Plaasmoord: Boer op KZN-plaas doodgeskiet

Terrence "Terry" Rizzato. Foto: Facebook

Terrence “Terry” Rizzato. Foto: Facebook

Terrence “Terry” Rizzato, ʼn 62-jarige boer van Hluhluwe in KwaZulu-Natal, is Dinsdagaand op sy plaas, Mashonisa, doodgeskiet.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het Woensdag aan Maroela Media gesê ses verdagtes het die plaas omstreeks 19:00 betree en die werkers met vuurwapens aangehou en gedreig. “Die verdagtes het die werkers in ʼn kamer in gedwing en hulle van hul selfone beroof,” het Naicker gesê. “Die verdagtes is daarna na die slagoffer se huis waar hulle hom in sy bors geskiet het. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die verdagtes het ʼn onbekende hoeveelheid kontant in die huis gesteel en het met Rizzato se bakkie van die toneel gevlug.

Die Hluhluwe-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en moord. Die voertuig word nog vermis en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Mense wat Rizzato se voertuig, ʼn sjampanjekleurige Toyota Hilux met die registrasienommer NHL24156, opmerk, word versoek om die polisie by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Dagga ·

What an evil evil place South Africa has become under this anc mob…… Just another white boer murdered..again and again and again..where is this country heading to.? That useless anc so called government should be taken to court for not protecting its civilians…

Rikku ·

BOER,
ek stem saam dat die Regering agter hierdie Plaas Moorde Skuil.
Hoekom doen die ANC nie iets daaromtrent nie ?
My innige meegevoel aan die Familie en Vriende van Mnr Rizzato.

ryno ·

Boer, ek is geneig om saam te stem. Waarom die werkers net toesluit, maar die boer word vermoor? Dit begin al meer lyk of daar ‘n gedrewe politieke wil agter die moorde skuil, guerilla oorlog taktiek op klein skaal…

Paul ·

Dalk het die boer homself dapper verset teen die aanvallers?

boer ·

Gaan jy maar gemaklik in jou stoel bly sit as iemand jou deur afskop ? Dan begin die martelling as jy nie baklei nie. Jy vrou ,jou kinders word voor jou verkrag ,wat gaan jy doen ou maat?

Irah ·

Totdat die spul eendag gaan agterkom dat al die geld in die wereld niks beteken as daar nie meer kos is om te koop nie

Op pad land uit! ·

Ek kry die gevoel dat die regering hulle verlekker in elke plaasmoord. Hulle wil die witmense en boere uit die land uit hê. Hulle besef egter as hulle dieselfde doen as wat Bob in Zim gedoen het, dat die wereld sanksies teen hulle sal instel. Daarom is hierdie ñ “natuurlike” manier om hulle wense te laat verwesenlik en juis daarom word niks daaraan gedoen nie!

sê net ·

Oppad land uit, hoop jou dinge werk uit, maar dis glad nie maklik nie, jou land en mense is in jou bloed al dink jy nie so nie, doen ook jou huiswerk goed. Medies is swak, en alles waaraan jy gewoond is werk anders en baie baie goed is swakker, maar dis veilig en dis waar dit stop. Suid Afrika is die land van melk en heuning, net jammer oor al die geweld en misdaad. Sterkte!!!

Al jare land uit ·

Se net, nou praat jy nonsens!! Duidelik het jy nog nooit in ‘n eerstewereld land gewoon nie! Op pad land uit, ek kan uit persoonlike ondervinding se jy/julle sal nooit terugkyk nie! Beste besluit wat ons ooit kon maak!

sê net ·

Al Jare land uit, ek sit in dieselfde bootjie as jy, ek praat ook van oor die water af, sit ook al jare nie meer in my land nie, so ek glo nie ek praat nonsies nie. Hoekom dink jy gaan so baie Suid Afrikaners terug? Want al wat beter is, is die misdaad, verder is niks beter nie. Was dit nie vir die misdaad nie sou ek in die eerste plek nooit gegaan het nie en sou ek ook al opgepak het en terug gegaan het. Ja, elkeen ervaar goed anders, maar beter is dit beslis nie. En Ja, ek sit in n eerste wêreldse land, wat met party goed ver agter Suid Afrika is. Afrikatyd se g@t, hier is nie eers tyd, en jy mag nie jou stem verrys nie, (daar is borde op), hulle help jou dan heeltemal nie. Op pad land uit, skryf net alles waaraan jy gewoond is af, en moet geen verwagting stel nie, kom in en “go with the flow”, want NIKS, gaan weer dieselfde wees nie en as jy voete gelig het is dit finaal, finasieël te duur om terug te gaan en jy het reeds al te veel verloor, so doen jou huiswerk so goed jy kan op alle gebiede. Mens leer ook ongelukkig n land eers ken en sy stelsels as jy daar bly en deel is van dit. Medies bly pateties, niks kom by n Suid Afrikaanse mediesefonds nie, staat medies by verre beter as Suid Afrika, maar alles word nie gedek, dis hoekom mens op die TV sien mense verloor hulle huis en alles omdat iemand in die gesin n ernstige siekte gekry het. Doen net jou huiswerk!!!!!! Wat werk vir een, werk nie vir almal, wat vir my belangrik is kan vir iemand anders niks wees nie, so wat is belangrik vir jou, en doen jou huiswerk oor dit .

Zaneth ·

Ek stem sas
.Was ook uit d land v 7 jaar citizen geword van n ander labd maar ek is terug in RSA.GEEN land is sonder probleme nie .Ten minste kn mens nog jouself hier bemagtig, hier kn jy nog besigheid doen en geld maak.Ander lande is sosialisties dit maak dat jy n gevangene raak in n land waar jy geen se ht nie.Nee wat RSA bly tops!!!!

boer ·

Ek kry die gevoel ek het op paar tone getrap,dat my kommentaar so vinnig verdwyn het?

SNEL ·

Ja, hulle moes, en dit maak mens vies, want almal praat van wat Boer sê, maar nêrens kry ek Boer se woorde nie.

david ras ·

Ek het al male sonder tal op verskeie forums geskryf:

Terrorisme word maklik versteek deur moord te pleeg en dan van die slagoffer se besittings te roof. Al ooit opgelet dat daar ALTYD selfone geroof word ? Dit is nie altyd om die slagoffer incommunicado te laat nie, want as hy/sy reeds dood is beteken ‘n selfoon absoluut niks vir die slagoffer nie.
Dit is eenvoudig ‘n geval van STEEL IETS en die STATUS van die daad verander na roof met verswarende omstandigdhede. Moor sonder om te steel, en mense gaan gou vrae begin vra !
So kan terrorisme as gewone misdaad verbloem word.
Vra maar altyd die vraag—was dit moord met die doel om te roof, of roof met die doel om te moor ?

Joggie Erasmus ·

Terry was n geliefde in die omgewing wat sy vreugde gevind het deur skouer aan die wiel te sit.
Hy en sy vrou het hul eiendom van niks af opgebou met niks anders as eerlikke harde werk nie. Ironies het hy sy inkomste verdien deur n diens aan die gemeenskap te lewer met hul hoender boerdery en tallose bestaans besighede het as gevolg daarvan in die nabye stam gebiede ontstaan, deur hul produkte te versprei. Hy was n goeie buurman en n beter vriend.

Ons gaan jou mis….

Leon Badenhorst ·

Tragies………geestelike oorlogvoering……..bly tragies dat die mooi land en sy mense so benadeel word deur kriminele……..bring die doodstraf terug…….!!!!

J le Roux ·

Hulle is pateties! (Die ANC ) Hulle sal wel eendag (weet nie oor hoeveel jaar ) besef hulle het een m0€ rse fout gemaak… maar vir nou bly ons land maar swak

ben ·

Se net, ek stem al die pad saam met jou. Ek wil ook terug. Wens ek kon met jou kontak maak.

Zaneth ·

Ben die groot ding wt mense moet onthou as hul land uitgaan is om nie al hulle sekuriteit en wortels uit te trek ni dan ksn dit soverl makliker wees om trg t kom. Nie altyd moontlik v almal om dt tr doen ni maar indien moontlik is dit n goue reel v immigrasie sodat as jy wil terugkom dat jy kan.

Ben Ferreira ·

Dis net die geweld wat my weg hou, so jammer vir wat in ons land gebeur. Ek stem saam met jou ” Se Net” wens ek kon weet waar in die wereld jy is.

sê net ·

Ja Ben, ek stem so koppie boeretroos en n lekker geselsie sou heerlik wees, maar mens wil nie graag besonderhede so uitblaker nie. Weet net, jy is nie alleen nie, daar is nog ander wat soos ons voel. Al genade is om aan die kleinste positiewe dingetjie vas te hou en om ook so min moontlik terug te kyk. Sterkte vir julle.

sproetjies ·

Nog ‘n sinnelose moord. Waar gaan dit eindig? Of liewer gaan dit ooit eendag eindig, sodat ons in Vrede en Liefde in hierdie mooi land kan leef. Mens moet omtrent oë reg rondom jou kop hê wanneer jy iewers wil heengaan.

Dave Ras ·

As hul dood straf terug bring sal ons die slegste daarvan afkom. Enige rede om afrikaner te hang

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.