Plaasmoord: Niemand nog vas ná Lindley-aanval

Charles Henderson is dood nadat hy op 8 Januarie 2015 in sy huis in Muldersdrift tydens 'n huisbraak aangerand is. Hy is in die kombuis dood. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Charles Henderson is dood nadat hy op 8 Januarie 2015 in sy huis in Muldersdrift tydens ‘n huisbraak aangerand is. Hy is in die kombuis dood. Foto: Verskaf aan Maroela Media

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar op hul plaas in Lindley naby Muldersdrift in Gauteng aangeval is nie.

“Die ondersoek na die moord op Charles Henderson (61) en die aanranding van sy vrou Jenny (60) en die diefstal in hul huis duur voort,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Ek kan nie meer nie,” was Charles se laaste woorde aan sy vrou voordat hy gesterf het,” het Beeld Saterdag berig.

Die egpaar was met hul rûe teen mekaar vasgebind nadat mans Donderdag om 23:00 hul huis bestorm het.

Maroela Media het vroeër berig Henderson het die hond buite hoor blaf en het gaan ondersoek instel toe hy met ʼn graaf en ʼn baksteen aangeval is.

Jenny het drie ure lank gesukkel om haarself los te wikkel nadat haar man gesterf het.

Paul Orffer, hul skoonseun, het gesê Charles het baie bloed verloor en het gesterf vir R600, selfone, ʼn televisiestel, DVD-speler en ʼn iPad. Hy het gesê sy skoonpa is ʼn paar meter buite die kombuisdeur ʼn paar keer oor die kop geslaan en in die huis in gesleep. Sy skoonma is teen die kop geskop en geslaan. Hy het gesê ʼn man is in hegtenis geneem danksy die iPad se spoorsein, maar Dlamini het ontken dat enigiemand al in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

snel ·

Sjoe, dit is hartverskeurend om te dink dis wat iemand se ouers moes deurmaak. Sterkte aan die Tannie en kinders, (ek weet hierdie is n opvolg berig, maar dit bly erg om dit te lees)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.