyane Sono, ʼn WNNR-bestuurder, sê die instelling steun plaaslike bedrywe en soek altyd na plaaslike materiaal en onderdele voor daar na die buiteland gekyk word. Die WNNR doen ook navorsing oor die beste materiaalopsies en dit moet nog getoets word.

Intussen sê Bongani Lukhele, woordvoerder van die departement van handel en nywerheid, die departement het dit in ʼn brief onder die weermag se aandag gebring dat hy aan die beleid in sy verkrygingsprosesse moet voldoen.

Probleme met uniforms en stewels is in 2018 al deur soldate wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, onder die weermag se aandag gebring. Die departement van verdediging en militêre veterane het vroeër gesê proewe vir die nuwe uniforms het in Junie begin en dit sal na verwagting volgende maand heeltemal in gebruik geneem word. Nuwe stewels word al sedert Julie aan soldate voorsien.

  • Hierdie berig is oorspronklik deur GroundUp gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan ·

Waar is die verskeffer wat die materiaal voor 1994 verskaf het, kon nie ingevoer word nie want daar was sanksies en veral teen die weermag. Ag jammer hulle voldoen seker nie aan BEE standaarde

annie ·

Aangesien Afrika jaarliks tien of meer oorloë aan die gang het en ons weermag vrede orals behalwe in hierdie bedroeflike landjie van ons wil bewaar, kan ons seker ‘n paar Afrika$ probeer maak maar of ons beter kwaliteit gaan lewer as waaroor nou gekla word is ‘n ope vraag. Natuurlik sal ons gepledge moet word want hoe anders gaan SA enigiets uit die niet begin met hordes mense wat weer sal wil baat by die projek. Ons wapenfabrieke is deesdae so-so en bankrot, nou wil ons uniforms ok nog maak…

Nie Verbaas ·

Hulle moet gaan kers opsteek by die firma wat weermag se voertuie kamofleer. Ek meen, die klomp verloor gekamofleerde voertuie in n veld oefening.

Chris dupreez ·

Nou hoekom nie meer china se gemors koop nie. SA se tekstielbedryf was opgeneuk deur die anc. Ek hoop maar dit kom reg vir die mense in die Kaap en die goed word nie vervaardig deur buitelanders op n sypaadjie in Soweto nie.

Joe Olivier ·

Ek wonder of hulle ‘n rekbare weergawe ook gaan maak. Veral vir party ( meeste van) die ronde lede wat nie eers agter op ‘n Samil kan klim nie.

Bernard ·

Iemand gaan êrens weer lekker skep, hou maar gerus hierdie spasie dop.

Hennie ·

Speel asb oop kaarte, noem die fabriek in SA wat materiaal vervaardig… China!

Owlie ·

Hopelik word diegene wat die naaldwerk gaan doen ordentlik geleer hoe om netjiese kwaliteit te lewer – uniforms wat hou en nie soos die gemors wat deesdae ingevoer en ten duurste verkoop word met onafgewerkte nate wat drade trek en oopgaan nie en hopelik lyk dit soos uniforms en nie een of ander sirkus clown se klere nie

Nie Verbaas ·

Dit vat ANC 27 jaar om die besluit te neem om dit lokaal te maak. “Flink en vinnig” gedink ANC.

MakersMark ·

Wat van die tradisionele stertriem? Daai camo broeke, hemde en swaar stewels is “colonialist”.

Nie Verbaas ·

Hier kom ongetwyfeld nog n BEE (Black Elite Enrichment) klugspul.

Harley Davidson ·

Die inisiatief klink reg maar dit is n mors van tyd en geld ,ek sou die weermag wat in elkgeval net ‘n uitgawe is met ‘n 2 derde verminder en militêre vervaardiging maatskappye stig om die wat hulle inkomste sou verloor te huisves en al die militêre benodigde self te vervaardig.

Swanie ·

Daar poefies nog n paar miljoen , Duitsland wat vir eskom wil geld gee , kiss your money goodbye . Our people het bottomless pockets.

Pablo ·

Jip nog n stap voorentoe na Kommunisme. En die 6 miljoen belasting betalers sal vir alles betaal.

Biker mice ·

Dis fantastiese nuus….weet nie hoekom hulle uniforms wil verskaf nie en ons wonderlike weermag het nie wapens of die “know how” nie, en terselfde tyd is Denell ens tot nuut, so geen vooruitsig vir nuwe wapens nie, darem gaan hulle lekker warm wees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.