Plaasmoord: ‘Jammer’ sal niks help nie

Bradley (Hawk) Steyn (Skermgreep uit die video)

Die 61-jarige man wat Dinsdag tydens ’n aanval op sy plaas by Nelspruit doodgeskiet is, se swaer vra in ’n emosionele YouTube-video mense wêreldwyd om hul plaaslike verteenwoordigers te versoek om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om misdaad te begin bekamp.

“Pragtig, nè? Dis my familie se plaas aan die buitewyke van Nelspruit, Mpumalanga,” begin Bradley (Hawk) Steyn die video, wat teen Saterdagaand, ’n dag nadat hy dit opgelaai het, reeds 7 000 keer gekyk is. “Dis my familie se plaas, sowat drie uur se ry vanaf ons hoofstad, Pretoria, Suid-Afrika.”

Maar dan vervolg hy: “Die werklikheid is op die oomblik vir ons baie anders. My swaer John Bosman is 72 uur gelede wreed in dié plaashuis [waarna hy wys] vermoor terwyl hy dapper teruggeveg het om my suster te beskerm, wat haarself in die huis toegesluit het terwyl die drie oortreders die woning binnegekom en my swaer geskiet het vir ’n paar elektroniese toestelle en vir suiwer plaasintimidasie.”

Maroela Media het vroeër berig Bosman, ’n 61-jarige aarbeiboer, wat ook vir homself in die boubedryf gewerk het, het Dinsdagaand omstreeks 21:00 sit en TV kyk terwyl sy vrou, Leigh (62), in die kamer besig was om reg te maak om te gaan slaap.

Die sifdeur na buite was nog oop, het Bosman se oudste seun, Steven (29), Donderdag gesê, omdat sy ouers dit altyd eers net voor slapenstyd gesluit het. Dit was waar drie rowers toegang toe die huis se leefgedeelte gekry het.

Bosman het vir sy vrou geskree om die kamerdeur te sluit en die paniekknoppie te druk. In die struweling wat gevolg het, is hy met ’n vuurwapen sowel as ’n mes gewond. Hy het op die toneel gesterf.

Bradley (Hawk) Steyn (Skermgreep uit die video)

“Ja, dis eg, dit gebeur regtig in Suid-Afrika,” sê Steyn in die video waartydens hy ’n paar keer swaar asemhaal en merkbaar bewoë raak. “Die misdaad ruk handuit. Mense kan op die oomblik nie eens hul basiese menseregte in Suid-Afrika geniet nie, en dit is veiligheid.”

Ná ’n lang stilte vervolg hy: “Duisende word vermoor – en dit moet end kry.”

Steyn, wat in Kalifornië woon, pleit by kykers van die video om iets aan die misdaad in die land te doen. “Pleks daarvan dat julle net verby hierdie video blaai of my familie jammer kry, wil ek hê julle moet asseblief ’n verskil maak,” vra hy.

“Ek wil hê jy moet jou plaaslike verteenwoordiger in die regering nader, waar jy ook in die wêreld is: Suid-Afrika, Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Amerika … en ek wil hê julle moet almal druk plaas op die Suid-Afrikaanse regering om misdaad te bestry.

“Hulle het geen beheer oor wat hier aangaan nie,” meen hy. “Dink dus asseblief aan my familie en bid vir hulle, en almal wat gely het onder sinnelose geweld hier in Suid-Afrika.”

Steyn, ’n skrywer en veiligheidskonsultant, sê die drie aanvallers het sy swaer en suster se voertuig probeer steel, maar die gewapendereaksiemaatskappy was blitsvinnig op die toneel en het skote geskiet, waarna die drie in die rigting van die pad Barberton toe gevlug het.

Hy vra enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, moet met hom kontak maak by Bradley Hawk Steyn WhatsApp VSA +1 310-927-8223, RSA +27 (0)624-096164 of [email protected] of op sy webtuiste, www.hawksteyn.com.

Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Michelle ·

Is daar iemand wat kan help om Johan hier te kry vir demonstrasies?
Dalk Afriforum nader, dalk sal hulle help adverteer.

Martie ·

Dit klink belowend. Ek hoop van harte dat jy die nodige konneksies gaan maak.

Karin ·

Ai, wat se mens!? Nog n boom geval, nog bloed geloop, nog n kosbare lewe weg! Familie in rou!Hartseer! Mag ons verhoor word!

DeVill ·

Gee jou raad gratis weg Johan, die geld sal outomaties volg.

Wat jy nou doen is om mense af te pers.

AW ·

Ons as mens en mense moet bymekaar staan. Dit gaan nie tot n einde kom tot dat ONS werklik bymekaar kom en SAAM STAAN!!!

En dit wat ons dan doen moet so gedoen word dat die regering en of enige party en of enige andermens NIE die Rasse kaart na ons sal kan gooi en of wys.

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

tom ·

Mense die regering voel niks vir jou as mens in die land nie want hulle is die oorsaak van alles

Eish ·

Ekstreme aktivisme.
Ek het nog nie gehoor dat Ramaphosa verskoning vra vir sy onlangse uitlating in die VSA nie, of enigsins n verduideliking probeer gee het nie.
Ekstreme aktivisme tot sanksies realiseer.

Jenny Thom ·

Majesteit YHWH, hoe lank nog voordat U ingryp en hierdie kosbare handtjievol suiwer boere-kroos van U verlos? U volk so sat vir hierdie slagting. Ons verlossing slegs van U afkomstig soos by Bloedrivier, volgens U Raadbesluit. U wag vir U volk om onvoorwaardelik terug te keer, onder U Hand skuiling te soek. Lees Sefanja 3. Ons in SA persoonlik geplant deur ons ABBA Vader se Hand.
Waarom was daardie sifdeur nie gesluit nie?
Die vyand lê en loer, loop rond soos ‘n brullende leeu om ons te verslind. Beveilig jouself en jou kosbare familie teen die aanslag wat daagliks om ons woed. Ons Helper, Verlosser, Redder, Saligmaker, Koning van die Leerskare wag geduldig om ons, SY kosbare kroos soos ‘n hoender haar kuikens onder Sy Vaders Vlerke toe te vou. Sterke aan jul geliefdes Bradley. Kyk op en weet ons Verlossing is voor die deur, ons mag geensins moedeloos en raadop word. Lees Psalm 91. Ons Pappie, sluimer en slaap nie, Hy wag dat Sy kosbare volkie ontwaak en besef Wie ons is in Hom, Een engel het in een nag 185,000 soldate gedood, Sy engeleskare, staan slaggereed en wag op Sy Woord. “Wees stil en Weet Ek is in Beheer”. ” Aan My kom die Wraak toe, Ek sal vergeld’. Ons oë sal aanskou die totale uitwissing van ons en Sy Vyande! Vind jul krag en beskerming in Majesteit YHWH van die Leerskare, ons persoonlike, ABBA Vader! HalleluYaH Sy koms is voor die deur! Shalom, vrede vir julle!

Juffie ·

Ek wou ook vra waarom die sifdeur nog oop was veral in die lig dat Mnr Steyn in ‘n veiligheidskonsultant is.

Oop oge ·

No land belongs to nobody but God alone, who created it for His pleasure and purpose.
He gives to whomsoever He wants and also takes away whenever He wants.

All land has been given to His children by God himself, but when they sin against Him, He sends in destroyers to destroy their blessing, until they will turn back to worship Him in Truth again.

Because of the sin all over the earth, God had promised the clean the earth once again (sodom & gomora), in order to restore it back to its original sinless state for His children.

Whats happening world over, is a demolishing process from the Hands of God, using people and their works to destroy themselves through their own handywork.

At the end of the day whe rather ought to seek the face of God, whether you be the destroyer or the one living under His Grace, to be at peace with Him, instead of man.

An ant can only understands the things of an ant and a grasshopper can only understands its own ways.
God created both and they can only serve their particular purpose in the sight of God.

For reference you may study the Bible and ask God for revelation, rather than human knowledge and the wisdom of man…

Juffie ·

Well said! Amen to everything. If it is not for the Kingdom of God it is useless.

John ·

It is time for the truth, not jealousy en false dreams. Tell our history as it is, not the film version of bewitched grabbers. This is the truth: People are murdered for their possessions and to drive them from their farms. The last one being the the basic evil. This happened since the 1850’s when certain missionaries without real Bibles started farming and mining and armed some blacks from neighbouring countries to help them drive the Boers away, which ended in the Anglo-Boer Wars. The interior of South Africa and most of the seaside were uninhabited till the late 1800’s. A lie does not turn into a beautiful truth, not even if you tell it a thousand times; truth and lies don’t mix. This ‘green monster’ will eventually ruin you and our beautiful country.

Snowball ·

Europa en die Westerse wêreld behoort Suid Afrikaners vlugtelingstatus te gee; ons is in ‘n staat van oorlog en ons regering/president ontken dit en weier om dit aan te spreek.

Callie ·

Weereens, waarom word daar nie vir hierdie ooglopende leunaar wat glo president van die land is direk in die parlement gevra om sy aandeel aan plaasmoorde te erken of te ontken nie. RAMAPHOSA ERKEN JY JY ONDERSTEUN DIE UITWISSING VAN PLAASBOERE

willie ·

Hierdie berig moet seker fopnuus wees, CR sê dan geen boere word vermoor nie!

Tokkie ·

As ñ mens nou moet mooi dink. Ramapadda se EIE mense kryt hom nou as ñ leuenaaruit. Hy sê dan daar is geen plaasmoorde op blankes. Hoe dan nou.

@Tokkie ·

Hy doen dit net vir politkieke gewin, dit is nie sy regtige sienswyse nie. CR is n ekonoom nie n politikus, en tans moet hy besluite neem om hom sy posisie te beskerm. Die ANC wil hom uit hê want hy is nie vinnige genoeg mey landhervorming nie..hoekom? Want hy weet as dit gebeur is dit die begin van die einde vir SA. Hy wil ekonomiese groeie sien, maar hy wil ook sy posisie beskerm in die ANC. Sou hy weer gekies word volgende jaar sal ons dalk meer “gutsy” besluite neem wat dalk tot voordeel van die wittes ook sal wees can SA!

Vaalseun ·

Dit verbaas my dat die video geen veiligheidsomheinings om die huis wys nie. Sou enige boer na al die berigte oor plaasmoorde nog glo dat ‘n gesluite sifdeur sy veiligheid gaan waarborg?
Tydens die bosoorlog in noord-Namibië het die boere dubbele veiligheidsomheinings met doring/lemmetjiesdraad om hulle opstalle opgerig en ‘n hoë mas met ligte vir vloedligbeligting teen die huis wat die hele erf om die huis en tot buite die heining verlig. Vandag kan hy nog geslotekringtvkameras ook aanbring. Elektriese heinings, honde, diefwering en gesluite deure alleen is heeltemal onvoldoende.

CJ ·

My innige simpatie aan die familie. Daar sal altyd vrae wees oor wat gedoen moes word of nog gedoen kan word om onsself te beveilig. In die eerste plek behoort hierdie gruweldade nie in ‘n demokratiese, “vry” en “veilige”land waar ALLE mense se reg op lewe, vryheid en veiligheid deur die Grondwet beskerm word, te gebeur nie. Mag die wereld kennis neem van hierdie eskalerende gruwels waaraan onskuldige landsburgers daagliks blootgestel word.

Vaalseun ·

Dit is so, CJ. Ons wens vir ‘n “vry, veilige, demokratiese land waar almal se regte beskerm sal word, ” en sonder “gruweldade.” Dit is ongelukkig nooit ‘n gawe of afgehandelde werk nie. Lees gerus Prof. Leo Raditsa se boek oor Suid-Afrika en die ANC, “Prisoners of a Dream,” om te verstaan dat ‘n “vry, veilige, demokratiese land waarin almal se regte beskerm sal word” bloot propaganda was. Steve Biko wou gehad het dat die swartman homself moes ophef. Die ANC wou nie so lank wag nie. ‘n Revolusionêre magsoorname bring vinniger verryking. Voor 1994 was dit die gewapende stryd en na 1994 het verryking begin plaasgevind. Dis die nuwe geleenthede wat die ANC ontgin. Vandat die “revolusie” begin het, het die gevare begin toeneem, 1994 ten spyt. Die stryd vir ‘n “vry, veilige, demokratiese land waarin almal se regte beskerm word,” en sonder “gruweldade,” is ‘n stryd wat nooit ophou nie. Dit maak nie saak of jy in Suid-Afrika, Amerika, Australië, China, Finland, Meksiko, Argentinië of Swaziland woon nie. Ek en jy is altyd blootgestel aan gevare en daarom moet ek en jy jouself in elke land op aarde bewustelik beveilig. Hoe vinniger bevolkings toeneem, hoe groter die verwagtinge en polariserings, en hoe groter die toe-eiening, verwyte en vergelding. Dit bring al groter persoonlike gevaar, ongeag die politieke stelsel of die kwaliteit van polisiëring.
Dis waarom ek vra, hoekom sien ek geen heinings om John-hulle se opstal nie?

RG ·

Stem saam met CJ en Vaalseun. Aanvaarding is egter nie die oplossing nie. So lank ons meer sekuriteit aanskaf sal beide misdaad en sekuriteits “industrieë” floreer. Ons moet misdaad voorkomend begin bekamp, ons vryheid begin terugneem en dit begin by elkeen van ons. Hoe doen ons dit? Is ‘n nasionale Whatsapp groep dalk ‘n begin? Waar ons enige verdagte optrede, bewyse van aanvalle en skurke kan aanmeld (‘n soort “Police File”). Waar enige een wat aangeval word, ‘n noodboodskap kan stuur met details van ligging sodat diegene in omgewing mekaar kan bystaan en in getalle gelyktydig kan reageer instede van een buurtwag lid wat op toneel geskiet word soos laas week. As mense beeld materiaal kan versprei van skurke wat deur sekuriteits wagte “onmenslik” behandel word en dit op sosiale media versprei, kan ons beeldmateriaal van mense wat deur skurke onmenslik behandel is versprei. Ek weet nie… miskien is daar te veel risiko aan verbonde, maar instede van bejammerende kommentaar en sterkte wense, probeer eerder om ‘n oplossing hier te ontgin want dit het ‘n morele keerpunt bereik wat onaanvaarbaar is en ons basiese mense regte beskermings struktuur vaal ons.

Adriaan ·

Bradley(Hawk) Steyn was ‘n spioen vir die mililtêre vleuel(MK) van die ANC.Hy is ook besig om saam met Kevin Costner ‘n dokumentêr van sy lewe te maak as spioen en lid van die ANC. Nie met enige vorige plaasmoorde het hy sy invloed gebruik om die wereld attent te maak op die moorde nie en het sy lewe in VSA geniet met die ruim vergoeding as trotse spioen van die ANC. Nou skielik tree hy in die bresse en probeer om ‘n pleitdooi te doen. Jammer, maar ek kan ongelukkig nie enige sentiment met hom deel nie alhoewel my gebede en hart uitgaan aan sy familie wat deur hierdie tragedie gaan. Ek deel my sentiment ongelukkig net met my mede-afrikaners wat veg vir die voortbestaan en behoud van ons volkie en vir ons waardes en kultuur staan.

Rosemary ·

Adriaan, ek stem volk one saam met jou. Ja my hart gaan uit na die familie, maar dié Bradley “Hawk”, is ‘n VERAAIER van die hoogste vlak. Hy moet die veraanwoordelik daarvoor dra vir sy broer se moord, hy alleen. Hy het dit veroorsaak, hy het gehelp om die moorde te laat plaas vind, hy het elke vermoordes boer, sy gesien en ander vermoorde blanket persoon se bloed op sy hande….mag hy in die hel verrig brand !!!

Adriaan ·

Om net by te voeg, Bradley Steyn se dokumentêr gaan onder andere behalwe sy heldedade vir die ANC ook oor die massamoord van die Witwolf by kerkplein waar witmense weereens onder die vergrootglas geplaas gaan word in die wereld en rassehaat opgesweep gaan word. Doen die regte ding BRADLEY(HAWK) STEYN en se vir Kevin Costner dat jy eintlik jou skaam vir wat jy gedoen het en nie verdere skade aan jou volkie wil aanrig deur die maak van die fliek nie. Se julle moet eerder ‘n dokumenter maak van plaasmoorde en jou betrokkenheid en bydrae daartoe.

Tom ·

Ek stem saam met Adriaan. Eers teen die blankes onder die vaandel van vryheid en toe dit aan die lyf kom word daar nou omgeswaai.

v v d merwe ·

Hoekom huil jy nou Bradley jy het dan vir umkhonto we sizwe ( MK) gespioeneer.
Bietjie laat nou.

Frik Lotz ·

Maroela Media, waarom plaas jul nie my kommentaar nie? Is jul nou ook soos die linkse liberale media wat alles sensor as jy die waarheid praat? Baie swak, baie swak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.