Plaasmoord: Een dood, een beseer in Geluk, Noordwes

Losloperfontein-omgewing in Geluk naby Brits, Noordwes Foto: Google Earth

Losloperfontein-omgewing in Geluk naby Brits, Noordwes Foto: Google Earth

Een persoon is Saterdagaand dood en een persoon baie ernstig beseer in ʼn plaasaanval by Losloperfontein in die Geluk-distrik naby Brits.

“Twee broers en die een se vrou het in die tuin gebraai toe vier onbekende mans hulle oorval het,” het sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie in Noordwes, Sondag aan Maroela Media bevestig. “Die aanvallers het twee skote gevuur.” Die aanval het omstreeks 22:00 plaasgevind.

Moleko sê ʼn 45-jarige man is op die toneel dood en ʼn 51-jarige man het baie ernstige beserings opgedoen. “Hy veg tans om sy lewe in die hospitaal,” het sy bygevoeg. Die vrou is vasgebind.

Volgens Moleko was die egpaar se seun in die badkamer toe die aanval plaasgevind het. Hy en sy ma is nie beseer nie.

Die vier verdagtes het met ʼn wit Isuzu-bakkie gevlug. Volgens een van Maroela Media se lesers is die registrasienommer van die bakkie JDN 828 NW.

“Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en diefstal,” het Moleko bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ria Maritz ·

Presies wat ek vanoggend gese het – Vryheidsdag beteken vir die Blanke, dat ons nie eers meer vry is om in ons eie erwe rustig kan braai saam met familie en vriende nie SONDER om aangerand, verkrag en vermoor te word nie.

Baie sterkte aan elkeen hierdeur geraak.

anita brits ·

Waar gaan als eindig 1999 was ons ook in plaasaanval het my pa in n plas bloed opgetel in melkstal en n maand daarna skiet hulle my oudste boetie dood

Daantjie Maartens ·

Hoe jy staande bly mens…weet net jy. n “Eye-opener” vir diegene wat alewig in die koerhokke van protes-histerie met n witbrood onder die arm staan.
Vir jou wens ek van almal STERKTE toe.
Anita. Dit word beweer jy nie bo jou vermoee beproef sal word nie. Poog dat ongebrydelde haat van jou besit neem nie. Sou dit gebeur het die blixems n 3de x keer geslaag om nog n slagoffer te eis deur jou psige in kettings te hou. Kyk maar of jy daarteen kan waak. Sal jou nooit verkwalik as jy nie kan nie.
Mooi loop.

charne ·

Waar gaan die plaas moorde einde kry elke dag verloor n geliefde sy lewe en dan steel hulle die braai vleis nog van die braaier ook af dit maak mens kwaad en so hartseer om te dink ons boere word soos die renosters uit geroei deur een persoon se woorde!Mag hulle streng geoordeel word deur God!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.