Plaasmoord: 16-jarige vas vir moord op egpaar

plaasdamʼn 16-jarige het Maandag in die landdroshof in Mosselbaai verskyn in verband met die plaasmoord op die egpaar Will (69) en Anje Kiesling (66), van Lephalale (Ellisras) in Limpopo.

“Die saak teen die seun is tot 7 April uitgestel, sodat die saak na die Mokopane-landdroshof oorgeplaas kan word,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê.

Die seun is na bewering ʼn familielid van die egpaar.

Die Kieslings se liggame is Vrydag op hul plaas Merebank in die Swartwater-distrik aangetref. Die seun is Maandagoggend in Mosselbaai in hegtenis geneem. “Die jeugdige is by sy voog se huis in hegtenis geneem,” het Mulaudzi gesê.

Polisie het die op die egpaar afgekom nadat familielede nie met hulle in verbinding kon tree nie. “Hul liggame was reeds in ’n gevorderde stadium van ontbinding en ʼn nadoodse ondersoek sal vandeesweek gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal,” het Mulaudzi gesê. -SAPA

Lees ook:
Plaasmoord: Man en vrou dood aangetref

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Leana ·

Slim Daan ek stem heeltemal 100% present saam met jou. Kan nie hierdie mense se persepsies verstaan nie. Kan maar net my Afrikaner kop in skaamte laat sak vir my mede landgenote.
Ek distansieer my gevolglik van hulle walglike uitlatings !

Gert ·

Jou huigelaar. Jy weet al lankal nie meer wat reg of verkeerd is nie.

Ria Maritz ·

Ai tog, dis verskriklik wat in die land aangaan, waarom selfs kinders so jonk as 16 hul geliefdes vermoor. Is hierdie nog ‘n Don Steenkamp geval en dit mense wat reeds bejaard is en hulself nie behoorlik kan verdedig nie.

Ek hoop eerlikwaar dat hierdie saak spoedig opgelos sal word.

Baie sterkte nogmaals aan elkeen wat deur die afsterwe van 2 geliefdes geraak word.

Leana ·

Nog skokkender die besef dat dit toe nou nooit ‘n plaasmooord was nie.

peter ·

Mense ons moet ons begin voorberei vir wat gaan kom ,ons bly nie jonk nie en ons moet paraad bly .Een lewe is een te veel

Riana Versteeg ·

Het Maandag met skok besef al die koerant berigte is van oom Will en tannie Anje se dood – baie “sad” as jy die mense geken het. Hul kinders was deel van ons huis naweke saam indie kerk endan wonder jy wat het verkeerd gegaan met die seun en hoekom sy oupa en ouma vermoor. Ons harte gaan uit na die familie wat hul geliefde ouers verloor het. Oom Will tannie Anje rest in peace en aan die kinders hoop al julle vra van waarom hoekom word gou beantwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.