Plaasmoord: Jong plaasbestuurder baklei glo terug

Brendin Horner (21) en sy vriendin, Lenize Taljaard. (Foto: Facebook)

ʼn Jong man het glo sy kneukels stukkend baklei teen die aanvaller of aanvallers wat hom vermoedelik Donderdagaand op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux in die Vrystaat oorval het.

Brendin Horner (21) se pa, Robby, en sy vriendin, Lenize Taljaard, het Vrydagoggend vroeg op sy liggaam afgekom waar dit regop teen ʼn paal op die plaas vasgemaak is. Volgens die polisie was Horner met ʼn tou om sy nek aan die paal vasgemaak.

Brendin was glo op pad terug na die plaas nadat hy by sy pa op ʼn buurplaas gaan kuier het en moes omstreeks 19:00 Donderdag reeds tuis gewees het. Teen 22:00 het Taljaard vir Robby laat weet dat Brendin egter steeds nie tuis is nie. Sy selfoon het glo direk na stempos oorgegaan.

Robby het Donderdagaand rondgery en na Brendin en die bakkie gesoek en Vrydagoggend het hy en Taljaard die soektog voortgesit.

Digby die plaashek het hulle Brendin se pet met ʼn mes daarop gesien lê. Sy liggaam is ʼn ent daarvandaan gekry en die polisie is ontbied.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het vroeër gesê Brendin se Hilux-bakkie is verlate naby ʼn ander plaas gevind. Daar was heelwat bloedvlekke in die voertuig.

Brendin is glo etlike kere met ʼn mes gesteek en het ook ʼn kopwond gehad.

Talle boodskappe van medelye is kort ná die nuus oor die jong plaasbestuurder se moord op sosiale media geplaas.

Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, het sy medelye met Horner se geliefdes betuig.

“Dit wat gebeur het, is baie sleg. Dit is onaanvaarbaar dat nog ʼn boer vermoor is – en die landboubedryf het die jong boere baie nodig. Dit is ʼn emosionele tyd vir almal,” het Le Roux gesê.

“Ons dink aan hierdie kind se ouers en werkgewer.”

Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek die motief vir die moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Androclus ·

Dis onaanvaarbaar om ‘n mens so dood te maak.Nee regtig julle boere moet plan maak met die regering wat nie wil erken dat dit ‘n skedule 6 oortreding )plaasmoorde) is nie.

Zombie ·

Wat bedoel jy met “julle boere”? Wat doen jy om te help?

Werner ·

Hiedie is hatverskeurend .Mense kry n vuurwapen of n mes as jy dan nou bie n wapen wil dra nie.Soos gesien jy kan maar jou hande stukkend slaan dit help nie

Inkpot ·

Wat sal gebeur as blankes so op swart onskuldige mense toeslaan en hulle so martel en uitmoor

Adeline ·

Wel ek soek net die drie drake in “Game of Thrones” sal goed weet wat om met hulle te doen – verseker.

Juls ·

Die vertoon van die liggaam op daardie manier is ‘n oorlogs taktiek om vrees aan te wakker by die opponent. Moenie gebluf wees nie, oorlog is verklaar.

madels ·

As ons nou nog nie besef dat ons in n oorlog is nie, sal ons dit nooit besef nie :-(

Danny ·

Totaal en al – nog ‘n sinnelose moord. Mag God ons help, want as Hy saam ons is, wie kan dan teen ons wees!
Medelye aan sy naastes en familie, dit is hartverrukkend!

katerinadiekat ·

Is dit nie dalk tyd dat hy dan nou bietjie begin help nie? Terwyl daar nog enige blankes oor is?

Johan ·

Ek het dieselfde ding gevra, maar my comment was lyk my bietjie te hard gewoord en was deleted. “God is met ons”, maar lyk my nooit met onskuldige mense in die oomblik dat hulle hom nodig het nie.

Werner ·

God het jou n verstand gegee anders het nie een nodig om te werk nie dit sal elke dag geld reen.God help as jy bereid is om jou kant te bring .Daar is baie goed bekwame mense wat ons boere kan oplei.Maar as mense wapens het en te lui is om dit te dra en opleiding te kry gaan nog baie seerkry.Ongelukkig is daar nog te veel mense wat dink ander moet die stryd stry en dit is gewoonlik hulle wat seerkry want hulle is maklike teikens.

Adri ·

Motief vir die moord nog gesoek? Moenie verder as Malema en Cele soek nie.

Cd ·

Dit is hartseer om n kind te verloor.
Ons treur saam met die geliefdes.
Mag ons God julle toevou in Sy liefde.

Anne-Marie ·

Rus sag Brendin, jy het dit nie verdien nie….

ou hoed….hoe slaap jy? het jy ‘n gewete? nog ‘n Boer op jou kerfstok !!!

Snowball ·

Die onnosel verskoning van ‘n minister voel niks. Inteendeel….

Roebs ·

Dink dis tyd dat ons Suid Afrikaners bymekaar staan en iets doen , ons moet as een volk saamstaan

Henk ·

As ons as witmense of boere net ruggraat kan kry en besluit nou stop ons alle aktiwiteite , werk , sport alles , daar gebeur absoluut niks ! Daar word geen voedsel verwerk of na enige mark gestuur nie . Maw daar gaan niks uit by enige plaashek nie tot die regering op sy knieë gedwing is nie !

Johan ·

Begin om alle “buitelanders” van jou plaas af te kry. Laat hulle teruggaan Mosambiek en Zimbabwe toe….!!!!!

Hoekom ·

As dit nie ‘n haat of rassitiese moord is nie, wat is dan? Hierdie is blatant terreur oorlog en ons sal moet terug veg…

Persheks Adri ·

Nog so jonk regtig sy hele lewe voor hom gewees… Sterkte aan die familie in die moeilike tyd mag God julle dra!!!

Persheks Adri ·

Cyril en hoed skitter in hul afwesigheid en bly mos dood stil. Ek hoop julle besef julle gaan te ver ons is voorheen ondermyn moenie ons onderskat nie julle kan ons probeer buig, maar julle sal ons NIE breek NIE!!!

Luister ·

Ek verstaan nie mooi nie: Ek dink ons is al lankal gebreek. Hulle maak ons een vir een dood en die res van ons staan maar net verslae.

Genis ·

Ek wil Publiek vir CR vra, is jy wakker! Dis n teken van oorlog verklaar… Die woede in mens brand… Die Tafel sal draai!

Antz ·

Ek stem so ek dink ek moet eerder net saggies huil.. Want dje Here gaan baie ongelukkig wees as ek hier moet sê hoe ek voel, hoe haat vir my nou normaal klink… Ai ek weet eenvoudig nie meer nie.

Belinda ·

Daar is meer as net die sinnelose moord, duidelik ‘n boodskap nalaat, mag jy wat dit aan ‘n onskuldige persoon gedoen het, swaar gestraf word!

my opinie ·

My hart is in stukke….. Elke dag iets ergers…. Nee regtig…….. . Sterkte aan sy familie, vriendin en geliefdes.

Lorna ·

NEEEEEEEEEEEEEEEEEE
NEEEEEEEE
NEEEEEEEE
SO KAN DIT NIE AANGAAN NIE NEEEEEEEE

Erika ·

Ons Almal Weet wat die moetiewe is vir plaasmoorde …..Die regering het defnitief medepligtig hieraan Omdat hulle versaak het om die nodig e beskerming te bied teen aanvallers wat laer as diere is en nie erken plaasaavalle is prioriteits misdaad nie

Anel ·

Motief word ondersoek!!!!! Motief, hy is wit en ‘n boer!!!!

Alta Alleman ·

Hoe meer boere vermoor word hoe meer grond is daar om opgeëis te word.

Joe Olivier ·

FW het gesê hy voorkom ‘n oorlog, toe hy die land verkoop het. Ek dink hy het gelieg.

Niklaas ·

Dis al wat mens kan doen… Veg hard terug, moet nie mooipraat, pleit, smeek of soebat nie. Daar is geen genade wat verwag kan word nie.

ELIZNA ·

Ek dink net die boere moet ook se genoeg is genoeg en nie produkte lewer nie – na 6 maande sal hulle ander deuntjie sing…

Pieter ·

En ons blankes wil nie standpunt in neem nie. Ek dink ons gaan nooit wakker skrik nie

Talitha ·

Plaasmoord, enige ander moord ….. met opset gepleeg…. verdien doodstraf! Bring dit terug!

Charles ·

Die persoon wat heeltyd afduim gooi op die komentare hoekom komentaar jy nie wat jou sienning is ivm met plaasmoorde?

Andries ·

Dit sal so aangaan die boere is magteloos en die regering gee net n flenter om niemand behalwe ons self sal iets hieraan kan doen nie.

Mariana ·

20 jaar gelede was ons buur omie in die Karoo nooit sonder sy vuurwapen nie….ek sê maar net

AlWeerSo ·

So word die gewone, wetsgehoorsame, ordentlike, pragtige reënboog nasie deur gemors, skelms, diewe, gewetenloses uitgemoor en vertrap en ons gewone mense kan niks doen nie, want ons regering verteenwoordig / is deel van die vrot in ons land!

pieter ·

Tragies , so onnodig , iets moet gebeur en gou ook , iemand moet leiding neem , ons is op n doodloop straat .
Die regering kan niks doen nie , hulle is besig om hulself te verwoes met Al die bedrog , skelm sake , toe smeerdery ens.

Boerinmurgenbeen ·

Ek woon en boer tans in Zimbabwe, hiernatoe gekom einde 1992, dit is hartverskeurend om te sien hoe die misdadigers na willekeur my medeboere verniel en soos slagvee van kant maak.
Elke boer moet in sy hart en verstand die besluit maak om homself terdeë te vergewis van huis en haard verdediging, asook persoonlike selfverdediging.
Niemand anders is verantwoordelik vir jou en jou geliefdes se veiligheid nie, net jyself.
Los die argument van as ek terugslaan wat is die gevolge, bekommer jou daaroor nadat jy hard en aanhoudend teruggeslaan het.
Toe ek in 1988 in ons Kommando ingedeel is na my diensplig, was een van my eerste take om Boereverenigings te besoek en boere te oorreed om deel te word van ‘n veiligheids stelsel, waar die boere vir mekaar se veiligheid verantwoordelikheid aanvaar.
Niemand het belanggestel nie.
Ek was keer op keer vertel Kapteintjie jy gaan haal die bobbejaan agter die bult.
Wel die bobbejaan het lank gelede al gearriveer.
Leef paraat, nie in vrees nie.

Blomme ·

Wat het geword van die mensdom? Ons kan blameer, klippe gooi en verwyt soveel as ons wil.. Feit is, SA het ń siek land geword…ń land wat sal moet gaan kyk na sy foute en dit regmaak. ń Land wat ń leier nodig het wat op sy voete staan en eenheid onder die nasie bewerkstellig.. Iemand wat kleur en ras glad nie as kriteria gebruik..SA is besig om die stryd in alles te verloor. Mag dalk pessimisties klink maar as ons nie na mekaar as mense begin kyk nie en mekaar dienooreenkomstig respekteer nie.. is ons gedoem!!! Leiers met integriteit en waardigheid is wat SA benodig!! Onskuldiges ly onder onbeholpe en selfbehepte ‘sogenaamde leiers’ wat niks beteken maar wel goed is in selfverryking.. Jammerte dat ons al deur die fondasie geval het van eenheid en brûe bou… Dalk net dalk is dit nie te laat vir vrede en eenheid en om die wettelose land reg te ruk nie! Asb Hemelse Vader help ń gebroke SA tot eenheid en liefde?

christo ·

“Die boere moet nie kla as hulle seerkry nie” gewraakte woorde van Bheki Cele.
SA ís in sy maai in. My raad aan jongmense is om te emigreer na lande waar hulle vaardighede waardeer en hoog op prys gestel word.
Moet nóóit enige politikus glo nie. Dinge in SA gaan nié verbeter vir die Witman nie.
Leon Wessels en FW de Klerk hét vir die Natte gelieg. Dat SA finansieel deur sekere individue vir eie gewin uitverkoop is, maak alhoemeer sin.
Die Natte sou nié die volgende verkiesing teen die KP kon wen nie. Sekere Natte sou dan ook net ‘n parlementêre pensioen ontvang het en nie nou in weelde gelewe het ten koste van die Witman se bloed nie.
Jongmense emigreer, ons ouer garde het ons ‘innings’ gehad.
Ons sal hand en tand baklei vir ons self maar julle toekoms is elders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.