‘Plaasmoord naby Leandra al vir maande nie ondersoek’

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ʼn klag by die polisie se provinsiale kommissaris in Mpumalanga teen die Leslie-polisiestasie naby Leandra ingedien, ná hulle glo steeds nie ʼn ondersoek rakende die grumoord op Tony Naudé (64), ’n plaasboer, van stapel gestuur het nie.

Naudé is op 26 Februarie 2014 op die plaas, Watervalshoek, vermoor waar hy die volgende dag deur sy buurman gevind is. Die buurman het gaan ondersoek instel ná Naudé se seun, Mario, sy pa nie in die hande kon kry nie.

Naudé se liggaam is nie ver van die huis af gevind nie en die moontlike moordwapen, ʼn bebloede baksteen wat vermoedelik van Naudé se hare op gehad het, is slegs meters verder gevind.

Naudé se stukkende hande was ’n aanduiding dat hy tevergeefs om sy lewe geveg het deur die houe van die vermeende moordenaars te probeer afweer. ʼn Nadoodse ondersoek het die datum van die moord bevestig.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê dat ’n generaal Kekana van die polisie op die dag wat Naudé se lyk gevind is, ook op die toneel was waar hy aan familielede gesê het dat die saak as prioriteit geag, en deur die georganiseerde misdaadeenheid ondersoek sal word. “Die saak is toe aan ʼn konstabel Shabangu van die Leslie-polisiestasie oorhandig, maar daar is tot dusver geen vordering gemaak nie.

Sedert Februarie was daar geen vordering nie en konstabel Shabangu se verskoning is dat hy vir forensiese uitslae wag, hoewel die verklarings van ooggetuies, wat verdagtes sien weghardloop het, ook steeds nie geneem is nie. Die polisie sê dit is die publiek se verantwoordelikheid om na vore te kom met inligting,” het Cameron gesê.

AfriForum sê hy sal die klag met die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat opneem, indien die provinsiale kantoor van die polisie nie dringend hieraan aandag skenk nie.

“Die speurtak se hoof is veronderstel om die sake na te gaan en tog word dié spesifieke saak nie bevraagteken nie,” het Cameron gesê.

Maroela Media het die polisie in Mpumalanga om kommentaar genader en wag vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Trippie ·

SKANDE ! Die SAPD van vandag is BESLIS NIE die SAP van destyds nie.

Maroela, ek dink nie julle gaan ‘n antwoord kry nie.

amelia ·

Wonder as dit swart boer was, was moordenaars al lankal gevang

helena ·

so word ons boere een vir een uit geroei dag in en dag uit lees en hoor mens van nog ‘n plaas moord/aanval… en dan is dit nog so wreed ook, ons mensies word met stryk ysters gebrand en gemartel dat daar niks van hulle oor is nie maar nie een van die makkers (dis ‘n mooi woord; ek wil eintlik ‘n ander woord gebruik) word vas getrek nie. Hulle sal aan gaan tot daar niks van ons volk oor is nie. Ergste van als is ons hande is af gekap ons mag en kan niks doen nie!! Die regering hou hulle blind vir al die moorde en aanvalle op ons boere, die mense wat ons vir ons hele lewe lank voed!!!

Nick ·

My hart gaan uit na die familie lede van die slagoffer. Kan nie eers begin dink hoe erg dit vir hulle is om te weet die polisie stel nie belang om te ondersoek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.