Plaasmoord: ‘Dapper held’ dan gegroet

Kallie Schoonraad (Foto: Facebook)

ʼn Gedenkdiens word Vrydag vir Kallie Schoonraad (47) gehou waar sy familie en vriende van hom afskeid sal neem.

Schoonraad is Saterdagaand doodgeskiet op sy wildplaas naby Rustenburg in Noordwes. Magda Schilbach, Schoonraad se suster, het gesê die gedenkdiens vind Vrydag om 11:00 vanuit die Agapé-gemeente in Rustenburg plaas.

“Geliefde man, pa, broer, oom, skoonseun, vriend en dapper held,” lui ʼn inskrywing op die inligtingskaartjie vir die gedenkdiens.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die Rustenburg-polisie, het intussen bevestig dat die Toyota Fortuner wat tydens die voorval gesteel is Dinsdag in Mosambiek gevind is. Die polisie soek intussen nog na vyf verdagtes in verband met die voorval.

Schoonraad, sy vrou, Malindi (39), haar pa en die egpaar se drie jong kinders, Carel (11), Karli (10) en Daniel (5), is Saterdag omstreeks 20:00 oorval.

Schoonraad het glo gereageer nadat een van sy kinders buite die huis om hulp geskree het. Vyf verdagtes was glo reeds op die erf en het Schoonraad doodgeskiet toe hy buite die huis ondersoek ingestel het.

Mokgadi het gesê die vyf verdagtes het die huis binnegestorm, dit geplunder en huishoudelike items soos ʼn televisiestel en selfone gesteel.

Schoonraad is een van drie pa’s wat die naweek op plase vermoor is. Jeffrey Zetler, eienaar van die bekende Mooiberg-padstal net buite Stellenbosch, is Saterdag laatmiddag dood nadat hy verskeie kere met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek is in sy kantoor op die Brakelsdal-plaas.

Die 64-jarige Peter Dawson is Sondag in die vroeë oggendure op sy kleinhoewe op Broederstroom in Noordwes doodgeskiet.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Die voertuig is in Mosambiek gevind ……… dit sê alles!!!

Dankie, ANC, dat julle ons landgrense vir die moordendes uit die Noorde oopgegooi het, hoor! SAPD, julle kan maar daardie dossier toemaak – julle sal daardie moordenaars nooit, ooit vind nie …….. hulle was enkele ure na die moord, al terug oor die grens.

Koos de Meyer. ·

Die voertuig in Mosambiek gevind. Hoe kom hulle oor die grens. Wat van die doeane. Sekerlik weer korubde betrokkenheid daar. As jy met ‘n ander persoon se voertuig ry moet jy registrasie vorms, toestemmings beëdigde brief en so meer hê. Hoe kom hulle oor die grens.

tamboti ·

Die ou regering het nie verniet die grense beveilig nie, nou is SA up for grabs vir die hele Afrika.

Tarien ·

Innige simpatie met hierdie en elke familie wat deur hierdie bloed deurwenkte naweek is, maar, dis nie net boere wat geteiken word nie, ons stedelinge, plattelanders word almal geteiken. M.a.w alle wit gemeenskappe. Sterkte aan families xxx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.