Plaasmoordverdagte weer aangekeer ná ontsnapping

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Moordbeskuldigde wat een van drie persone was wat vroeër vandeesmaand uit die polisieselle in Belfast, Mpumalanga ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

“Die tweede voortvlugtige, Petros Mamaru (24), wat op 4 Oktober 2014 ontsnap het, is weer aangekeer,” het kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, gesê.

Mamaru is aanvanklik in hegtenis geneem in verband met die moord op twee persone en is uiteindelik by sy wegkruipplek in Groblersdal in hegtenis geneem. “Lede van die publiek het hom Woensdag herken en die polisie in kennis gestel,” het hy bygevoeg. Klik hier om meer te lees oor die plaasmoord waarvan hy beskuldig word.

Mamaru en twee ander verdagtes, Lucky Sibuyi (24) en Skhumbuzo Mthethwa (21) het glo deur die ʼn opening in die staaldak van die oefenarea in die gevangenis ontsnap.

Mthethwa is weer op 9 Oktober in Siyathuthuka informele nedersetting naby Belfast in hegtenis geneem.

“Sibuyi, wat tereg staan op aanklag van gewapende roof, is steeds soek,” het Hlathi gesê. “Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat weet waar hy hom bevind, om dadelik met die polisie in verbinding te tree.”

Lees ook:
Ontsnapte Mpuma-gevangene weer aangekeer
Plaasmoordverdagte ontsnap; SAPD se nalatigheid dui op betrokkenheid, sê AfriForum
Drie verdagtes ontsnap uit aanhouding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.