Plaasmoord-aktivis op hoewe vermoor

Annette Kennealy (Foto: Facebook)

ʼn Aktivis teen plaasmoorde is Maandagoggend op ʼn kleinhoewe buite Louis Trichardt in Limpopo vermoor. Sy is vermoedelik met ʼn hamer doodgeslaan.

Annette Kennealy (51) se liggaam is omstreeks 09:00 op die Welgevonden-kleinhoewes met ernstige kopbeserings aangetref.

Luidens inligting deur Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, aan Maroela Media verskaf, het Kennealy se ma haar aanhoudend gebel en onraad begin vermoed toe haar dogter nie antwoord nie.

Sy het gevolglik iemand gisteroggend uitgestuur na die kleinhoewe waar Kennealy saam met ʼn werker woon. Dit is hiér waar die betrokke persoon Kennealy se liggaam aangetref het.

Kennealy het op haar maag gelê en het beserings aan haar linkeroog asook ʼn oop wond aan haar voorkop gehad. ʼn Hamer het op die toneel gelê en sy het ook ʼn ysterstaaf om haar nek gehad.

Luidens die inligting ontvang is daar geen teken van die werker nie.

Kim Labuschagne, Kennealy se ma, het aan Maroela Media gesê sy het nog Saterdagmiddag saam met haar dogter deurgebring waarna Kennealy haar by haar huis op die dorp afgelaai het. “Sy wou nie inkom nie en het gesê dat sy haastig huis toe is. Sy het later die middag vir my laat weet dat sy veilig by die huis is.”

Die landbouorganisasie TLU SA het die moord op Kennealy ten sterkste veroordeel.

Annette Kennealy (Foto: Facebook)

Henk van de Graaf, TLU SA se streeksvoorsitter, het in ʼn verklaring gesê Kennealy het haar daartoe verbind om die gruwel van plaasmoorde en -aanvalle aan die groot klok te hang en het uitstekende werk in dié verband gedoen.

“As iemand soos Kennealy, wat as ’n aktivis bekend was, self die slagoffer word, kan ʼn mens nie wonder of daar meer agter die motief was as net ’n ‘gewone’ plaasmoord nie,” lui die verklaring.

“Die feit dat sy slegs dae gelede nog plaasmoordsyfers [op haar Facebook-blad] bekend gemaak het, laat die vermoede ontstaan dat hier meer agter dit sit.”

Dit is duidelik op Kennealy se Facebook-blad dat die dreigende kwessie van plaasmoorde haar na aan die hart gelê het en sy haarself daarvoor beywer het om bewusmaking te skep.

Kennealy het onder meer verlede week haar afgryse op dié blad uitgespreek oor die plaasaanval wat die lewe van ʼn boer naby Bonnievale in die Wes-Kaap geëis het.

TLU SA het ʼn beroep op die landbougemeenskap gedoen om hulle paraatheid op te skerp.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig. Maroela Media wag op kommentaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Boxer ·

Drie plaasmoord berigte op eendag? Hulle is besig om nou die boere verkeerd op te vryf. Ons is nie “walking targets” vir die klomp nie. Ons gaan moet begin terug baklei

Grysburger ·

Lees gerus weer die vermoedens van Henk van de Graaf hierbo. Google ook die oorledene se naam en kyk waarby sy betrokke was om aandag te vestig op plaasmoorde.

Dus kan net een van twee dinge gebeur het: of sy is deur iemand na aan haar vermoor of sy is vermoor deur persone wat baie goed is met die soort van misdaad. Dink bv aan fotos van veiligheidskameras wat al die ronde gedoen het waar aanvallers baie gesofistikeerde toerusting ronddra om selfoonseine te onderdruk.

Weereens laat dit mens wonder wie toegang tot sulke hulpbronne het.

Selfbeskikking dringend ·

Dis tyd wir groot druk vir selfbeskikking, hulle ruk nou hande uit.

J ·

Maar die hele land, ek meen anc, eff, da, blf ens kan dae lank n bohaai maak oor 2 ouens n man vir n paar minute in n doodskis sit en hom dan laat gaan, dit is baie erger as moord op n wit weerlose vrou, dit is mos absurd!!!!

An Indian Perspective ·

May she R. I.P.

The article does not say anything about the race of the attacker, or which political party they belonged to.

Looking at some posts, it seems as if this is looked as an attack by blacks against whites.

Maybe this was her psychotic boyfriend that we did not know about?

She was an activist, and even black SA’s would appreciate her efforts. Maybe this was a lapse, similar to the Oscar Pistorius case??? That was also sickening until we found out what his motives were.

Tbe article is really sad, but it shouldnt be seen as a preamble to war. Or the EFF masses preparing their armies.

This was a murder. Even if it was a black murderer. There are 42 Million blacks in SA. Surely we aren’t ready to condemn all black people??

Look at it without color. And help solve the issues rather than preparing for war again.

I am a SA resident, neither black or Afrikaans. And I have a deep love for this beloved country.

R. I. P skat. Your work will always be treasured.

Gaitsigubib ·

Do you really think that the EEF, who sits with 12 % of the support and an ANC who usually eco what the EFF says, has no effect? Did you even listen to the instruction “KILL THE BOER?” It doesn’t take a genius to suspect involvement from the worker? You are a good person, but very gullible if you really believe no political agenda.

Xandré du Plessis ·

Jy weet wat oom siener gesê het. Ons gaan eers met ons rue teen ‘n muur wees voor ons gaan terug baklei. Daai muur kom al hoe nader. Het vanoggend na ‘n suidlander praaitjie geluister na daai Roche ou wat sê die effies wil Augustus al ons wit mense finaal uitroei.

Sieg ·

Ja en plaasmoorde gebeur glad nie in SA nie en julle die mainstream media will fit nie juis dek nie want dit pas nie julle uit kyk nie.

Herman ·

To Indian perspective.
I apreciate your objectiveness,but we have murders and farm murders. Like oskar and the Kokstad murders its usualy family members or people close to the victims. This go for most ordanary murders.
Farm murders arw usualy black om white. Fueled by n deep hatred instigated by politicians and agendas. This fact cant be ignored.

Johan ·

Ek kon nie hierdie berig lees sonder om lelik te vloek van woede nie. Ek dink die algemene beskawingsvlak van ons land het gedaal tot laaste in die wêreld!

PJC ·

Hierdie moord dui daarop dat daar ń duidelike agenda agter plaasaanvalle is. As ń mens dit nie wil insien nie is jy dom of wederstrewig.

Haan ·

Selfbeskikking en kommandostelsel. Ander sal ons sweerlik as nasie uitsterf

Boerin ·

Net verskriklik…elke liewe dag die een berig wreder as die volgende…en dis maar okay want dis mos boere!
Wat se die President ? Tjoepstil ! hoekom is daar nooit n woord vd regering nie…dis regtig betreurenswaardig, ek hoop en bid TLU hang dié moorde aan die grootste klokke sodat die wereld dit kan sien! Ek is gevul met groot haat veral na die berig vd ma en dogter langs die N4.

jannie ·

So oulike en goeie mens…..dis net eenvoudig nie reg dat so mens so geweldadig moet sterf nie…..wel sys nou n engel….

schaun ·

Die plaasslagting sal aanhou want die media wil nie die feite soos dit is plaas nie
Is die rede politieke korrektheid of moedswilligheid om verdere sensasie te kry.?

Abe ·

schaun,
Hoe wil jy he moet die media berigte weergee? Wat doen hulle verkeerd?

Willehond ·

Regering? Watter een praat julle van? Ons het nie een nie so se my asb!! Dan kan ek vir hulle stem!

Thomas ·

Ongeag wat gebeur het, watter tipe mens slaan ‘n weerlose vrou met ‘n hamer dood????? Hoe primitief kan ‘n mens wees?

Juliana ·

So ‘n pragtige vrou!!! Dis so onnodig! Kan nie verstaan dat sy met’ n hamer doodgeslaan is nie. Dink net hoe erg moes dit gewees het. Daardie werker moes haar vreeslik gehaat het om dit aan haar te doen!!

Dirk ·

Genoeg is mos nou genoeg. VF ons het julle die mandaat gegee, daar kan nie langer gewag word nie, ons moet nou ophou praat en begin terugslaan! Toerusting, opleiding, organiseer en mobiliseer!

Andreas Meyer ·

Dalk sit daar meer agter. Dis egter ook so dat die werker nog nie gevind is nie.
In elk geval: RIV Annette Kennealy

Hans ·

Ons kan soos skape slagpale toe gelei word of die lont aansteek.Die anc se president weet natuurlik van niks…

LD ·

So hartseer! Ek self het ñ tannie wat als wat “hulle” probeer wegsteek op sosiale media verkondig. Facebook is haar grootste maat! Sy plaas ALLES! Hulle blok gedurig haar blad dan skep sy ñ nuwe een! Ek vrees vir haar lewe, want lyk my jy word ñ “target” as jy so publiek gaan met dinge…….

Hanna Hoekom ·

Ek is ook so n “tannie” wat nou als op Facebook en ander media verkondig. Dan werk ek boonop in die buiteland. Glo my almal wat my pad kruis, van Ier tot Amerikaner, moet net eenvoudig kennis neem van die waansin wat tans in ons land heers. Hulle het nie n keuse nie!

Willie ·

Ek voel bitter as ek dit lees, hoeveel onskuldige mense moet nog dood, en ANC regering doen niks, Bid mense dat GOD ingryp en die regering se oe oopmaak voor hier iets erger tussen rasse gaan gebeur wat nie nodig is.

Se maar net ·

Dit sal aanhou en nou vinniger vererger tot op n dag waar die pot vol raak en begin oorkook. Mense kan net soveel verduur

Boerboel ·

Dis baie hartseer dat ons mense so afgemaai word. Hier sit iemand agter dit.

Jannie van Niekerk ·

Dit het nou tyd geraak dat ons weer ‘n Swart Maandag optog hou. Hierdie keer moet ons egter die Internasionale Media se aandag daarop vesig sodat buitelandse beleggers kan sien dat daar elemente soos die BLF en EFF is wat ons boere stelselmatig wil uitmoor. Bring dan ook onder hulle aandag dat die sogenaamde “redder” van ons land, mnr Ramaphosa ‘n leuenaaar is wat plaasmoorde ontken. Forseer ook simpatiseerders met die plaasmoordenaars soos Me Melanie Verwoerd wat soos sy altyd wanneer swart teen wit geweld openbaar word sê: “mens moet verstaan waar dit vandaan kom, hulle het niks om te verloor nie” om die toneel te besoek en die naasbestaandes in die oë te kyk. (ANC gesindes se “integriteit” sal duidelik dan ten toon gestel word)

Thea Kluckow ·

Ons is in die 25ste uur. Die no 1 van die land en ook Minister van Polisie weet wat die agenda is daarom tree hul nie daadwerklik op teen die moorde en ook onluste én geweld nie. Hul spreek hulself nie eers ferm daarteen uit nie. Hoekom?
Cyril en Kie wag om noodtoestand en dalk Krygswet af te kondig. Ons weet wat die implikasies is hiervan. Wetsgehoorsames ontwapen en boosdoeners en moordenaars word bemagtig.
Tog is dit reeds iñ die 25e uur. So die tyd is om.

pieter ·

Almal praat,niks gebeur nie.More is sy vergete en die volgende plaasmoord is weer iewers op die agter blaaie.Dan praat almal wee,en oormore is dit ook wee vergete.

Michelle leR ·

Nou toe kom DA, julle het gemaak of julle omgee vir blankes……wys nou dat dit so is, neem standpunt in, DOEN iets in plaas van Helen Zille se tweets te polisieer! In die land tel tweets baie meer as ‘n blanke se lewe. Julle mors tyd om tog net polities korrek te wees.

VF, kerke enigiemand wat werklik omgee dat lewens niks meer werd is nie, WAAR is julle?

Oud Triegie ·

You paid the highest price for your convictions. May your soul rest in peace Annette.

humor ·

CR sit mos nou veilig in die sagte kussing, goed in beheer. Waar is die mense wat hulself daaraan getroos het sodra die verkiesing verby is gaan hy nie meer bond praat terwille van politieke gewin nie, hy gaan dan standpunt inneem. Ons hoor nie n piep van n muis nie.

Susan vl ·

As ek hierdie berig lees, is dit nou bevestig dat alle plaasmoorde reeds al beplan is.

Debra ·

Lord Almighty this article upset me tremendously, as did the others earlier today! Rest in heavenly peace my dear. Will someone out there please just start doing SOMETHING???!!!! Or will all her efforts to expose the truth have been in vain…???

LHS ·

Ons kan vloek, skreeu, dreig, praat, baie praat maar geen vinger sal verroer word om iets drasties daaraan te begin doen nie.

Michelle ·

Niemand kan hul indink watter wrede einde die arme vrou moes deurmaak nie. Daar is net geen geregtigheid nie, soos dit nou al vir baie jare aan gaan die lys van plaasmoorde word net langer by die dag vir elke paar plaasmoorde ‘n dag is ‘n wrede uitwissing van ons boere op plase wat sorg vir jou bord kos op jou tafel. Hoekom hul werk gee as hul wil moor. My innige simpatie aan die familie.

sandsak ·

My vraag???? Is die wêreld ooit bewus wat hier aangaan Pieter Mullder???? Hoekom staan hulle en toekyk???? Tania Heyns,hoe kan ons betrokke raak by die aktiviste groepe????
Israel het baklei vir die beloofde land,dalk moet ons ook weer opstaan en begin. Sanksies teen ons,Ja,maar toe was ons n uitvoer land!!!!

Werner ·

Wel sy was n DA raadslid kom ons kyk hoe reageer hulle nou

Heksie ·

Die pyn van ‘n geliefde wat in ‘n plaasmoord gesterf het, verwerk mens net nooit, jy leer net om met die pyn saam te leef, vra my, ek weet …
Ek is dankbaar vir mense soos sy wat hul beywer om aandag vestig op plaasmoorde en aanvalle op ons plaasboere. En as ek so lees, dan wil dit al voorkom of die plaaswerker iets met haar moord te doen het … en ek hoop hy word gevang .. maar wat sal dit tog baat? Dit gaan haar nie terugbring na haar geliefdes nie.

Dit was lankal tyd dat ons begin opstaan teen die gemors in hierdie land wat ons boere net goedsmoeds vermoor!
Almal praat net van pro-aktief optree … ek is bereid om te help, hoe gering ook al.

Indian perspevtive.. ·

Indian pespective so tell me Malema says he wants to slit the throaght of whitness Andile says whites kids should be used as fertilizer…The white victim here brutally
Murdered here was fighting against farm murders committed against whites due to propeganda that the racist Malemas and Andiles and the Cyrils spread and you reckon its just another murder??? Till your own starts being targeted i guess it is very convient for you to make statements from the saftey of your soft chair and secured non targeted home…Tell me you seem to have all the facts that it was definitely not a black towards white attack..Can you please then put your facts on the table Mr Indian perspective otherwise please keep your statements to yourself…We have a pretty good idea of what is going on here but people like you will always try and hide the truth…One day you will get what yiu deserve for hiding these barbaric deeds..

marco polo ·

Ek is besig om terug te reis na SA vir n vakansie met familie terwyl ek hierdie berig lees, maar is nie eens opgewonde nie, hierdie moord en ook al die ander is te ontstellend. Wanneer gaan ons begin terugslaan? Wanneer gaan ons besef dat ons veiligheid net verseker kan word wanneer ons as volk saam in ons eie gebied woon?

Anoniem ·

Vertrou NIEMAND nie. My oupa GROOTJIE… het ‘n werker gehad, ‘n troue, goeie werker, wat 35 JAAR by hom gewerk het, en HY… het probeer om my oupa te vermoor op die ou end.

Ek herhaal, vertrou niemand. Jou makste hond byt die seerste. Daardie Spreekwoord is nie om dowe neute nie.

Elize ·

Wanneer gaan mense besef dat hulle tuinwerkers/huiswerkers ‘n groter gevaar inhou vir hulle veiligheid? Die werkers word geintimideer en viktimiseer deur ander, en verkoop jou dan uit vir ‘n appel en ‘n ui. Ons nasie is te gemaksugtig, en wil nie ons werk self doen nie, daarom dat meeste van ons sterf aan die hand van die wat ons voed. Ek werk voldag, woon op ‘n plaas, maar doen alles tussen my en my liefling man self, en as dinge nie 100% is nie, dan is dit maar so, maar ek soek nie ‘n werker by my nie. R.I.V

Gerhardb ·

@ Elize. Stem volkome saam. Jy kan glad nie meer enige werker vertrou nie en probeer maar self die huiswerkies doen as jy kan. Hoe minder hulle weet van jou kom en gaan en wat in jou huis aangaan, hoe beter. En bewapen jouself om ten minste jouself ‘n tweede kans te gee. Nie altyd mootlik nie, maar ten minste het jy ook ‘n kans.

Chris Ws ·

Dis ‘n baie hartseer makende berig die’.Ek is al moeg om landelike bewoners aan te raai om hulself PARAAT te kry.Min mense verstaan die woord dis duidelik.Mense moet ophou om die “baie getroue en goeie” etniese werker te vertrou.Dis waar die grootste fout le by ons mense.My voorspelling is dus dat plaasmoorde sal voortgaan want te veel plaas bewoners/boere kan nie sonder sy /haar “baie getroue en goeie” werker klaar kom nie.

Attie. ·

Help my reg as ek verkeerd is maar die talle en talle mense wat tydens plaasaanvalle vermoor word is net Afrikaanses. Dis nou die een na die ander en hou net nie op nie. Ons sê al vir jare dat as ons kwaad genoeg raak gaan ons die wet in eie hande neem. Nou wanneer gaan dit gebeur en hoe?

Attie. ·

Waar is jul sekuriteitsstelsel, waar is jul honde, waar is jul vuurwapen? As 5 mans stilhou en vra vir water dat skiet jy ‘n gat deur hul enginverkoeler en sit die honde op hulle. Hoe kan plaasmense wil rondloop na donker. As jy wil rondloop na donker dan kom bly jy op die dorp en boer bedags. As jy in elkgeval terugkom by die huis dan let jy op na die honde se gedrag en as dit nie normaal is nie draai jy om. Word net wakker asb.

Attie. ·

Ons ontvang baie plaaslike nuus vanaf julle en waardeer dit maar ek wil darem nou en dan iets hoor van VSA se vliegdekskepe wat langs Iran vaar en so ‘n bietjie ander wêreldnuus. Lyk my julle mag nie sulke nuus publiseer nie terwyl ek net die TV kan aanskakel en dit lees in Engels by kanaal 180. Regtig, julle berig net oor politiek en moord en doodslag.

Anoniem ·

Sy is deur haar tuinwerker vermoor, hy is gevang, hy het klaar erkenning gedoen en hy het gewys waar die vuurwapen versteek is. RIP Annette, sterkte vir haar moeder Mev. Labuschagne, familie en vriende.

Anita ·

Wat te erg is is te erg, as alles opgelos moet word met moord, wat sê dit van ons as Suid Afrikaners. Die slagting van boere word nie eers op algemene nuus genoem nie, elke blanke is toekomstige kunsmis vir die aarde. Malema mag sê wat hy wil, DAAR WORD NIKS TEEN HOM GEDOEN NIE, MAAR AS EEN BLANKE MENING UITSPREEK IS DIT ONMIDDELIK RASSISTIES….waarom staan blankes en bruines nie saam en masjeer ook teen die moorde, dit geld ook vir die moorde op die Kaapse vlakte, Waar is ons leiers…almal in Australia soos Kortbroek?

Elsa ·

Plaasmoorde is vir my ook hartseer en tragies, maar dit kan my nog nie toelaat om al wat swart is te haat en te wantrou nie. Ek lees julle kommentare so en dan wonder ek of ek in ‘n ander land woon en of ek regtig ‘n blanke is, want ek redeneer nie soos die meeste van julle nie. Die Bybel sê dan geen haar sal van ons hoof val as dit nie God se wil is nie. Ek glo ook, maak nie saak wat ek doen nie, daar waar my streep deur God getrek is, sal ek nie kan verbygaan nie. Ek lewe met oop deure en ek behandel anderskleuriges presies soos wat ek blankes sou behandel. Ek leef naasteliefde uit teenoor almal en ek ontvang net liefde en respek terug van hierdie mense. Hulle noem my moeder, mevrou, tannie en dié van my eie ouderdom, het ek toestemming gegee om my op my naam te noem. Alles wat hulle my noem, is met respek. Hulle praat en skinder ook ondermekaar, maar oral weet mense van my en my kind en hulle noem ons “goeie mense” ‘n Nigeriër het my netnou gebel en sy motor het langs die pad gebreek. Huidiglik is my kind oppad om daardie mense te gaan help en hul motor hierheen te sleep, want daar is klein kindertjies by hulle. Selfs teenoor ‘n Nigeriër kan ek naasteliefde uitleef, want almal van hulle is nie dwelmsmokkerlaars of moordenaars nie.

KaterinaKat ·

Ek hoop maar ons lees nie eendag n berig oor jou moord hier op Maroela nie. Maar nou ja, dis jou lewe, maak soos jy goed dink.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.