Plaasmoord skok Rawsonville-gemeenskap

Argieffoto

Argieffoto

Die klein gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is in skok oor die dood van ʼn bekende boer in die omgewing se geliefde vrou tydens ʼn vermeende plaasaanval.

Hennie du Preez se vrou Anthea (64), van die Du Preez-wynlandgoed, se liggaam is Maandagoggend in haar huis aangetref.

“Ek het haar persoonlik geken. Sy was ʼn baie goeie vrou. ʼn Regte mens mens. Dit is ʼn groot skok vir ons,” het Sammy Goedeman, DA-raadslid van die dorp, Maandag aan Maroela Media gesê. “Ek weet nog nie presies wat gebeur het nie, maar ek weet Hennie was baie veiligheidsbewus, so dit is verbasend hoe so iets daar kon gebeur.”

Kaptein FC van Wyk, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het aan Maroela Media bevestig dat die polisie ʼn saak van moord ondersoek. “Inligting oor die voorval is nog skaars. Die polisie en forensiese spanne is steeds op die toneel om inligting bymekaar te maak,” het Van Wyk gesê.

Dit is nog nie bekend gemaak hoe sy vermoor of hoeveel verdagtes by die vermeende aanval betrokke was nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Klik hier om die opvolgberig te lees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

willie ·

Waar is de klerks bothas en meyers nou.
Seker agter hulle gewapende wagte se rue
En mnr zuma in sy fliegtuig vlieg hy oor al die gevare
Dankie fw

Naas ·

Ja, Willie, die FW manne is nou tjoepstil. Hulle het ons verraai en nou blameer hulle die ANC.

boer ·

En soo hou dit net aan en aan,want niks word gedoen nie. Dis sal ook nie stop totdat al die blankes uitgewis is nie. Ons aanvaar dit maar net,want elkeen beskerm die bietjie wat hy nog het.

Wat gaan van ons word as ons nie iets daaraan doen nie. Ons dra hierdie land met die belasting wat ons betaal. Ons dra 90% van hierdie land, met ons geld

Ek se nog ons moet belsting geld terug hou, totdat daar aan ons gehoor gegee word !!!!!!
Verdomp ons kan nie langer so uitgemoor word nie

Charmaine ·

Dis presies hoe ek ook voel. Wanneer gaan die blanke mans besef hulle vrouens en dogters word verkrag en vermoor om hulle tot aksie te dwing? Ons as vroue kyk op na ons mans om ons te beskerm, maar iewers sit daar iemand (dalk blankes?) Agter al die georkestreerde brutale aanvalle op die blankes.

Pinarello ·

Misdaad is n groot probleem in ons land, niks met verraai te doen nie. Dis n probleem wat almal aanraak, nie net die verhewe Blanke bevolking nie.Skrik wakker, willie,Naas en boer, en haal die klappe van julle oe af. Seker net die Tannie wat in die land vermoor was gister, willie? boer 14 mijoen mense betaal belasting in die land, so ek weet nie waar jou 90% syfer vandaan kom nie, aangesien ons blankes nie 14 miljoen is nie. Ons het misdaad in ons buurt n nekslag gegee, deur betrokke te raak, so doen iets inplaas van klae, en vingers wys, met info wat uit n 1986 koerant kom. Misdaad is ons almal se probleem, swart,groen, wit en pers.

boer ·

Hoekom is die komandos gestop wat ons boere op die plase beskerm het? Is daar iets in hulle plek opgerig soos deur on briljante regering belowe is?

Nee ou maat, heel duidelik het jy nog nie die tonele aanskou van n plaasaanval nie. Die barbare sak in groepe van 5 of meer op n boer en sy gesin toe, martel, verkrag, vermink en vermoor dan die mense soos jy nie eers n dier sal doodmaak nie

Heel duidelik is jou oogklappe nog mooi stewig op jou gesig

Pinarello ·

boer, Die nadraai, van jou onmiddellike aanname dat dit swartes was wat die Tannie vermoor het, word daar nou berig dis ʼn Blanke man. Blankes doen mos nie so iets nie, seker die afskaf van apartheid se skuld?

P ·

Hou van jou komentaar. Ek doen n beroep op die komentators om gerus ander koerante soos Sowetan en so aan te gaan lees en sien hoeveel nie-blankes ook sterf. RIP Mev Du Preez.

Johan ·

Ja maar dis swart op swart moord, nie wit op swart moord nie. Gaan lees weer jou Sowetan.

Pienaar Lochner ·

Willie en Naas, hierdie is nie die plek om die Bothas en De Klerks aan te val nie. Los hulle uit toe. Ek stem saam met Pinarello hierbo, misdaad is `n problem wat ALMAL raak in ons land. Die blanke bevolking is nie verhewe nie.

Anna ·

Ai nee julle – om nogsteeds verwyte na FW te slinger na 20 jaar dink ek nie jul het geskiedenis mooi gelees nie. Die korrupsie en anargie wat nou heers het niks met hulle te doen nie. Ek ken baie mense van verskillende rasgroepe wat op die Here vertrou met hart en siel. Maak Hom jou Koning en moet nooit ophou bid vir ons land nie.

zahn ·

Ek het op Rawsonville grootgeword, en ken die Du Preez gesin baie baie goed. Oom Hennie, Hennie, Jean en Jeanette, steur julle nie aan die kommentaar van ander nie, wees sterk, ons bid vir julle vir krag en genade. Geen woorde kan jul hartseer en frustrasie beskryf nie, en ek weet die gemeenskap sal julle dra, soos Rawsonville dit kan doen. Groot sterkte vir julle.

alletta Strydom ·

Is dit n plaasmoord.
Daar is vandag soveel moorde wat gebeur kyk maar na Griekwastad storie.
Kom ons kyk wat hul se voor ons versyte rondslinger.
Duisende word vermoor in SA niemand is veilig nie

Fanie ·

Sommige van die kommentare hierbo verstom my. Maroela Media julle sê dan geen rassisme en haatspraak sal geduld word nie. Moet dit nou weer ‘n politieke en rasse ding wees? Die feite is nog nie bekend nie.

Magda ·

Hoekom se jy so? Lyk my daar sit meer agter die moord as wat ons dink!

Mark ·

Almal gaan so aan oor swart op wit moorde. Volgens ander berigte was daar geen teken van n inbraak nie. Die vrou se liggaam is gekry in die spaarkamer waar sy slaap. Hoekom slaap sy dan daar? Daar is ook niks gesteel nie. Polisie het iemand onder vra maar die dit word als van die media gehou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.