Plaasmoord: Oorledene was werker

misdaadtoneel

Argieffoto

Die man wat Vrydag op ʼn plaas in die Kenhardt-gebied naby De Rust in die Noord-Kaap doodgeslaan is, was nie ʼn boer soos wyd deur media berig word nie.

Lt.kol. Hendrik Swart, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die oorledene, Loy Farmer (62), was ʼn werker op die plaas Bastersput. “Na bewering is hy Vrydag deur ʼn ander plaaswerker, wat saam met hom in ʼn huisie op die plaas gebly het, doodgeslaan toe die twee rusie gemaak het,” het hy gesê.

Volgens Swart het die ander plaaswerker (28) die eienaar van die plaas in kennis gestel dat hy by die huis gekom en Farmer se bebloede liggaam op die vloer aangetref het. Bewyse het egter later aan die lig gekom dat hy vermoedelik self vir Farmer se dood verantwoordelik was en hy is Sondagoggend in hegtenis geneem.

Swart het gesê die verdagte sou Maandag in die hof verskyn op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

DPJ ·

Wat laat een ‘n ander soms koelbloedig vermoor.
Is dit regverdig dat die moordenaar moet bly lewe as hy iemand ander se lewe geneem het?

Winston ·

Moord bly moord. Lewens te goedkoop geword in SA. Toepaslike strawwe sonder parool.

Liewe heksie ·

En dan het die moordenaar nog sy regte en hy mag n prokureur ok kry regtig ons land loop oor van melk en heuning SIEK

Oom Boer ·

Om te kan moor is verseker ‘n gebore instink. ‘n 28 jarige jongman met fisieke krag wat ‘n 62jarige ouman vermoor. Regtig waar is die nodige respek ongeag wat die verskille is, daar is altyd maniere tot oplossings en ‘n vergelyk. Die lewe raak boos.

Alwyn du Preez ·

Volgens my kennis is De Rust en Kenhardt baie vêr van mekaar. Kenhardt is in die Noord Kaap maar De Rust is naby Oudshoorn?

Landi Slatter ·

Dagsê Alwyn

Dankie vir jou navraag! Daar is wel ‘n De Rust naby Oudtshoorn, maar daar is ook ‘n klein, plattelandse gemeenskap, genaamd De Rust in die Noord-Kaap.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.