Plaasmoord-saak uitgestel weens afwesige landdros

Johan Prinsloo (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes, onder wie een van die slagoffer Johan Prinsloo (64) se werknemers, het Maandag weer in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met die moord op Prinsloo. Prinsloo is twee weke gelede op sy kleinhoewe in die omgewing van Koppies in die Vrystaat doodgeskiet.

Senati Kompanyi, ’n Lesotho-burger wat vir Prinsloo gewerk het, het laatmiddag vlugtig saam met sy medebeskuldigdes Joseph Ranthimo, óók ’n Lesotho-burger, en Molefi Molise, ’n Suid-Afrikaanse burger, in die beskuldigdebank verskyn voordat die saak met ’n week uitgestel is.

Volgens ʼn woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) is die saak uitgestel omdat die landdros glo in self-isolasie is. Die hof moes tot ná 16:00 wag vir die landdros se plaasvervanger om op te daag.

Die drie verdagtes sal nou na verwagting volgende Maandag aansoek om borgtog kan doen, sê Phaladi Shuping, woordvoerder van die NVG.

Prinsloo en sy plaaswerkers was die oggend van 30 November met dagtake op die kleinhoewe besig toe ʼn gewapende man op hulle geskree en lukraak skote begin afvuur het.

Prinsloo en sy werknemers het vir skuiling gehardloop, waarna die man nog skote afgevuur het. Prinsloo is in die proses getref en is by die owerhede se aankoms op die toneel dood op die grond aangetref.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê Ranthimo (28) en Molise (27) is twee dae ná die moord in Kroonstad in hegtenis geneem nadat die polisie ’n wenk van ’n lid van die publiek ontvang het.

Kompanyi (31) is twee dae later by sy huis in Kwakwatsi in die omgewing van Koppies in hegtenis geneem in verband met sy werkgewer se moord.

Maroela Media het vroeër berig ’n vierde verdagte is die dag van die moord doodgeskiet. Dié verdagte is ’n paar ure ná die moord op ʼn kleinhoewe naby dié van Prinsloo aangekeer. Hy was gewapen.

Lede van die polisie, ’n plaaslike sekerheidsmaatskappy en die buurtwag het die verdagte genader. Hy het in die beboste veld ingehardloop en op hulle begin skiet. Die lede het teruggeskiet en die verdagte raakgeskiet. Hy is later deur paramedici dood verklaar. ʼn Pistool en twee magasyne is langs sy liggaam gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Shakespeare ·

Ons regstelsel het in ‘n absolute babelse verwarring versink en dis weereens Mal-emma se verfoeilike Afrika tjommies.

Di ·

Boere moet nie mense wat van buurlande afkom, in diens neem nie. Mens kan hulle nie vertrou nie! Meeste elke geval onwettig in die land en kan dus maklik verdwyn na hulle ‘n kriminele daad gepleeg het. Hier klaar geval waar 2 van die moordenaars van Lesotho afkomstig is.

Marius ·

Hoe kan gewetenlose moordenaars toegelaat word om vir borgtog aansoek te doen?

ES ·

Ek stem Marius – hoe is dit moontlik dat ‘n beskuldigde doodeenvoudig op borgtog kan uitkom…

Swerwer ·

Aansoek om borgtog doen? In die lewe hierdie ANC Regsstelsel is korrup!

Elinette ·

Almal is geregtig daarop om – indien aangekla van ‘n misdaad – om borgtog aansoek te doen. Verskeie faktore word in ag geneem wanneer ‘n besluit om borgtog – al dan nie -toe te staan, soos bv. of ‘n fisiese adres bewys kan word, vlug-risiko of die aard van die misdaad.

JohanR ·

Wat ‘n land! Jy word in 2o21 doodgeskiet en die saak tot vonnis kom eers klaar in 2026. Dit is as alles nie skielik veg raak en moet van voor begin.

JohanR ·

Kan ek voorstel voor ‘n boer enigeiemand in diens neem of nou wit, swart of kleurling is, dat fotos en al die besondehere van die id boeke geneem word en in die boer se kantoor teen die muur op geplak word. Met net ‘n oog kan jy dan sien wie is in diens op die plaas, en as ‘n plaaswerker moet soek dan is al die besonderede teen ‘n muur met ‘n foto.

Elinette ·

Ek begin dink dat die sekuriteitsmaatskappye die polisie se werk moet oorneem …. hoeveel gevalle was daar nie onlangs, waar lede van sekuriteitsmaatskappye boosdoeners aangekeer, gestop of geskiet het nie?

Frederik C ·

Die Covid pas darem our people soos ‘n handskoen !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.